Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skerm skoot Oktober 2026 saam gesels Johann L -52 minutes ago
App beskikbaar Oktober 2026 saam gesels Johann L -58 minutes ago
Dit is reg, die braaipit is… Umfula Johann L -1 hour ago
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -11 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago

Toyota 4x4 deeltyds en voltyds aandrywing

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Vir ouens wat ook hierin belangstel. Ek plaas hier spesifiek die grafiese verduideliking van die oordragkas vir 'n Toyota. Tot ek kon dit verstaan en geniet.

Soek op youtube.com vir

Toyotas 4WD systems and drivetrain technologies explained.

Die koppeling in 'n Hilux se oordragkas is sowaar 'n swaardiens ketting wat aste laat saamdraai!!

PS: Chris S kan dalk asb die link hier plaas.wink

Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/01/2026 - 11:37

...dankie, dis baie gaaf. ek kan dit nie oorvertel soos wat video dit grafies verduidelik nie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 15/01/2026 - 16:41

Is die Hilux ń deeltyds of voltydse 4x4 sisteem. Die ou modelle weet ek was deeltyds, soos die LC 76. Die 76 het meganiese ewenaarslotte voor en agter. Niks elektroniese hulpmiddels nie. Dus baie ou skool. 

Moet sê die ketting is nuwe openbaring vir my. Landrover Defender gegruik ratte in die oordragkas.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/01/2026 - 17:09

Herman, die trokkies is deeltyds 4x4. 

Sovêr my kennis strek,

het dit wel 'n ewenaar agter wat elektronies gesluit kan word. Selfs ou Grompie het dit ook.

voorste ewenaar kan nie gesluit word nie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 15/01/2026 - 17:26

As jy sê " elektronies sluit" dan verstaan ek dat dit die wiel wat gly rem sodat die ander wiel trek. Dus nie ñ ewenaar slot waar die ewenaar sluit en albei wiele trek al is een in die lug.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/01/2026 - 17:52

is die "lock" tipe, soos dat albei wiel trek, selfs met een in die lug/bollielaugh

Elektronies is konteks van ek druk 'n knoppie en hoop die ding sluit wel.wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus