Daar breek die belangrike maand aan, Desember met al sy geskenke en verrassings.
Vir sommige is dit die maand van nuwe trokkies en woonwaens. Vir ander die genot van vêr kinders, en kleinkinders wat die spens kom leeg kuier.
Dan ook die maand van verrassings gepaard met skool- en universiteit uitslae. Ek vertrou almal se kinders en kleinkinders presteer na wense.
Laat ons hoor en sien van almal se vakansie ervarings.
Neef ...
... jy klink omtrent rustig. Ons is in 'n soortgelyke bootjie. My kuiergaste (lees: kinders & kleinkinders) is eers laatmiddag gister hier weg. Die antie se wasmasjien werk vandag oortyd om al die beddegoed en handdoeke weer te verfris. Die wasgoedlyn kan nie alles op een slag hanteer nie, maar gelukkig dit is 'n baie warm dag hier by ons en daarom behoort die onderskeie sarsies wasgoed vinnig droog te word.
Ek het ook maar 'n bietjie oorboord gegaan hier oor die dae. Groot-eet was aan die orde van die dag en natuurlik ook die voggies wat daarmee gepaardgaan. Terloops - ek het gister "dry-aged sirloin steaks" van Van Rensburg Foods (George) gebraai en saam met krummelpap en tamatie/uiesmoor geniet. Ek het genoemde vakuum-verpakte "steaks" gekoop toe ons die dag weg is by Ebb & Flow. Watter wenner!! Ek gaan beslis George toe ry vir nog van hierdie lekker "steaks" wanneer ons kuier oor 2 weke by Dwarswegstrand begin.
Ek sal, tot tyd en wyl ons Dwarswegstrand toe vertrek, weer intussen (van vandag af) terugkeer na my "carnivore" eetplan. Dit werk vir my. Dus is die 'waterkar' weer my voorland vir die volgende 2 weke. Ek kan darem waaragtig nie op die waterkar bly terwyl ons by Dwarswegstrand kuier nie. Ek sal maar my proviand (vleis & drinkgoed) in daardie omgewing gaan koop, want die antie se karretjie kan nie te veel vrag vat nie. Iemand het mos sy Hilux deur die gat getrek - aldus sommige opinies.
Bekaf Hilux
Chris, ry met jou trokkie, ek is seker jy gaan baie aandag trek, as die hardebaard 4x4 eienaar.![]()
![]()
Haai
Ons is vandag uit die see gejaag omdat die lewensredders ‘n haai gewaar het. Later het ek van my suster se huisie se stoep af met my gepolariseerde sonbril ‘n langwerpige swart vorm gesien wat naby die swemplek patrolleer. Dit was alleen en het nie opgekom vir asem nie, so dit was nie ‘n dolfyn of rob nie. Gister het ons meer van eg gesien as ooit tevore hier. Daar was letterlik hordes wat heen en weer geswem het voor ons staanplek.
Ek bly staan ...
... by my beginsel-besluit. Ek bly uit die haaie se "territory" en hulle bly uit myne.
Haaie kom daar voor
Ek onthou as kind dat selfs by Hartenbos soms periodiek haaie was. Toentertyd was dit toegeskryf aan die eilandjie in Voorbaai se omgewing waar baie robbe gehou het.
Ek is onder die indruk dat as dolfyne in nabyheid is, wyk die haaie. Andersins deel ek Chris B se beginsel.
Hallo Wessel !............
................dit gaan heel skaflik met my dankie.
Wat kampering aanbetref Wessel, weet ek dat vir elke kampeerder lê daar 'n kampskoene-ophang datum voor. In my geval het dit iewat te vroeg gebeur, maar dit het nou gebeur en ek berus maar daarby - ek sal nie graag vir 'n tweede keer kampeerskoene wil ophang nie.
Ek sal altyd na kampeering verlang omdat dit vir soveel jare deel van my en Annatjie se lewe was en die herinneringe bly kosbaar. Ek lees dus nog graag alles en nog wat oor kampeerdinge.
Die Kruger Wildtuin (en die wildlewe) bly nog steeds 'n prioriteit in my lewe en daarom sien ek geweldig uit na Augustus-maand wanneer ek weer daar gaan inloer, alhoewel nou in vaste akkommodasie soos destyds toe ek 'n kind was saam met my ouers.
Geniet dus die kamplewe, ek kamp saam deur julle stories en vertellinge.
Good riddance 2025
Dit was nie my jaar nie. Met my uitdagings en teleurstellings by die werk sal ek julle nie verveel nie. Ek weet ook daar is baie ander wit, Afrikaanse mans in SA wat soortgelyke ervarings (en erger) het in die openbare sektor.
My skoonpa is oorlede, en ons moes ons Krugerwildtuin vakansie kanselleer. Wat my amper onder gekry het met tye was my vloot ou voertuie. Eers breek die Kavango se 220V laaier. Toe die Fiesta se een suier, en dit kos nou al R41000 en is nog nie 100% reg nie. Die Ranger se lugversorger kompressor was volgende. Toe het die Prado ook begin streke uithaal. Ek hoop dis net die battery, en nie die alternator nie. Ek sal uitvind nadat ons terug by die huis is. En die kersie op die 2025 miskoek was toe die Kavango se vasgeroeste remkabel amper ons ander vakansie van die jaar ook beduiwel het.
Ten spyte van alles waaroor ek kan kla het ek oneindig baie om voor dankbaar te wees, so ek wil nie die indruk skep dat ek myself bejammer nie. Ek hoop maar net 2026 is ‘n meer voorspoedige jaar vir my, en veral met minder onvoorsiene uitgawes Ek wens voorspoed ook toe vir almal wat hier lees. Geniet die laaste dag van 2025 ook. Hier val nou ‘n motreentjie na ‘n lieflike dag gister. Dis werklik droog hier, maar die paar druppels gaan nie help nie.
Lat jy gaan....
....2025!!!! die jaar het min ure oor, net genoeg om later vuur te maak, Windhoek te knak en vleis te braai.
Dis so stil op die forum, almal hou seker nabetragting oor verspeelde geleenthede, soos te min getoer, te min geleef en geniet. Party is net tevrede omdat ons gesondheid dit gemaak het.
Ek sal ernstig oor die bier moet besin oor wat ek met 2026 wil maak. Jare snel mos al vinniger verby as mens afgetree is.
Chris S....
....na aanleiding van jou opmerking oor die Prado en sy streke, onthou ek dat een van my voertuie ook sulke streke uitgehaal het. Paneelbord se liggies kom aan, meters wys verkeerd, soos voltenk petrol se meter wys leeg ensomeer.
Dit was 'n kleinigheid, kan nie meer presies onthou nie. Iets soos die battery uitset was nie volle 12 v nie, en dan funksioneer die katoeters sommer deurmekaar.
Ek wag dat die temperatuur bietjie afkom buite, sodat ek kan gaan vuurmaak en braai. In die somer is dit altyd 'n tweestryd, of baie warm of onverwagse donderbui wat my stoep toe jaag. Gelukkig is braaier mobiel.
Ek hoop julle kon strand en see ten volle geniet sonder ou skerpbek Haai.





Rustig hier
Rustig hier. Kinders en gaste vort. Ouma probeer tot nog tot verhaal kom na die vreeslike geskarrel om almal se pense vol te hou. Almal het altyd hand bygesit, maar bedrywig was dit.
Darem maar lekker om goeie kontakte in jou vriendekring te hê. Vriend van ń vriend, hidroloog, kom die 5de inloer hier om die moontlikheid van ń boorgat te bepaal. Met die huidige droogte en die standhoudende fonteine wat nou baie verswak, moet die roete bekyk word. Ek sidder om te dink wat die koste kan beloop voordat daar ń straaltjie by ñ kraan uitkom.
Intussen eet en drink ek te veel, en geniet die leeglê tyd van die jaar. Hengse stuk " spare rib" vir oujaar gekry. Vars boksie Sauvignon Blanc en kissie Stella Artois vir die aanloop nuwejaar toe. Ongelukkig dim my liggies teen 9uur al saans, maar wie weet, dalk druk Neef hom so bietjie later die jaar. Groetnis.