Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -2 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -2 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -2 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -3 hours ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago

Desember saampraat

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Daar breek die belangrike maand aan, Desember met al sy geskenke en verrassings. 

Vir sommige is dit die maand van nuwe trokkies en woonwaens. Vir ander die genot van vêr kinders, en kleinkinders wat die spens kom leeg kuier.

Dan ook die maand van verrassings gepaard met skool- en universiteit uitslae. Ek vertrou almal se kinders en kleinkinders presteer na wense.

Laat ons hoor en sien van almal se vakansie ervarings.

Worcester

Wildehont

Sat, 27/12/2025 - 07:26

‘n Vendusie os is sterk. Dis dors ook. laugh

Die pad in ons rigting was redelik stil. Ander kant was besig. Afgesien van ‘n paar vragmotors wat opeenhopings veroorsaak het kon ek lekker sleep teen 100 GPS spoed. Die fietse ry nou op ‘n rak wat op die Ranger se sleepstang monteer (soos ek voorheen vertel het).
 

A
 

Ek kan net nie te skerp links draai daarmee nie, maar kon sonder sukkel to hier ry en op staanplek 30  waar ons staan agteruit stoot nadat ek regs ingedraai het op 29 wat toe nog leeg was. Die wa en tent staan albei op plaveisel en daar steek nog ‘n vier rye stene verby die grondseil wat so meter verby die tent se voorste vertikale paneel strek. Die windskerm is myne, en dis vir die wind, wat gisteraand darem gaan lê het. Die groen vuurpyl het ek gekoop vir die porta potti wat Salomien en die kinders gebruik. 
 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/12/2025 - 08:07

Nuttige groen vuurpyl, ek het vergeet dat ons waens nie dieselfde badkamer het nie.

nr 30 kan dalk baie lekker staning wees, nadat mens daarop is. Ek moet altyd duimvas hou om 'n staanplek te kry waar ek die wa met trokkie kan instoot/trek. 

Die elektriese[12v] neuswiel werk OK op harde oppervlakke, maar dik/nat-gras is maar moeilik. Dalk moet ek ook oumens movers laat opsitlaughdevil  

0
Worcester

Wildehont

Sat, 27/12/2025 - 08:56

30 is lieflik, maar blootgestel aan die Suid-Oos wat maar tipies in die somer waai. Dit het weer opgesteek maar is tans nog lig en bring verligting van die hitte. 30 het darem ook nou ‘n eie kraan, reg agter die wa. Ek moes voorheen iemand anders se tuinslang leen en aan myne las om die Kavango se tenk vol te maak. 
 

Al die staanplekke is nou ook geplavei, en die badkamers, waskamer en opwasplek heeltemal oorgedoen. Dit lyk regtig eersteklas. Dit bly maar ‘n pragtige oord hierdie. Die gesin het sopas kom kuier terwyl ek hier vir die see sit en kyk. 
 

1

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 27/12/2025 - 16:50

... geniet die vakansiegangers een van daardie droom-stranddae. Onse klein ou dorpie is omtrent 'n miernes van bedrywigheid. Ons het net-nou sommer strand toe gery om 'n roomys te gaan geniet saam met die kleinkinders. Om parkeerplek te kry is egter soos om wors te soek in 'n hondehok. Ons moes maar deurdruk tot by ons Hawegebied, waar daar 'n swetterjoel restaurante en kleiner kafeetjies is, want daar kon ons darem parkeerplek kry - en 'n lekker roomys.

Nog bietjie meer as 'n week en dan behoort die gedruis van vakansiegangers te begin afneem. Nie dat ons hulle wegwens nie, maar dan sal ons dorpie weer rustiger word. Die besigheidsmense is natuurlik "all smiles" - dit is skeptyd en ek gun hulle dit.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/12/2025 - 18:57

roep jy nou mooi gedagtes op, het selwers daar saam met Miami kinders en kleinding gaan eet. Buite seisoen laas Februarie en die onderskeie besighede kompeteer dan vir jou aandag.laugh

0

....maar is nou klaar. Deel maar net gou bewyse dat ons wel gekamp het

 

Oops, daar moer ek van die bed af. Sal maar ander fotos los

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/12/2025 - 07:25

...probeer weer met superglue, anders glo ons nikslaugh

Waar het julle gekamp?? 

0

Skuus, ek sukkel op die foon en hou kolkol van sukkel. Sal maar op die rekenaar probeer as ek hom eendag weer aansit.

By Almega gekamp. My bakkie loop mos al self soontoe.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/12/2025 - 07:49

...ekselwers probeer nie eers met foon nie. Kry darem gelees met die tablet, maar rekenaar bly maar die maklikste vir veral fotos laai.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/12/2025 - 11:27

Dankie Chris, dit is darem netjies. As die manne se kant so mooi lyk, wil ek nie weet hoe die dames se ablusie lyk nie. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/12/2025 - 19:13

...dalk moet jy 'n patrollie ry tot by Onrus, en net kyk of Goeie hout darem daar is. Die man het omtrent verdwyn, hou hom seker besig met allerhande onderwater kaperjolle.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/12/2025 - 19:16

...hou jou kuiergaste jou besig, of lê jy saam by die see??

Ek hoop die bergbrande slaan jou omgewing oor, sodat jy kan ontspan.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/12/2025 - 19:21

...hoe gaan dit daar? 

dalk moet jy daar by Bush Lapa gaan inloer, en kry dan sommer 'n Land Cruiser of Hilux met die halwe boswa bo-op. Dan kan jy leker saam met die kinders , of Chris B die 4x4 paaie gaan platry. Jy het mos nog so 'n sprankie avontuurlus in jou skelet.

Chris B het belowe dat hy nie sommer weer teen/op die duine sal gaan speel nie.  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 28/12/2025 - 21:19

Chris B het belowe dat hy nie sommer weer teen/op duine sal gaan speel nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/12/2025 - 10:30

Ek sien ons vloot gaan saam met Iran en Russiese vloot oefeninge doen. Afgesien van die lekker politieke tameletjie wat gaan volg wonder ek;

waarmee gaan ons vloot aan die oefeninge deelneem.?? Het hulle darem nog iets behalwe platboomskuite  wat bowater kan bly? Die NSRI sal seker hulle bootjies moet leen. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/12/2025 - 10:44

Dis mos die tyd wanneer Jan tuisbly aan alles karring en heelmaak. 

So wil ek bande pomp en woeps blaas dit die Corolla se smeltdraad. Gelukkig 'n ekstra ene in kar gekry. Summier die aansteker prop vervang met krokkodil knippe.

'n LED kampeerlig wat soos 'n flikkerlig gewerk het, ook bygedam. Lyk my die LED-ligte is gevoelig vir dooie insekte en wat nog wat mettertyd versamel in die binnekant van die skerm. Alles skoon gemaak, geen los drade gekry nie, en alles werk.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus