Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Oktober 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.

Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.

Laat ons saam gesels en vorentoe beur.  

Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/10/2026 - 08:13

...ek het die rooi vlaggie gesien, gaan lees en ge-antwoord.

Dankie

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 11/10/2026 - 19:43

Toe lees ek Wessel praat van die 2de ikon vanaf regs. Op my foon is dit net so bleek vertikale strepie.

En hier is Kalagadi se diesel prys gister. Eish

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/10/2026 - 19:52

....prys is as riglyn R33.29/l Dus is die verskil na Kgalagadi pryse nie so erg as waaraan julle daar naby aan kus betaal nie.

Ek gooi sommer by kooperasie in, of groot vulstasie wat vir boere voorsien. Maklik R2.50/l goedkoper as riglyn prys. 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 12/10/2026 - 06:52

Op App Store / Play Store is 'n baie oulike app wat branstof pryse naby jou wys, dit word gereeld ge-upadate deur die eienaars. Dit het ook 'n huidige ligging in wat, sou jy in ander areas wees, soek dit daai omgewing se brandstoff pryse op.

Wayne, die eienaar, dink ek, is baie vinnig om te regeer op navrae per Whats App.

Die een wat ek gebruik is "Fuelx" dit het oo 'n log boek wat baie handig is.  Vroeër het ek, vir die log boek, 'n ander een gebruik , maar dit het nie die pryse opsoek funksie gehad nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/10/2026 - 09:10

Ek glo dis 'n handige toepassing, maar as ek toer is ek haastig. Ek gaan beslis nie rondsoek [verdwaal] waar om goedkoper vol te maak nie. Ek gooi maar by die 1ste gemaklikste bereikbare vulstasie in.

Ek sal wel as ek 'n ruk op 'n plek vertoef, dalk van so-iets gebruik kan maak, anders soek ek maar die plaaslike kooperasie. Dit sal nie waag  om aan boere vuil diesel te verkoop nie. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 14/10/2026 - 20:27

Eintlik uit en tuis, wat beteken dis lekker om weer by die huis te wees. Daan is vanoggend ontslaan na sy knie-operasie van Maandag. Dr reken dit was 'n sukses en met genoeg oefening behoort hy spoedig weer op die been te wees. Probleem is net, hy mis reeds al die vriendelike personeel se gepiep en pamperlang en om sy etes van 'n spyskaart af te bestel. Hier gebeur dit nie.👀

Ek het saans by Rock View Lodge oorgestaan. Enigste kampeerder, en indien nodig sal ek dit weer so doen. Vertel later meer oor die plek.

1
Sedgefield

Jan Meyer

Thu, 15/10/2026 - 06:00

Bly dit het goed afgeloop en dat julle tuis is. Sterkte vir Daan met die oefeninge. 

1
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/10/2026 - 06:23

...jy moet lig loop naby Daan. Bederf maar nog so 'n ruk, hy kan dalk nou met beide bene 'n perfekte gatskop maak.

Ek glo sy herstel sal perfek wees.

1
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 15/10/2026 - 08:48

vir die goeie wense. Vanoggend wil-wil Daan al so effe 'cheeky' raak wat vir my sê dat beterskap besig is om in te skop. Baie dankbaar dat dit agter die rug is.

1
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 15/10/2026 - 11:20

En daar "beland" Rock View se foto's onder Umfula. Verskoning.

Het vir Voortrekker 'n briefie geskryf en hoop hy het 'n plan.

0
Pretoria

Geert

Thu, 15/10/2026 - 11:56


Ek het vir drie aande hier oorgebly en sal in die toekoms baie graag weer hier aandoen. In teenstelling met 'n vreemde antwoord wat ek gekry het by navraag oor 'n hoogtebeperking, is die personeel baie vriendelik en behulpsaam. Rob, die eienaar het selfs voorgestel dat hy my elke oggend hospitaal toe sal neem en weer gaan haal - gedink ek kan 'n parkeer probleem met my bussie by die hospitaal hê. Hoogtebeperking was toe nie 'n probleem nie - die balk is +/- 3m hoog.

Dit wys jou in watter slegte lig n personeel lid jou maatskappy kan plaas. Jy en ander kan jou bes doen vir kliente, maar daai een vrot eier kan baie skade berokken. Kyk hoe uit die pad het Rob gegaan om jou selfs hospitaal toe wil bring. Iets het al snaaks geklink toe ek daai antwoord lees en Lekkeslaap se hordes goeie terugvoering.  Miskien moet jy vir Rob sê van hierdie antwoor  wat jy gekry het sodat hul betrokke persoon kan vasvat...dit gaan hom besigheid kos

0
Pretoria

Geert

Thu, 15/10/2026 - 12:20

Ek het vanoggend so 3 ure in die son moes werk. Ek het die son nog nooit so erg voel  brand in Oktober nie. Daar was manne wat heeldag op n cherry picker werk...hulle het vir hulle n sambreel vas gemaak aan reelings.  Hoe voel dit by dele waar julle bly?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 15/10/2026 - 12:35

Dit het so 10 minute gelede begin drup hier, is dik bewolk en die weer dreun. Sal die water baie waardeer - 'n week gelede het Daan en sy tuinman 'n bedding vol nuwe plante geplant nadat MOLLE die vorige se wortels alles opgevreet het, sodat daar nie 'n enkele lewende plant oor was nie. Wat maak mens met die verdekselse gediertes? "Can" hulle, en stuur na China??

Nou reën dit lekker.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/10/2026 - 13:41

...hoor by kooperasie vir berokings middels. Ek weet niks van die pestilensies nie.

'n Permanente oplossing is om 'n dik laag glasskerwe in die area te plaas. Dan kom bogrond oor, waarin jy plant. die rolbalbane maak meestal van die tegniek gebruik.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/10/2026 - 13:46

Sjoe mense, ek kry persone jammer wat nou in buitelug moet werk. Ter plaatse is dit onsmaaklik warm, en ek probeer my buite take doen, voor 08h00 en na 17h00.

Volgens YR gaan temperature nog hoër klim na volgende week toe. 

Dis die tyd wat ek gladnie wil kampeer hier om Brits en omgewing nie. Risiko vir hael is net te groot.   

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 15/10/2026 - 17:40

Die raad vir molle wat jy gegee het het betrekking. Googlie sê vir my niks van die glas-tegniek wat deur rolbalbane gebruik word nie. Miskien trek jy net my been, maar sou dit waar wees is dit nogals nie 'n slegte idee nie. Dit beteken dat ek net 'n taphuis sal moet gaan beroof ten einde genoeg glas te hê. Eers die inhoud gebruik en dan die glas. Ek kan met die gedagte saamleef (smiley face)

0
3
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus