Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -5 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -5 hours ago

Verlendheid

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Word Petra en ek uitgenooi na n formele dinee.

Die uitnodiging se duidelik "Black tie only"

Koop toe maar vir my n swart das, en wragtag toe ons daar aankom het al die manstuxeds aan!

Ek kon my indink in watse verleenthied die spul mans was omdat hulle die uitnodiging geignoreer het?

Waar my wa staan

Arie

Fri, 07/07/2017 - 11:37

Ek sien ek het ook 'n nuwe woord hier begin, die normale spelling vir verleentheid is met twee e's en dan seker ook 'n t en nie 'n d nie - dis wat gebeur as mens haastig op die tablet probeer tik!

Hoe slaan ek my naam nou met 'n plank?

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 07/07/2017 - 12:22

Toemaar Arie, dit is die BLACK TIE se skuld.   As mens heeljaar kamp en skielik 'n black tie moet dra, dan sny hy die bloedvloei na jou brein bietjie af.

 Het jy toe darem die ouens in hul tuxedo's ingelig wat "black tie" beteken?surprise

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 07/07/2017 - 12:37

Nee wat ek het hulle gelos, netnou kry ek weer doods dreigemente?

Moet se, met my kaal lyf en die swart das het ek baie meer aandag gekry as al daai ouens met hul tuxedos!

Petra was die dinges in vir my, sy het so spesiaal ogedress in haar aandrok, en toe trek ek al die aandag van haar af!

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 07/07/2017 - 12:40

VW, die mense gaan my nou so spot oor my moewiese blaps, ek het al klaar 'n afspraak by 'n sielkundige gemaak om my oor die verleentlikheid te help!!

Ek oorweeg sterk om die forum te verlaat, jy weet soos in "kamer verlaat" onthou julle nog van jul skooldae?

Maar moenie worry nie as ek terug is van daai klein kamertjie dan sal ek maar weer hier kyk.

Ek is net vrek bang vir Speknek, of Oge, soos ek hom ken, kyk daai man gaan my darem maar spot en terg hoor!

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 07/07/2017 - 13:47

Verlendheid ...hahahahaha

Een vir die woordeboek Ja.   Klink vir my meer asof dit kan afstam van die woord  "verleng"  -  wat dalk van toepassing kan wees?

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 07/07/2017 - 14:35

Ekke hou julle dop!!!!!, sal die situasie oordra aan . . . . .  hene, vergeet ek sy naam nou 
HEELTEMAAL!!!!, maar hy het sulke langerige hare, is die admin manager of chief induna, ek kan nie meer onthou nie, maar hy sal julle se bekke kom uitspoel met seepwater , , ,  of is dit nou brandfyn???, kan wragtag nie meer lekker onthou nie!!!!

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 07/07/2017 - 14:47

Ekke het daai naam!!! RAASWATER???  VAALWATER!!!!!! of is dit GRYSBAARD??? ekke dink hy is maatjie van Voorie, hy gaan julle bykom met kweperlat oor julle se . . . 

o, gaats, nou weet ek ook nie eers meerr waaroor nie.

OK, troepe, gaan aan met waarmee julle besig was!!!!

0

laugh Arie word ons mos ook uitgenooi na n fancy onthaal .Kyk ek het boere matriek ( std 5 x2) en my vrou is nie ver agter my nie .By die "grand affair ) word daar na skilderye gekyk en kommentaar gelewer soos die 1 gas aandui dis n Rembrandt skildery my vrou om nou nie dom te klink se vir die gas Ja ek weet my Pa het vir jare sy sigarette gerook .En die Picaso skildery ohhh se my vrou hy het vir ons gewerk op die plaas .Nou heel verleent roep ek my vrou eenkant toe en se vir haar Jinne vrou jy het ons  nou sleg in die skande gesteek met jou onkunde maar toe maar hier is geld gaan koop vir ons kostuums ons is uitgenooi om volgende week Swan-Lake te gaan sien

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 07/07/2017 - 15:16

Jou vrou en Petra behoort goed oor die weg te kom.

Alle grappies op n stokkie,wasjulle toe by Swan Lake, is daar n karavaan park?

Al so baie van die plek gehoor en ons wil nog altyd so bietjie daar gaan kamp.

0

Arie lekker lag ek nou vir jou vraag ekskuus man ek het gepraat van Swan - Lake die opvoering maar om jou te antwoord het ook gehoor van die Karavaan oord maar was nog nooit daar nie

0

Se Arie dit lyk asof my vrou en sy vrou lekker oor die weg gaan kom .Kom ek by die huis en vroulief in trane ek vra En nou my duifie .Huil , snik en trane se sy Ek het die eiers al n halwe dag gekook maar hulle bly hard

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 07/07/2017 - 20:07

Nou hoe lank was die swart das?   Het hy darem die family jewels bedek?   Ek hoop wragtig dit was nie 'n strikdas nie!!!!

Frans, join the club.  Ek weet ook nie meer waaroor die draad gaan nie.  Dasse, ballet,  groot oge, eiers.  Ag ek weet ook nie meer oor wat nog nie!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus