Nou die avontuur het begin met beplanning vir my en Berdien se wynroete 2019. Ons gaan onderandere by Mountain Breeze kamp vir 3 dae . Ons soek nog kamp plekke help n bietjie asb . Wat se tyd is die beste om te gang ? Ons het twee weke wat ons so wil toer , waar ons gaan kamp, wyn en kos proe, rond ry wyn koop en weer proe. Julle deel van kennis sal hoogs waardeur word. En ja as ek terug kom Mpumalanga gaan / moet my trailer vol wyn wees Dis n toer wat ek en Berdien nou al jare oor praat maar niks doen kom 2019 hier kom die mollers van Secunda
Shaun daar is as ek reg…
Shaun daar is as ek reg onthou ’n plek by Kleinplasie Worcester waar jy die verskillende plase op die wyn roete se wyne kan gaan proe en koop. Dit is amper ’n moet om daar by die museum aan te gaan.
’n Paar wyn plase wat ek kan aanbeveel is : Van Loveren. Baie lekker wyn.
Boschendal. Natuurlik dink ek hulle Blank de Noir is die beste. Beslis is die KWV kelders in die Paarl ’n moet.
Die Worcester roete wat die NUY Wyne insluit is ook ’n moet. Nou verlang ek sommer.
Maar als hang af van watter plekke julle wil gaan. Soos Freda sê daar is baie roetes.
Shaun, dit is goed dat jy 'n…
Shaun, dit is goed dat jy 'n paar dae by die kampe oorbly. Ek en my vrou het 'n klompie jare gelede 'n soortgelyke toer deur die Noord Kaap gedoen en net een aand per kamp oorgestaan. Dit was te min gewees.
Lekke
Ons wil soveel moontlike plase aangaan julle roete nog nie eers aan gedink nie Freda en Deon soos jy seDusty ons gaan bietjie oorslaap dis hoekom 2 weke vat ek wil virseker Paarl / Woester / Stellenbosch ja dit gaan mooi beplanning vat maar gelukkig is julle ook hier op te help
Shaun vind 'n bietjie uit…
Shaun vind 'n bietjie uit oor silverstrand of so iets in Robertson en dan ook dalk ietsie in Montagu. Daai is mooi Boland met TOP wynkelders.
Silverstrand Robertson
ek was bitter bitter lanklaas daar, 20 jr ...
Mountain..............
Mountain Breez tussen Stellenbosch en Somerset-Wes is miskien 'n goeie begin. Net 'n entjie van MB in die rigting van Somerset-Wes is Mooiberge Plaasstal. Daar kry jy druiwe of arbeie (hang af watter tyd van die jaar) en baie bekostigbare wyne van 'n klomp kleiner, minder bekende kelders. Dan sal ek ook aanbeveel Montague karavaanpark in die dorp en Skurwekop of Silwerstrand, beide naby Robertson. Tussen daardie vier oorde is daar hordes wynroetes, kelders en eetplekke en drie oorde in twee weke is ideaal as julle al die plekke in die omgewing wil besoek - anders gaan julle baie tyd mors met voortdurend op- en af- pak. Ek dink Maartmaand is ideaal, nie meer te warm nie, wind is stiller en die reën het nog nie begin nie.
Maar dis nog lank om te wag !
Sleep nou, ek het so 'n…
Sleep nou, ek het so 'n bietjie gedink gisteraand.
Mountain Breeze kan jy gemaklik al die Kelders en plase tussen Somerset Wes en Stellenbosch besoek.
Berg Rivier Oord Paarl kan jy dan gemaklik al die Stellenbosch - Paarl en Franschoek plekke besoek.
Vir Roberston tot Montagu hoef jy net een te kies in Robertson / Montagu of tussenin - dan kan jy gemaklik al daardie plekke ook doen.
Lekke Anton
Sien jy nou Anton thanks vir deel beplanning kom aan het alles neergeskryf ek wil graag by Van Loveren en Roberston kellders draai ek hou van hulle wyne .Sien nou die forum kook
Begin more met bookings
Dankie weer aan almal wat hier gehelp het met my en Berdien se wynroete beplanning die bookings word more gedoen en ons doen nou nie die wynroete die jaar nie maar 2020 die datum is vanaf maandag 1 Mei tot 1 Junie 2020 roete soentoe tot by Stellenbosch so 1605 km totale roete soentoe en terug met rondry rof weg ingewerk so 3800 km Ons roete sal Begin vanaf Secunda na Forever resort Gariep 709 km slaap 4 nagte sal ons eerste keer hier wees Dan vanaf Gariep dam vertrek ons na Beaufort wes 454 km slaap oor by Karoo national park ook vir 3 dae dan vertrek ons na Worcester 355 km hier bly ons by Skilpadfontein 4 dae dan vertrek ons vanaf Worcester na Paarl 54 km hier gaan ons slaap by Berg Rivier oord vir n week en dit gaan ons basis punt wees om soveel wynplase rondom Paarl en Somerset Wes te verken dan vertrek ons vanaf Paarl na Stellenbosch so 32 km hier sal ons oorslaap by 2 plekke vir 4 dae en ook gebruik as basis punt om nog wynplase te besoek en ook te draai by Robertson en sy wynplase n total van 22 dae se pret kyk soek eet proe en koop van lekke wyne dan sal ons terug ry tot by Beaufort west een nag oorslap vertrek dan na Gariepdam slaap oor vir 2 dae vandaar terug na petrol dorp waar ons vyf dae het vir uitrus . Wynlande wat ek graag wil besoek is 1 KWV 2Van Loveren 3 Backsberg 4 Du Toitskloof 5 Robertson 5 Boschendal 6 Rooibok kloof dis my top 6 maar daar is nog baie ander wat ons sal besoek gedurende die tyd hoop ek julle nie verveel nie jip dit gaan baie lekke wees
ATKV Goudini
Middag Sleepnou
Ek is seker die Kapenaars sal die beste weet, maar ek beny jou wat daar gaan rondsleep [na al die wyn proe],
Daar is natuurlik Goudini spa, aan Worcester se kant van du Toitskloof pas wat jy ook kan oorweeg.
Laasweek het die ouens ook de Hollandse molen aanbeveel, tussen Paarl en Franchhoek.
Dan moet jy Pinot Noir gaan proe by MURATIE, buite Skelmbos.
Geniet, en onthou die uitspoeg reel
Wessel
Dit klink darem nog so vêr…
Dit klink darem nog so vêr in die toekoms, Shaun. Nou wat gaan julle in 2019 doen?
Die tyd gaan ook nou se dae so vinnig verby, dit is eintlik net om die draai.![]()
Shaun..............
.............wat gaan nou aan - hoekom die uitstel na 2020 ?
My kommentaar :-
- Om vir 'n maand lank wyn te proe kan 'n "kopseer" word
- Ek huil my dood as ek aanmekaar wyn moet uitspoeg
- Gaan julle kamp of "tussen die wit lakens slaap" ?
- ATKV Goudini : lekker soos aanbeveel, maar bly weg oor naweke - dag- en naweek-besoekers is 'n groot probleem
- Meimaand kan dalk redelike reën in die Kaap oplewer
- Daar is baie ander interessante dinge om in Kaapstad te doen:- Kabelspoor tot op Tafelberg (as jy of jou vrou in Mei verjaar, kan jy gratis opgaan met die kabelspoor); Chris Barnard Hart-museum by Tygerberg Hospitaal; Distrik 6 Museum; die Nasionale Museum in Adderleystraat langs die Grootte Kerk; die Waterfront; en nog baie ander
Stem met Len. Ek het in 2010…
Stem met Len. Ek het in 2010 vir 2 weke by Bergrivier plaas en vir n week in Moutain Breeze gekamp. Ek het 2 wynplase besoek en toe was dit genoeg vir my gewees. Ek is nie groot wyndrinker nie. Plekke te besoek vanaf Waenshuiskrans tot by Kaapse punt met al die kusdorpies is vir my meer waardevol om te besoek as al klomp wynplase. Vir my die beste tyd om Kaap te besoek is vrugte tyd Jan - April.
Shaun, hoekom nie met die…
Shaun, hoekom nie met die terugkom via die N2 verby Swellendam tot by Hartenbos. Vandaar kan julle ook Jakkalsvlei besoek in Herbertsdale. Dan kan jy of via Robertson Pas of Outiniqua Pas Oudtshoorn omry tot by Beaufort Wes.
Ek gaan inwerk
Dankie julle daai werel maar vreemd was in 1975 laas daai kant wat n skande Hennie ek gaan my roete aanpas het uitgetel Len / Antie want ons wil kamp en koop eers Oktober die karavan sal hier en daar gebruik maak van gastehuis maar 90 % kamp Wessel ek vergeet van Goudini spa gaan vanmiddag google map en my roete en verblyf aanpas dankie vir julle insette dis julle wat maak dat forum voort rol![]()
EK sal so 'n trippie eerder…
EK sal so 'n trippie eerder in Feb - Maart doen. Ek drink ie wyn nie, net bier. ![]()
Anton gister aand
Daar was n paar mense wat my ook aanbeveel het soos Noel op forum om eerder vroer te gaan so ek en Berdien sit vanmiddag na werk en gaan roete oor doen sowel verblyf en dan sal ons boekings doen dis wat so lekke is die forum vrinne my die wereld meer sigbaar gemaak daai kant toe wyn uitspoeg nee verseker nie ek hou regtig van n goeie wyn![]()
Ek stem met Voorie dat die…
Ek stem met Voorie dat die roete eintlik Feb/Mrt aangepak moet word.





Shaun, dit klink nou na 'n…
Shaun, dit klink nou na 'n bobaas toer. Ek sal self daarvan hou om so iets te doen, alhoewel ek en wyn nie eintlik maats is nie. Gee my kopseer. Maar julle gaan nie tyd hê vir kopsere nie, voor die kopseer kom, drink jy hom alweer weg met nog wyn.
Hulle beter daai vate leegmaak in bottels vir die Mollers, lyk dit my.
Watter areas wil julle na toe gaan? Daar is soveel wynroetes om van te kies.