Ek is besig om vir my waterkan 'n permanente koppeling te maak, dit moet onder die reiskombers uit kom, en dan na die waterkan aan die onderkant in spuit.
Dit moet kan vul en ook dreineer soos nodig.
My ou 2005 Penta het nog voor giesers uit gekom, net met die waterkan voor in die neuskas.
Het reeds paar Gardina koppelings en stuk tuinslang gekry, vanoggend vir my 'n 25L kan by Gibon karavaan kliniek gekry, (met kraan) nou net vir die gekoppel en dan 'n manier om die uitvloei te beheer.
Het ook reeds 14mm gat geboor waar die pyp deur die neuskas se vloer moet gaan.
Enige voorstelle en veral fotos / sketse sal baie help.
Deon, dankie vir die…
Deon, dankie vir die belangstelling, nee die kraan moet ek 'n stop kraan by sit.
Die karavaan het wel water binne, maar ek moet dit nou split na die buite kombuis, sal dus 'n T-piece en 'n stop kraan iewers moet insit.
Ek moet ook die blou pompie van buite af kan aan en af sit.
Ek get iets soort gelyk…
Ek het iets soort gelyk gedoen vir my trailer se kombuis. Sal vandag kyk of ek fotos het. Ek het ook so n blou pompie gebruik. N skakelaar in gesit by die kraan. Die krane met die skakelaar ingebou is net te duur gewees vir my projek
Baie Dankie Deon, ek gaan…
Baie Dankie Deon, ek gaan vandag nog my dogter-hulle help plafonne insit, sal dus weer eers vannaand kom inloer hier.
Ek is so te sê klaar, moet…
Ek is so te sê klaar, moet nou nog net uit werk hoe om die water te split dat dit nie na binne toe loop as ek die krag aansit nie. Dit is vir daai blou 12v pompie.
Sorry Johann. Dit het hier…
Sorry Johann. Dit het hier weer rof begn gaan en ek kry nie tyd vir die fotos soek nie.
Dankie Deon, ek het reg…
Dankie Deon, ek het reg gekom, net bietjie kop skoon gemaak van al die gewerk by my dogter-hulle. Plafonne is in, plumbing gedoen en haar opwas kamer is klaar.
Nou kon ek weer vandag op my eie dinge fokus.
Baie dankie vir die aanbod om te help, ek waardeer dit baie.





Johann met die koppeling,…
Johann met die koppeling, gaan die kraan waaraan dit gekoppel word oop bly en n systeem insit wat dan self toe maak as die kan vol is ?
tot waar wil jy die uitvloei hê, met anderwoorde wil jy n kraan he wat in die tent vir jou kan water voorsien?