So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Brits diesel...
....prys is as riglyn R33.29/l Dus is die verskil na Kgalagadi pryse nie so erg as waaraan julle daar naby aan kus betaal nie.
Ek gooi sommer by kooperasie in, of groot vulstasie wat vir boere voorsien. Maklik R2.50/l goedkoper as riglyn prys.
App beskikbaar
Op App Store / Play Store is 'n baie oulike app wat branstof pryse naby jou wys, dit word gereeld ge-upadate deur die eienaars. Dit het ook 'n huidige ligging in wat, sou jy in ander areas wees, soek dit daai omgewing se brandstoff pryse op.
Wayne, die eienaar, dink ek, is baie vinnig om te regeer op navrae per Whats App.
Die een wat ek gebruik is "Fuelx" dit het oo 'n log boek wat baie handig is. Vroeër het ek, vir die log boek, 'n ander een gebruik , maar dit het nie die pryse opsoek funksie gehad nie.
rondsoek vir diesel ???
Ek glo dis 'n handige toepassing, maar as ek toer is ek haastig. Ek gaan beslis nie rondsoek [verdwaal] waar om goedkoper vol te maak nie. Ek gooi maar by die 1ste gemaklikste bereikbare vulstasie in.
Ek sal wel as ek 'n ruk op 'n plek vertoef, dalk van so-iets gebruik kan maak, anders soek ek maar die plaaslike kooperasie. Dit sal nie waag om aan boere vuil diesel te verkoop nie.







Hennie...
...ek het die rooi vlaggie gesien, gaan lees en ge-antwoord.
Dankie