Jare gelede het ek vir Spoorweg nou deesdae Transnet of is dit Wagnet gewerk .Die geld was min en om privaat huis te huur was buite die kwessie .En so kry ek toe 1 van daai befame Rooi baksteen Spoorweg huisies om te huur met baie billike huur amper asof ek gesponser word deur die Spoorweg .In elk geval omdat ek ook nagdiens werk is ek die dag by die huis sien toe laat my gras nou amper heup hoogte is en besluit ek sal my bossie vreter (weed eater) moet laat kennis maak met die lang gras .Daardie jare het die bossie vreters net uitgekom nogal elektries ook en dink daai goed was nie behoorlik getoets by die fabriek nie die verbruikers was die proef konyne dis my insiens .So gaan ek en die bossie vreter aan totdat daai motortjie so effens warm raak en toe short hy maar hy short nie sommer so nie die krag hardloop in daai aluminium handvatsel ook in .
Nou kyk die huise was goed gebou daai jare en die trip meter het behoorlik sy tyd gevat om uit te skop intussen staan ek buite besig om n Elvis personation na te maak kompleet met die heupe wat swaai en elmboog wat na agter toe swaai .Genadiglik besluit die metertjie hier is fout en hy trip .My ruk bewegings kom onder beheer en op jellie bene vaar ek die stoep op en gaan sit vrywillig op die trap .Lekker vies vir die bossie vreter los ek hom sommer net daar waar hy geval het .Gooi vir my n Coke (sonder versterking) ek moet werk die aand .Laat middag kom skoonpa daar aangery ek sit nog op die stoep .Hy stap nader en sien die bossie vreter daar le en rerig nog voor ek hom kan keer tel hy die ding op en druk daai knoppie .Skoonpa het n kortbroek aan met sy vellies en kouse toe daai Eskom met hom begin praat sien ek net sy maer wit beentjies klap so toe soos n oester sal maak as daar sand in sy bek kom .Die ou se kniekoppe stamp so aanmekaar ek dog hy het permanent skade .En weer besef die metertjie daars fout en trip in die huis .Skoonpa gooi daai bos vreter dat hy soos Javelin deur die lug trek en amper my tref op die stoep .Nou heel bedonnerd voeg hy my n paar woorde toe wat ek nie hier kan herhaal
Dis toe wat ek besef ek sal maaar moet oortyd werk sodat ek ook n tuin dienste kan bekostig soos daai Larnie manne in EGOLI .Skoonpa het my nooit vergewe vir daai poets (soos hy dit stel ) wat ek op hom getrek het nie hy het sy dogter daarvan vertel en op haar beurt is ek nou sekere huweliks regte ontneem
Cheers





Arme ou toppie
Arme ou toppie