Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -2 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -2 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -2 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -3 hours ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago

Desember saampraat

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Daar breek die belangrike maand aan, Desember met al sy geskenke en verrassings. 

Vir sommige is dit die maand van nuwe trokkies en woonwaens. Vir ander die genot van vêr kinders, en kleinkinders wat die spens kom leeg kuier.

Dan ook die maand van verrassings gepaard met skool- en universiteit uitslae. Ek vertrou almal se kinders en kleinkinders presteer na wense.

Laat ons hoor en sien van almal se vakansie ervarings.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/12/2025 - 05:59

Sal ek nou wonder, na die lees van Herman se inset, hoe ry mens sand en duine met 'n outomatiese trokkie?? Ry mens dit handrat of laat jy die blikbrein die keuses maak.

Daar is dalk 'n groot verskil tussen strandry [klam sand], duine ry en droge sand. 

Gits, en dan wil ek met Kavango op sleep, sonder 4x4, tot by Nossob vorder.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 19/12/2025 - 06:23

Nossob toe is daar nie sand om van te praat nie. Wel so een of twee stof gate. Res is sinkplaat in al die trappe van vergelyking.

Nat sand is so goed soos teerpad ry. Droeë sand is in die oggend meer kompak en ry makliker, maar sodra dit warm word, is dit los en glibberig onder die bande.

Auto ratkaste sal baie goed wees, meer beheer oor die wiele wat wil tol. Ek sou in auto bly, maar hoor graag van die boffins. Onthou om die traction control af te sit op die sand. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 19/12/2025 - 07:34

Met my seun se eerste auto 4x4 het ons die eerste dag op Henties se sand kort-kort vasgeval in los sand. Boeta was moedeloos, want hy ken nie daarvan nie - hy was na jare nogal 'n ekspert met sandry (met handrat-voertuie). Daardie aand sien ek 'n soortgelyke Hilux by Skubbebar. Ek stap toe na die ou toe en vra hom of hy soortgelyke probleme ervaar. Hy sê toe ja, hy het - totdat hy met Toyota geskakel het en dié hom gesê het om die "traction control" af te skakel. Hy wys toe gou die prosedure. Sedertdien word dit gedoen sodra ons in die los sand kom - hou stil, sit die voertuig in 4x4 (hoog) en hou die "traction control" knoppie in totdat die liggie wys dit is afgeskakel. Elke keer as die voertuig aangeskakel word, moet die "traction control" weer afgeskakel word voordat jy wegtrek.

Ek is, danksy die klompie kere wat ek saam Henties toe is sedert hy 'n auto ry, redelik goed bekend met dié prosedure. Maar ek het geen ervaring van bestuur in sand nie - ek is nog altyd net 'n passasier gewees.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/12/2025 - 13:31

....a nee a, jy is nou al 'n week by Onrus en jy laai geen stukkie inset of foto as bewys nie!!!!

Ek hoop julle staanplek is lekker toegerus, met Fleetline in koelte vir daai  middagslapiewink 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/12/2025 - 13:34

....die groot werk om daai sand[sout] orals uit te kry. 

Ek sien deesdae hier in Brits het die karwasplekke sulke fency skuins spore. Jy trek voertuig daarop en dan kan die onderkant maklik skoon gespuit word.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 19/12/2025 - 14:19

Die pad noord van Hentiesbaai (die rigting wat ons bykans daagliks ry om te gaan hengel) is 'n soutpad. Dit is net ongelooflik hoedat dit as't ware soos 'n teerpad ry. Maar vroegoggende, wanneer ons vertrek, is die pad gewoonlik natgedou. Dan spat soutpartikels maar op en bemors jou voertuig.

Daar is 'n paar plekke in Henties wat 'n soortgelyke diens bied, maar ons vind Skubbebar s'n gerieflik. Want nie net maak hulle jou dag se vangs skoon nie, maar jy kan ook 'n bietjie keel natmaak na 'n lang dag in die son. Wat is dan nou lekkerder as 'n Hansa Draught as jy lekker dors is.

Maar die fasiliteit waarna ek verwys is beton-geboude "ramps" waarop die voertuig getrek word - hoog genoeg vir 'n persoon om onder die voertuig in te gaan. Die voertuig word dan elke aand deeglik "ontsout" met 'n hoë-drukspuit wat in elke hoekie en gaatjie van die onderstel skoonspuit. Hierdie is 'n daaglikse ononderhandelbare ritueel nadat ons teruggekeer het van die viswaters af. Die soutsproei wat maar noodwendig ook daar teenaan die water op die voertuig gewaai word, word sodoende ook afgespuit.

En terug by die huis word die onderstel met 'n middel (waarvan die naam my nou ontgaan) behandel ten einde roes te voorkom.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 20/12/2025 - 08:58

...nou wag al die forum pelle vir die foto bewyse van julle sandry opleiding en wat noglaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 20/12/2025 - 16:06

Baie welkom by die forum. Daar is egter 'n groot nadeel aan verbonde----julle moet asb deelneemlaugh

Gesels saam, deel kampeer ervarings en doen navraag oor kamp aangeleenthede. 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/12/2025 - 16:31

... julle wil nie weet hoe het dit met die duine-ryery gegaan nie. Ek sal later meer detail verskaf, maar intussen kan ek net sê dat dit vroeër geëindig het as wat beplan was. En die Geel Sambreel sal ook Maandag geskakel word. Weet julle - 'n Hilux kan vlieg ook, maar die vlieënier het die tuig 'n bietjie hard neergesit - sodanig dat die voorste buffer vervang moet word na slegs 247km op die klok.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 20/12/2025 - 19:48

Dis nou slegte nuus verby!!!! Het die verkoeler darem heel gebly, of moes julle agter op platbak terug huistoe keer.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/12/2025 - 20:29

... dit is letterlik net die voorste buffer wat ("ordentlik") seergekry het en wat vervang moet word. Die res van die Hilux het nie 'n skrapie of 'n duikie opgedoen nie. Die grootste probleem is dat die paneelkloppers almal reeds gesluit het vir die Kersseisoen - en ek het gereken om met die Hilux Dwarswegstrand toe te gaan. Die 'antie' se Honda'tjie sal waarskynlik nou moet instaan. Gelukkig kon ons terugry.

So lyk 'n splinternuwe Hilux nou;

Hilux

En die flenters het agterin die bak teruggekom:

Hilux

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 21/12/2025 - 06:20

Nou is die ideale tyd om met ń mooi  buffer te vervang wat plek het vir ñ Wenas en high lift jack punte. Dan het jy  plek vir die visstokhouers ,a la Henties, vas te bout. smiley

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 21/12/2025 - 07:11

....wat Herman het. Ek sien altyd eerste die negatiewe van 'n situasie, maar daar is soms positiewe opsies ook.

In my geval sou ek 'n erge aanval van gemoedsbekak...ng gehad het.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 21/12/2025 - 09:58

Ons het gister namiddag nog droog en warm vleis gebraai. Ek het nounet 55mm reen gemeet. Volgens alle voorspellings gaan die eendeweer aanhou tot volgende naweek. 

Blykbaar is daar groot dele om Vosburg wat nog geen reen ontvang het nie, en die boere is op hulle kniege. Ek het vanoggend kontak gemaak met Joosteswerwe waar ons Augustus oorgebly het. Hulle het wel reen gehad, maar dis kolkol of streep-streep soos hulle genoem het.    

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 21/12/2025 - 19:20

Het die ongeluk vroeg tydens die uitstappie gebeur? Of kon julle darem 'n mening vorm oor die Hilux 2.4  se 4x4 vermoëns?

Dalk moet jy sommer jou navigator se trokkie leen vir julle  DWS vakansie. In sulke deurstamp gevalle is dit mos die navigator se skuld, of hoe???wink

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 21/12/2025 - 22:04

... ons kon darem eers dit waarvoor ons eintlik gegaan het afhandel, nl. hoe om met 'n auto in 4x4 H (met Traction Control afgeskakel) in gewone los sand te ry. En dit het baie bakgat gegaan.

Daarna het ons wors gebraai en heerlike boerewors rolls geëet. Eers daarna het Boeta 'n paar duine aangepak met sy GR en ek het besluit dat ek dit hom gaan nadoen met die 2.4. En dit is waar die papaja die waaier getref het. Ek het een kort (noem jy dit 'n "slip face) gedoen nadat hy aan my verduidelik het hoe om dit aan te pak, nl in eerste rat en geen remme gebruik. Dit het seepglad verloop.

Maar toe verloor ek hom. En na 'n tyd sien ek hom ver teen 'n duin staan. Ek besluit toe om reguit daarnatoe te ry. Voor my het 'n ietswat van 'n steilerige duin gelê. Ek het geweet ek moet 'n bietjie poeier gee om bo te kom. Met die gevolg dat ek toe met taamlike spoed teen die duin op is. Maar toe ek bo kom, hou die duin net skielik op met 'n lang "slip face" voor my. Nog voor ek kon besef dat ek nou k@k aangejaag het, trek die Hilux deur die lug met die agterstewe hoog in lug en kom te lande op sy neus en kom oombliklik tot stilstand.

Boeta het nog gekyk waar is sy pa, toe sien hy ons kom oor die duin aangevlieg. Hy sê dat hy't verwag die Hilux gaan gat oor kop slaan - maar gelukkig nie.

Maar dat ek 'n baie duur les geleer het is nie altemit nie. Dit het nou gebeur in 'n spreekwoordelike blonde oomblik, maar dit is nou water onderdeur die brug. Gelukkig is dit slegs die voorste buffer wat vervang moet word - maar dit sal seker nie gou kan gebeur nie, want alle paneelkloppers is nou gesluit.

Ek gaan wel môre met Caledon Toyota skakel om te verneem of hulle dalk kan help, want hulle het hul eie paneelkloppers-afdeling. Maar ek wonder of die Toyota fabriek nie ook gesluit sal wees nie.

Ek sal eers môre met die Geel Sambreel kan skakel.

As ek nie betyds gehelp kan word nie (wat ek betwyfel) sal die antie se Honda ons maar Dwarswegstrand toe moet vervoer.

Ek het vanoggend 'n bietjie huiswerk gedoen t.o.v. alternatiewe buffers. Die enigste een wat my geval is Rhino 4x4 s'n. Eerstens het hulle nie voorraad vir 'n Hilux nie, maar o hene - dis 'n klomp geld. R45 995 sonder installasie-koste.

Ek is darem nou-al redelik oor die skok, maar ek het laasnag beswaarlik 'n oog toegemaak. Die hele petalje het oor en oor in my kop afgespeel. En dit is alles toe te skryf aan my eie "stupid"-geid. Niemand anders is te blameer nie. En ek voel sleg oor die antie se nek en rug wat tans baie seer is a.g.v. van die skielike stop na die 'vlug'. As sy nie 'n veiligheidsgordel aangehad het nie, was sy seker deur die windskerm. Gelukkig het die lugsakke nie uitgepop nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/12/2025 - 05:50

Wil jy vertel dat Ralie saam was?? Gits man, ek lig my laphoedjie vir julle se stuitigheid. 

Het sy darem ook die uitstappie geniet, behalwe nou die doodstop in "mid air"? 

Grappies op 'n stokkie, dit klink of julle baie gelukkig is, dit kon baie slegter ge-eindig het.

Ek vermoed dat Santam die koste vir "stock standard" herstel gaan dek, en jy sal res moet betaal vir Rhino buffer. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/12/2025 - 06:53

Ek het ook gou geloer na die katoeters. Ek stem saam, die Rhino lyk veel mooier op die oog, as die ander. 

Die vraag is egter, vir jou gebruik van jou bakkie, is so 'n opgradering nodig?? Gelukkig is dit net jy wat dit hoef te antwoord aan Ralielaugh  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 22/12/2025 - 06:56

..........., maar so leer 'n mens.

As 'n mens welgesteld is kan jy seker  jouself en jou besittings aan onnodige groot risikos blootstel, maar ons ou armgatte moet dit wat ons het (ons besittings en onsself en ons geliefdes) met groot omsigtigheid mooi oppas.

Jy kan dankbaar wees die voorste buffer was van "plastic" gemaak want as dit van staal was sou dit vasgesteek het en die Hilux sou bolmakessie geslaan het en julle tweetjies kon daarmee heen gewees het.

Chris, jy verwys kort-kort na jouself wat stupid was en k@k aangejaag het, maar dit gaan tog my verstand te bowe dat iemand wat sy stokou Caravette-karavaan oor jare heen so mooi oppas en nie eens 'n grondpad met hom aandurf nie tog sy splinternuwe Hilux met slegs 'n paar kilometers op die klok gaan opneuk oor sandduine - vir wat,  vir lekkerkry - kan tog nie wees nie ?

Verskoon tog maar my blatante kommentaar hierbo, maar ek moes dit tog van my gemoed af kry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus