Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 minutes ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -2 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

My nuwe brille

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Ek Sit nou die dag hier en dink jy moet alles gebruik wat Moeder natuur jou gegee het voor Vader tyd dit weg vat .Ek is nou op die stadium waar die ogge ingee ,maak n afspraak met die oog arts (wat n mooi naam vir n oog kyker) en hy se ek het van daai Bi- focals of selfs Tri-focals nodig .Twee weke later bel hy my en se die brille is gereed .Nou ek weet nie wie almal hier dra sulke goed nie maar laat ek julle vertel van my insident .Stap by sy kantoor in hy sit die goed op my gesig en verduidelik die boonste lens is vir ver kyk ,hulle deel mos die lense in sulke dele op .Die middle lens is vir normal kyk en die onderste lens is vir om die etikette op my medisyne bottles te lees .Okay ek het dit, met die stap die ou uit en los my alleen met Bennie Boekwurm se brille .Ek sit by die tafel en kyk na die deur se kant .Maar hoekom lyk die deur nou so ver kannie onthou dat ek so lank geloop het nie na die tafel .Raait staan op en binne 5 tree is ek by die deur maar nou is daar n ander problem die deurknop lyk soooooo groot .Voel voel met hand vind die knop maak die deur oop en stap uit .
Juslaaik maar hierdie is n lang gang na die Hysers en weer na n paar tree is ek by die hysers.Snaaks ek moes seker groot tree gegee het om so vinnig daar te kom .In elk geval die hyser se deur gaan oop .Probleem no 2 dit lyk vir my die hyser het tussen 2 vloere gestop daar is so n trap wat ek moet opklim om in die hyser te kom.Ek tel my been hoog op nou vir die trap, die mense in die hyser staar my oorbluf aan maar se niks en so sukkel ek om in die hyser te kom .Nou staan ek in die hyser maar probleem no 3 almal staan so te se op my

Genadiglik bereik ons die grond vloer en n ou dame help my van die trap af en ek stap buite na die straat ek moet die straat oorsteek .Probleem no 4 die sypaadjie lyk so 6 voet van die teer af .Ek sak af tot ek hande 4 voet is en so bekruip ek die teerpad .Kyk die pad af vir karre en sien 1 daar ver aankom begin fluks oor die pad stap volgende oomblik is dit net brieke en toeter die kar skuur my rakelings verby.Verskrik steier ek agter uit en beland op my sitvlak op die teer .Ek hoor n stem wat vra of hy kan help ,kyk toe op en al wat ek sien is n neusgat .Okay die neusgat help my op en ek vra dat hy my net kan help tot by n Tiekie Box ek moet my vrou bel .Bel my vrou ,sy antwoord en ek is nou in trane Asseblief kom haal my ek het die nuwe brille maar kannie lekker sien .My vrou is nie baie simpatiek nie sy se net Jou poephol haal die brille af en kom huistoe .


die storie op n ander forum geplaas gedog ek sit dit hier ook op

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus