'n Vrou wil baie graag 'n papegaai hê en sien die dierewinkel adverteer 'n African Grey vir R400. Sy gaan na die winkel en sien dit is 'n pragtige, gesonde papegaai.
"Hoekom is die papegaai so goedkoop. Hulle is mos gewoonlik baie duurder"
"Ja, mevrou, maar die papegaai het in 'n bordeel gebly en alhoewel hy baie goed kan praat, is sy taal bietjie kras"
"Ag nee wat, dit sal my nie pla nie, ek sal hom koop"
Terug by die huis, bekyk die papegaai die wêreld om hom en sê:
"My hel, 'n nuwe bordeel en 'n nuwe madame"
"Nee, luister mooi, hierdie is jou nuwe huis, dit is nie soos daai huis waarvandaan jy kom nie"
Die vrou se twee dogters kom by die huis en die papegaai sê:
"My hel, 'n nuwe bordeel, 'n nuwe madame en twee nuwe prostitute"
"Nee, ek sê mos, jy moet luister, hierdie is jou nuwe blyplek, nie die bordeel nie"
"n Rukkie later kom die vrou se man by die huis en die papegaai sê:
"My hel, 'n nuwe bordeel, 'n nuwe madame, nuwe prostitute, maar dieselfde ou customers"
Gryswater, het ek nou weer…
Gryswater, het ek nou weer oor die lyn getrap?
Die ongeskikte papegaai moet my nou net nie in die moeilikheid kry nie!
Ek het die papegaai vasgevat…
Ek het die papegaai vasgevat en hy praat nou mooier.![]()
'n Vrou loop by 'n diere…
'n Vrou loop by 'n diere winkel verby en sien die ouklikste papegaai daar binne. Sy stap toe in bekyk die papegaai en koop haar toe. Dit is toe 'n wyfie papegaai (Mammagaai)
Terug by die huis sit sy haar in haar hokkie. Toe sy omdraai begin die papegaai verskriklik te vloek. Sy het alles probeer maar die papegaai kon nie ophou vloek nie.
Eendag kom die dominie kuier en die vrou vra hom verskoning en verduidelik dat sy die papegaai in 'n dierewinkel gekoop het en dat sy verskriklik kan vloek.
Die dominie vertel haat toe dit is in die haak maar hy het vir haar 'n oplossing. Hy het twee papegaaie by die huis en hulle bid deur die hele dag. Sy moet haar papegaai bring en dan by sy twee mannetjies in die hok sit en hulle sal haar kan genees.
So gesê en so gedaan. Die oomblik toe die wyfie in die hok gesit word kyk die een mannetjie vir die ander een en sê: "Broer ons gebede is verhoor"





Freda!
Freda!