Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -5 minutes ago
Goeie hout... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 minutes ago
die Burger.... Media24 se koerante en… Wessel Strydom -13 minutes ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) Goeie Hout -44 minutes ago
Rapport Media24 se koerante en… Geert -1 hour ago
Puppy Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago

Desember saampraat

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Daar breek die belangrike maand aan, Desember met al sy geskenke en verrassings. 

Vir sommige is dit die maand van nuwe trokkies en woonwaens. Vir ander die genot van vêr kinders, en kleinkinders wat die spens kom leeg kuier.

Dan ook die maand van verrassings gepaard met skool- en universiteit uitslae. Ek vertrou almal se kinders en kleinkinders presteer na wense.

Laat ons hoor en sien van almal se vakansie ervarings.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/12/2025 - 17:03

... ek geniet tentkamp. My afblaasmatras (solank dit net nie sy naam gestand doen nie) slaap inderwaarheid lekkerder as my karavaan se bed. Die Porta Potti staan binne die tent. Die gazebo, met 3 sykante, staan voor die tent en dien as kombuis en kuierarea. Die Hilux se bak en/of sleepwaentjie (indien dit saamgaan) dien as stoorplek vir kleretasse en 'groceries'. Ons het al op dié wyse in Kgalagadi, Satara, Shingwedzi, Berg-&-Dal en Karoo Nas Park gekamp. Lekker man, lekker. Ek sal 'n paar foto's plaas.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/12/2025 - 17:50

Hier is sommer enkele foto's toe ons met ons ou tentjie en ou gazebo gaan kamp het. Die eerste een was toe ons net vir 'n week in Satara gekamp het gedurende Julie 2007.

Tent

Hier was ons op pad om vir 'n week in Shingwedzi te gaan kamp met die tent (Mei 2011). Ons het eers vir 'n paar aande in Karoo Nas Park oorgestaan.

Tent

Tent

Shingwedzi

Tent

Tent

Wat dit vir my en Ralie seker makliker maak om met 'n tent te kamp, is die feit dat ons beide grootgeword het met Desember-vakansies in tente by die see. Ons het jaarliks by Die Mond in Hermanus gekamp - met tente. Ralie-hulle het weer De Bakke in Mosselbaai gekamp met 'n kap agterop haar pa se lorrie en tente. Eenvoudige dae gewees. Haar ma het gesoute vleis ingelê in skaapvet en verder het die "safe" ('n sifhokkie) onderaan die lorrie gehang met windgedroogde skaaprib.

My pa het 'n tuis-geprakseerde "yskas" gehad - gemaak van"hardboard" buite-om en uitgevoer met 'n dik laag "poly-stirene". Groot blokke ys is gereeld gekoop by die visfabriek in die hawe. En moer!! - dit was lekker!

Ons kom vandag nog met min oor die weg as ons kamp. As ek sien hoe die lankstaners opslaan by 'n plek soos Eiland Spa - met dubbeltente, wasmasjiene ens., dan kamp ons eenvoudig. Slegs 'n stoeptent met twee sykante, 'n skadunet-afskorting om die een kant van die stoeptent toe te maak en 'n gazebo. En wat die heel geselligste lyk is die mense wat net met tente daar kamp. Ek kry die gevoel dat hulle die ouens is wat die lekkerste kamp.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 15/12/2025 - 17:51

Ons het tentkamp net so geniet. Maar... dit is daar waar jy nie ń wa mee kan uitkom nie, en als in die 4x4 moet pak. Dan is daar nie  plek vir ń Gazebo of terugleun kampstoele nie. 7 ammobokse een vir elke persoon se klere en toiletries 3 ander is 1 vir kombuis 1 vir groceries 1 vir drankies. En die 60l Engel yskassie.

Vir lank so gekamp, maar as daar ń lekker luukse Lodge in die omgewing is, daar ingeboek vir ń aand se bederf. Dit maak ņ trip baie lekker.

Eerlik sal ek nie vir Jurgie by die huis los en met ń tent Wildtuin toe gaan nie. Geniet hom darem net te veel, en so luuks!!! wink

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/12/2025 - 18:48

... van my woon ook in Kleinmond. Ons sien mekaar maar selde hier in die dorp, maar kamp mekaar gereeld raak in die wildtuin - veral in Tsendze. Wessel het hom (Franci Krone en sy vrou Mariaan) al daar ontmoet. Hulle kamp altyd gedurende Mei op No 25.

Franci is 'n jaar of wat ouer as ek - maar hulle kamp absoluut minimalisties. Slegs 'n tent, 2 kampbeddens, 'n klein tafeltjie en twee stoele. Hulle kamp in al die klein kampies waar daar gemeenskaplike vriesgeriewe is, want hulle beskik nie oor 'n kampvrieskas nie. Hy ry met 'n ouerige Honda SUV waarin hulle al hul goedjies pak. En hulle kamp jaar na jaar in die wildtuin en ander tye van die jaar ook in Kgalagadi. En hulle kamp vreklekker.

Ek het hom vanjaar tydens ons eerste aand in Malelane raakgekamp, waar die ou ongelukkig teenspoed beleef het met sy kar se 'alternator' wat die gees gegee het.

Hy 'bederf' so hier en daar sy vrou deur in 'n hut vir 'n nag of twee in te boek.

Ekself wil nie vir 'n nag of twee op een plek kamp en dan weer aanskuif nie. Maar 'n week of langer op dieselfde plek is vir my nogal lekker.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/12/2025 - 19:42

....Franci en sy manier van kamp. Ek kan net beaam wat Chris sê oor hulle manier van kamp. Genade, hulle het langs ons in Tsendze gekamp, en ons het ons vergaap aan hulle minimalistiese manier. 

Kyk, daar is dome tente en dan is daar klein tentjies, soos waarmee Franci hulle kamp. Wel hulle geniet hulle leefstyl, sleep sekerlik baie minder diesel uit, EN is baie gawe mense.

NS: Na sy teenspoed met die Honda het hy baie belanggestel in 'n dubbelkajuit. Selfs 'n paar keer na Grompie kom kyk, en agter stuur gaan sit. Die baie pakplek het hom beindruk. Wonder of hy dalk ene gekoop het. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 15/12/2025 - 20:00

Ek het laas in die vyftigerjare toe ek 'n penkop in die Voortrekkers was in 'n tent gekamp  -  dit was toe lekker maar ook genoeg !

Ons wittebrood 56 jaar gelede het begin met ons eerste karavaantjie en sederdien het ons verskeie karavane besit en altyd daarmee vakansie gehou. Vir my bly dit maar die lekkerste, veral g'n ge-in en uitpakkery nie - alles op hul plek in die wa vandat jy wegtrek totdat jy weer terug by die huis is.

Maar 'n ou se ouderdom en omstandighede stap aan en ek sal van nou af in vaste akkommodasie moet tuisgaan.  My eerste ervaring in die verband gebeur in Augustus 2026 as ek Kruger Wildtuin toe gaan, maar daarvan vertel ek eers later.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/12/2025 - 05:51

....in KarooNP, soos te siene in Chris B se fotos hierbo. 

Ek het eers met KarooNP in 2022 kennis gemaak, tydens die Herfsblaar saamtrek. Staanplekke het nie meer gras nie, maar is nou geplavei en gegruis. Dit bly egter 'n netjies goed versorgde plek 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 16/12/2025 - 07:34

Ongelooflik Wessel. ChrisB het laas ook ou foto geplaas van Krokodilbrug waar hy op pragtige groen gras staan. Ek ken dit ook nie so nie

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 16/12/2025 - 08:19

... julle net hoe oud ek is. In my jongdae was daar nog gras. wink

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 16/12/2025 - 08:22

ons vertrek Woensdag oggend na Namibië

... julle moet dit geniet. My hart trek met 'n punt Namibië toe. Dit bly maar 'n wonderlike bestemming. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 16/12/2025 - 08:25

Ek het vanoggend ons vlugbesprekings vasgemaak om vir die ver kinders te gaan kuier. Ek het vir myself 'n verjaarsdag-geskenk gegee deur op 4 Mei te vertrek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 17/12/2025 - 13:35

Ek kon dit beswaarlik glo.

My seun en vriende gaan volgende jaar vir die winter-skoolvakansie ATKV Eiland Spa toe (met karavane). Gewoonlik kombineer hulle die wildtuin en Eiland. Maar hierdie keer het hulle besluit om vir die volle tydperk slegs Eiland toe te gaan.

Maar gisteraand kry ek 'n oproep om te vra of pa nie wil kyk of hulle dalk so twee aande in die wildtuin kan kry nie - in vaste akkommodasie (terwyl hulle die karavane by Eiland los). My woorde aan hom was dat hy nou wors in 'n hondehok soek. Die blote feit dat dit piek-seisoen in die wildtuin is - en hulle soek slaapplek vir 7 persone - het my maar skepties laat voel.

Maar wraggies - ek kon twee nagte bekom. Ek kon beide nagte in Mopani kry, maar hy is nie 'n groot "fan" van daardie omgewing nie. Op die ou end kon ek die eerste nag in Shingwedzi kry (2 x 3-bed en 1 x 2 bed chalets) sowel as 2 x 4 bed 'cottages' in Mopani. Nou sal ek maar gedurig dophou of die Mopani-nag nie met 'n ander kamp geruil kan word. Soos wat ek gedurig op die uitkyk is vir 'n nag of twee in hetsy Kielie Krankie of Urikaruus in Kgagalagadi tydens ons Oktober-besoek volgende jaar.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 17/12/2025 - 13:37

... of hy baie besig is, of dalk sonder WiFi, of sommer net gatvol vir ons. Ek praat van die Wildehont.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/12/2025 - 15:16

Ek het die Chris S van Worcester telefonies gekontak, en kon nie 'n klinkklare antwoord bekom nie. Dalk is die man net toegegooi onder werk wat moet klaarkom voordat hulle DWS toe vertrek.

Ek het wel hom gevra om sodra hy agteroor sit by DWS met 'n koue, tog aan sy pelle te dink.  

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 17/12/2025 - 20:12

Vroeg vanoggend in die reën in Sedgefield weg. Lekker gereën tot by Swellendam en pad was nie te besig nie.

Het volgens goeie resensie (ChrisB) by Rietdakkie padstal iets lig genuttig. Later ook by Kardoesie padstal aangedoen en ietsie gekoop.

Volgende was ChrisS se resensie van Traval biltong waar ons aangedoen het. Te veel biltong om van te kies. Net genoeg gekoop om voor die grens te verorber. 

Elmarie was verbaas dag ek so baie gestop het by padstalle. Nou ja ouderdom en nie te vroeg by oornag bestemming aan te kom nie het groot rol gespeel.

Oornag by Vioolsdrif lodge wat klipgooi van die grens af is maar sal nie weer hier stop nie. Die plek geval my nie en is bietjie verwaarloos.

Wil môre vroeg roer want nog lang dag voor ons op die plaas is. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 17/12/2025 - 21:28

Goed om van jou te hoor Jan. En ek is bly om jou kommentaar t.o.v. Vioolsdrift Lodge te verneem. Dit sal my seun laat beter voel, want hy kon nie daar plek kry wanneer hulle terugkeer van Hentiesbaai af nie. Gewoonlik slaap hulle by Orange River Lodge (Noordoewer) oor, maar dié is volbespreek met een of ander filmspan. Hy het nou by Noordoewer Self-catering deur Lekkeslaap bespreek.

Veilig ry verder.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 18/12/2025 - 13:51

Boeta is bekommerd oor pappa se 4x4 ry-vermoëns, dat hy voorgestel het dat die oukêrel so gou moontlik 'n bietjie praktiese ervaring opdoen. My grootste behoefte vir 4x4 ry is sandry. Ek gaan dit benodig vir Henties se sandstrande en moontlik ook in Kgalagadi.

Gevolglik het ons besluit om eerskomende Saterdag Atlantis se duineroetes te gaan aandurf. Die nuwe Hilux (met steeds net meer as 70km op die klok) word dus ingewy met 'n behoorlike vuurdoop. Vir daardie doel gaan ons sommer môre-aand by boeta-hulle in Grabouw kuier en slaap.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 18/12/2025 - 14:06

Ek het reeds vertel dat ek met die terugkeer vanaf Ebb & Flow by Van Rendburg Foods in George van hulle "braggerige" boerewors gekoop het. Ek het ook genoem dit is lekker boerewors, maar dat ek reken Joey's se wors is lekkerder (vir my smaak altans). Maar ek het gisteraand die laaste pakkie Van Rensburg boerewors gebraai saam met lamstjops. Dalk het ek dit vorige kere te lank (lees: 'droog') gebraai. Gisteraand het ek dit vroeër van die kole afgehaal. Dit was nog sommer lekker sappig - en moers lekker. Die antie was "impressed".

Vanaand braai ek Ollie Viljoen se boerewors saam met Delico se hoender-skilpadjies. Oorlede Ollie se seun, Willem, het al vir etlike jare 'n deli in Bettiesbaai, maar het nou ook een in Kleinmond oopgemaak. Ek het al sy lamswors probeer - uitstekend. En ook sy winddroog boerewors - 'n lig-gerookte wors (baie lekker). Ek sal poog om nie ou Ollie se boerewors te droog te braai nie. Behalwe vir die lamswors wat in 'n medium-dikte derm gestop is, is sy boerewors in baie dik derms gestop - wat nou nie heeltemal in my smaak is nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 18/12/2025 - 14:37

Jis man, sou ek nou daar wou wees. Jy moet tog 'n kameraman [kleinseun] saamneem om fotos te neem. 

Ek sou egter gewag het tot die Hilux darem 1000km gedoen het voordat ek daar sal gaan oefen/speel.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 18/12/2025 - 19:55

Kyk nou net. Daar stem Ralie, en Chris ook dan nou dat ons kontrei se wors nie net semels, soja en rens vet is soos wat Wessel en die klomp daar bo aan gewoond is nie. devil

Die Hilux en die duine gaan pure pret wees Chris. Jou seun is sekerlik ń meester op sand ry. Daar is boeke geskryf oor die topic, maar ervaring, en jou voertuig ken is dit nou maar so. Wegtrek op kurkdroë sand, kos lekker sagte bande en baie effens op die loud pedal. Wil hy insak, so effens agteruit, en probeer weer. Seun sal jou ook vertel dat waneer jy stop op droë sand, jy die 4x4 laat rol tot stilstand. Jy wil nie ń wal voor die wiele hê nie. 

As jy handrat het, en nou ook in low range, wissel jy jou ratte vinniger as Jody Schekter. Jy wil nie momentum verloor nie. En so is daar baie bits and pieces om te leer.

Dit gaan ń fees wees Chris. Na die naweek is die price tag af van jou nuwe lorrie, en jy gebruik hom vir wat dit gebou is. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus