Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -4 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -6 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -13 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -16 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -16 hours ago

Tyd vir alles

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums
So kom daar n tyd vir alles! Ons het nou amper ses maande in KZN deurgebring en nou gaan ons weer n slag binneland toe. As alles regloop en die weer speelsaam sal ons komende Saterdag begin pak. Behoort Maandag klaar te weesen kan ons dan Dinsdag oggend na ontbyd die pad vat. Ons kan nie wag om ons kinders en kleinkinders weer te sien en bederf nie! Ook intussen dat my seun vir ons n nuwe Add a Room koop, vir hom geld oorgeplaas en die tent le nou daar by hom in Krugersdorp. Nou moet ek nog net n nuwe dubbel hooftent koop? Wat maak mens met die ou tente, pale en toue? Die weer is nou pragtig hier by ons, ek le nou al drie oggende soos n vrotvel op die strand en bak in die son, lekker verby. Ek raak vreeslik depresief as ek nieson sien nie, en ek MOET van tyd tot tyd die son op my vel voel bak! Wou vanaand braai, twee lekker groot 25mm dik T Bones le nou al van gister en week in Castle se Milk Stout, plus nog so paar van my geheime goetertjies by, nou lyk dit so al of die reen my planne gaan deurmekaar maak,? Sal maar kyk......?
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 25/10/2017 - 16:28

Ek glo julle sien uit na alles wat nou weer voorlê.   Ek dink na 6 maande daar langs die see, kan julle nou sê : "been there, done that".    Tot volgende keer...........

Julle moet rustig oppak en die trek na die kinders en ander plekke geniet.   Ons vertrou jy en Petra sal altyd veilig wees.   Wat is die volgende karavaanpark?

Braai maar die T-bones vanaand, jy skrik mos nie vir 'n bietjie reën nie.laugh

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 25/10/2017 - 20:03

Julle was lank by die see Arie julle sal verseker binne land geniet lekke oppak veilig terug sleep

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 26/10/2017 - 08:42

Besef ek nou hoe bevoorreg ons gaan wees om saam met Mnr Mooiman te kamp by Drie Berge en by Mabalingwe!    Hy gaan sy heel beste voetjie moet voorsit.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 26/10/2017 - 09:24

Voortrekker, ek is bly om te sien jy het so 'n positiewe uitkyk op die lewe, mooi man!     Ons wag in spanning om te hoor of Arie hom toe eerbaarlik of oneerbaarlik gedra het.

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 26/10/2017 - 09:39

Stoffel, ja ons sal seker eers Saterdag begin skoonmaak en pak, dit gee ons so drie dae wat genoeg is. die skoonmaak is die grootste job en neem die langaste!

Voorie, twee dinge; die Mnr storie is saommer BS ek was nog nooit en sal ook nooit 'n Mnr wees nie, dit los ek maar vir Zuma en uncle Bob! Tweedens, altwee my voete is ewe sleg, hoe gaan ek nou die beste een voor sit??

Antie Frieps, jy behoort te weet dat ek ALTYD eerbaarlik is en net die eerbaarlike goed doen?

Terloops die reen het my toe darem kans gegee om die T beentjies klaar te braai, lekker af gegaan met saza en train smash, dit is Rhodesies vir pap en sous.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus