Daar breek die belangrike maand aan, Desember met al sy geskenke en verrassings.
Vir sommige is dit die maand van nuwe trokkies en woonwaens. Vir ander die genot van vêr kinders, en kleinkinders wat die spens kom leeg kuier.
Dan ook die maand van verrassings gepaard met skool- en universiteit uitslae. Ek vertrou almal se kinders en kleinkinders presteer na wense.
Laat ons hoor en sien van almal se vakansie ervarings.
My 2c vir wat dit werd is.…
My 2c vir wat dit werd is.
Eerstens kudo`s vir Chris wat die ding gebruik het waarvoor hy hom gekoop het. Ek het `n renons in mense wat bv `n bakkie koop en dan weier om iets op die ding te laai. So ook my neef wat `n Ford Raptor ry maar dan n 4x4 huur as hy Mosambiek toe gaan. Manne wat nie grondpad wil ry nie nie deur modder wil ploeter nie ens ens ens..
Moet nie `n fout maak nie ek sê nie trek die ding deur jou gat nie maar magtig man gebruik die ding waarvoor hy gemaak is. Ek het my bakkie se bak gerubberise en deurskynende wrapping aan die kante laat aanbring. Ek ry die ding in die veld en op grondpaaie en as `n tak dan nou die ding krap is daar darm iets wat die verf beskerm. Ek laai tuinvuilgoed op ek ry kompos aan ens ens want dit is waarvoor ek hom gekoop het.
90% Van alle plastiek panele kom maklik af van die nuwe voertuie. Dis so gemaak want die ding word in `n paar uur aanmekaargesit daar is nie tyd vir `n magdom boute en moere nie. Ek het al gesien hoe my swaer se Toyota se voor buffer afgeruk is toe hy met spoed deur `n drif wat effe vol geloop het gery het.Die dae van boute en moere is so te sê verby. Ek het by Ford gestaan en kyk hoe word my nuwe Ranger se hele dashboard uitmekaargehaal in minder as 10 minute en glo my die manne werk nie eens sagkens nie. Net so vinnig weer aanmekaar gesit ook en dankbaar dat daar nie 1n rattel of 2 agtergebly het nie
Ek persoonlik dink daai is maar oppervlakkige skade van sagte plastiek wat meeggegee het want die voertuig het tog nie met klippe ens in aanraking gekom nie. Alhowel sand ook maar hard kan wees is `n duin soos ons almal hulle ken sand wat redelik baie meegee.
Hier is `n youtube vidio wat wys hoe maklik en vinnig daai bumper afkom en ek dink as ek reg onthou was daar maar 3 of 4 boute wat moes losgemaak word.
HOW TO REMOVE YOUR FRONT BUMPER | TOYOTA 4RUNNER - YouTube
Klip in die bos....
Aangesien ons almal 'n ongeluk kan oorkom, gaan ek sommer paar los gedagtes deel, gebaseer op my naiwiteit;
1] Santam as versekeraar in my geval, stuur hulle nie elkgeval 'n assessor om die voertuig te inspekteer nie? Die persoon mag dalk ook fokus op die minder onmiddellike opsigtelike skade, of nie?
2] Dit wil voorkom of ek dalk te veel staatmaak op die ervaring van 'n goeie duikklop-besigheid. Ek aanvaar dat hulle instaat is om opsigtelike strukturele/onderstel skade te kan waarneem.
3] Ongelukkig gaan onopsigtelike interne skade aan aandryfstelsels baie keer ongesiens verby. Dit gaan mens egter net mettertyd agterkom. Wielsporing gaan mens dadelik agterkom.
4] Ek weet dat Santam 'n lys voorkeur dienssentrums het, en hulle dring aan dat mens, waar moontlik jou voertuig daar laat regmaak.
5] Ek het geen idee hoe versekeraars die probleem van verskuilde skade, met latere onkoste hanteer nie. As hulle mens 'n koue skouer gaan gee, is ordentlike skade evaluering egter noofsaaklik.
Ek is baie jammer vir Chris se probleem met so 'n splinternuwe trokkie. As ou Grompie so iets oorkom, sal ek geneig wees om hom te laat regmaak, en dan op 'n buurdorp gaan inruil op 'n nuwe wa. Om 'n bakkie met minder as 500km te gaan inruil, gaan die wenkbroue laat lig.
NS: Hierdie bostaande hardop dink is NIE bedoel as 'n riglyn vir Chris B nie. Sy ongeluk het maar net vir my, en ander dalk ook, aan die dink gesit.
'n "Update"
Eerstens wil ek noem dat die nuwe Hilux geensins baie hard gewerk het in die sand nie. Die aanvanklike sandryery het maar net bestaan daaruit om te weet watter 4x4 "verstellings" (4x4 H met "traction control" afgeskakel) gedoen moet word wanneer ek op 'n sandstrand (soos Henties se strande) en op die 4x4 roetes in Kgalagadi gaan ry. Die voertuig is geensins "gemoor" nie. Ek het dit baie maklik gevind om in gewone los sand te ry sonder dat die enjin enigsins swaargekry het.
Dit was maar net voor die "miss-hap" gebeur het, dat ek deur my seun gewys is hoe om 'n "slip face" te hanteer - ook teen mak revolusies (eerste rat, stuurwiel reguit en geen rem gebruik nie). Die opdraande teen die duin uit (nie 'n steil helling nie) het 'n bietjie meer woema benodig, maar niks ernstigs nie. Ek herhaal - die enjin is geensins gemoor nie. Maar ek het twee baie groot foute gemaak wanneer daar duine gery word. En ongelukkig is ek nie vooraf daarvan ingelig nie.
Eerstens ry jy slegs in die spore voor jou. In hierdie geval was daar nie spore nie. Tweedens benader jy die duin se bokant met omsigtigheid - jy stop, klim uit en kyk hoe die duin aan die anderkant lyk. Ek het beide hierdie basiese dinge ge-ignoreer - nie a.g.v. traak-my-nie-agtigheid nie, maar a.g.v. 'n gebrek aan kennis.
Nou vir die "update". Santam het reeds gister aan my 'n eisnommer gestuur. Maar ek is vanoggend geskakel om my mee te deel dat die paneelkloppers wat my 'n week vroeër kan help, nie deel uitmaak van hulle geakkrediteerde paneelkloppers nie. Sou ek voortgaan om van hulle dienste te gebruik, sal daar van my verwag word om 'n vrywaringsvorm te teken wat Santam onthef van aanspreeklikheid t.o.v. gebrekkige vakmanskap.
Ek het daar en dan besluit om van 'n plaaslike paneelklopper (geakkrediteer deur Santam sowel as Toyota) gebruik te maak. Japie Botma het al voorheen werk aan my voertuie verrig en ek het volle vertroue in hom dat hy alles deeglik sal nagaan. Hy het met 'n vorige Hilux uitstekende werk gedoen. Eergister (dag en datum) 8 jaar gelede het 'n VW Polo agter in my vasgejaag toe ek gewag het om regs te draai. Die Hilux se leerraam-onderstel was op 'n plek gebuig, die agter-as het geskuif en die linker-bladvere het losgekom. Japie het uitstekende werk verrig. Ek is vol vertroue dat hy weer die Hilux deeglik sal nagaan, maar ek is oortuig dat daar geen struktuele skade is nie. Die buffer (as jy die stuk plastiek 'n buffer kan noem) het eerste die sand getref en sommer uitmekaar gebreek.
Alhoewel Japie (Overstrand Paneelkloppers) eers op 12 Januarie open, het Japie vandag bevestig dat ek die Hilux op Vrydag 9 Januarie kan inbring sodat hulle op 12 Januarie kan begin. Intussen het Hermanus Toyota al die dele wat vervang moet bestel en sal dit ook op 9 Januarie by Japie aflewer.
Maar dit beteken dat ons met die antie se Honda Dwarswegstrand toe moet gaan. Maar gelukkig gaan ons mos nie kamp nie.
Ja, dit is so - Grootwind se kommentaar van gister het my bietjie van 'n slapelose nag gegee en ek het sleg gevoel omdat daar gereken word dat ek 'n splinternuwe voertuig deur die gat getrek het. Maar soos Slowstrike hierbo noem - waarom nie die voertuig gebruik vir die doel waarvoor dit gekoop is nie (nuut of oud). Dit was net 'n absolute boo-boo wat ek oorgekom het en ek is oortuig dat ek nog vele plesier uit dié voertuig sal kry.
Ek sê ook maar oor en (tydelik) uit tot tyd en wyl ek verdere inligting het.
Chris B
Dis die lekker van kleiner plekkies, mens bou 'n vertrouensverhouding met die diensleweraars op. Ek is oortuig dat die Japie jou trokkie netjies gaan regmaak, en sal verseker dat niks oorgeslaan is nie.
Oor 'n maand het jy al amper weer vergeet van die skoolgeld, en gaan die lekker van nuwe Hilux net voort
Ek het alweer gisteraand om 0h00 aan die sekuriteits drade gehang. Sommer toe eers tydelik met kabelbinder gespan. Nou gou die ordentlike job gaan doen.
Gaan sukkel om enjin te moor in sand
Dis die prag van ‘n diesel, die klomp wringkrag teen lae revolusies. Tesame met korrekte banddruk, in die spore bly as daar is, en volgehoue momentum laat gly mens doeksag voort. Die outomatiese kas haal boonop die dinkwerk en kierie heen en weer pluk vir die regte rat uit die vergelyking. ‘n Outo ry baie makliker in sand as ‘n handrat. Toe ek jonger was het ek die konstante speletjie om die regte rat betyds te kies geniet, maar nou verkies ek dit om net liggies met die pedaal te werk.
Moet glad nie bekommer daaroor dat die nuwe bakkie te hard gewerk het nie.
Hartenbos vakansie “vibes”
Vriende van ons staan tans voor teen die see in die E-blok. Hulle stuur vanoggend ‘n foto van hoe mooi die weer en uitsig lyk van hulle staanplek af. Toe ek sê hulle moet strand toe sê hulle dat hulle al vroeg hulle stasie moes gaan opslaan. Dis hoofstrand is al van 07:00 af vol gewees.
Baie mense geniet daardie vibe maar dis nie vir my nie, dankie. Gelukkig is daar vir almal ‘n plekkie in die son (behalwe as jy te laat opstaan by Hartenbos).
Ek stem saam ....
... Wildehont. Daardie gedruis is ook nie vir my bedoel nie. Ek lief Hartenbos, maar beslis nie gedurende die "silly season" nie. Andere soek dit weer. Ek het eenkeer vir 'n kliënt by Modderrivier (suid van Kimberley) gevra, nadat hy net na Nuwejaar teruggekeer het van Hartenbos af, hoedat hulle met daardie menigte mense "cope". Sy antwoord was dat hy die hele jaar in "stilte leef" in Modderrivier en juis daardie geroesemoes verlang.
Oudshoorn bergbrande
Herman, ek hoop nie daai brande wat in die nuus is, is daar in jou wyk nie.
Is jy by jou paleis of is jy ook saam see toe?
Geseënde Kersdag
My wens is dat almal op die forum 'n vreugdevolle Kersdag sal beleef, saam met geliefdes en familie.
Vir die ander, met vêr kinders, hoop ek dat die hedendaagse tegnologie ons in kontak sal bring met hulle.
Kersdag
Dit is lekker om as familie net lekker rustig saam te wees. My seun en sy gesin asook sy skoonouers kuier hier. Ons kon nie naastenby die klomp kreef gisteraand 'skrikmaak' nie. Gevolglik is die dag reeds begin met 'n kreef-brekfis - en nog is dit nog nie die einde nie.
Verderaan is 'n skaapafval reeds van vroegoggend in die driepootpot aan die gang en die Weber word later aangesteek vir 'n ontbeende hoender wat gestop is met 'bacon', feta en pynappel. Daar moet maar voorsiening gemaak word vir die kleinkinders en boeta se skoonma, wat nie hulle monde aan kerrie-afval wil sit nie.
Dit reën seker daarbo in die noorde, want hier druk die suidoos nogal - nie 'n wonderlike stranddag vir die vakansiegangers wat tans in hulle hordes hier op ons stranddorpie toegesak het nie.
Diegene wat wel op Kersdag hier inloer - 'n dag vol vrede en vreugde saam met jul geliefdes word jul toegewens.
Voortrekker....
....sommer 'n algemene navraag. Is die kampforum "oop" en bereikbaar vanaf die buiteland??
My seun in Dubai sê dat hy net 'n waarskuwing kry, hy kan nie toegang kry eers, net om te lees nie.
Is dit 'n forum sekuriteit stelling, of is dit 'n Dubai beperking.? Sommer net nuuskierig.
Wessel ...
... ek kan net antwoord namens myself. Ek het in Roemenië nog nooit 'n probleem gehad om op die forum deel te neem nie.
Ons is hier
Ons het 08:40 gery, en 12:30 hier gestop. Die wa het hom gedra, en die Ranger sleep soos ‘n vendusie os.
Dis maar winderig en bewolk, maar ons huisie met sy en suite staan. Die silwer seil en stormnet is oorgetrek na die windkant.

Geniet dit Wildehont en…
Geniet dit Wildehont en familie. Jy verdien ń blaaskans na die jaar se " hurdles". Maar, jy is almal oor.
Geniet ...
... julself gate uit Wildehont. Ek hoop die weer speel lekker saam.
Chris S....
....waarvoor gebruik julle daai groen tentjie??
Nou ja, daar staan jy voor op die see. Dit lyk of jy besig was om alles op te slaan. Is die donkergroen windbreker[?] privaatheidskerm joune?
Wat bedoel jy met Ranger sleep soos 'n vendusie-os. dit beteken mos sleepvoetend en stadig
DWS staanpleknommer ???
Chris, staan jy op 21 of 30??
Waarom staan wa op plaveisel en nie die tent nie. ??






Dekra
Dekra het dieselfde toerusting as die munisipale toets stasies. Ek dink ‘n inspeksie by hulle met spesifieke melding van die voorval en ‘n behoefte om vas te stel dat alles nog kosher is sal ‘n goeie begin wees. Dit mag ook raadsaam wees om wielsporing na te gaan. Dekra behoort na die vering en skokbrekers te kyk, asook na alle hegpunte (mountings) van bakwerk, enjin en ratkas. Die aandryfstelsel moet ook deurgegaan word.
Ek hoop dit was ‘n relatiewe sagte landing en dat daar afgesien van die kosmetiese skade niks fout is nie. Sulke goed voel gewoonlik baie erger as wat dit werklik was.