Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57240 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -6 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -27 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -30 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -41 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -52 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -1 hour ago

Brood resep laat loop

Secunda
Submitted by Sleep nou on Thu, 26/10/2017 - 11:25
Forums

 

More julle ek het n lekke potyster broodpan met deksel gekoop virrie kamp om brood te bak nou dis hier waar julle inkom deel met my n eenfoudige brood resep wat ek op die kole kan maak wat vir julle werk

Laat loop met daai resep

 

Port Elizabeth

Antie

Thu, 26/10/2017 - 12:06

Shaun, ek is nou gladnie 'n kundige potbroodmaker nie.   Ek knie gladnie, so gekoopte deeg is ons voorland vir suurdeegbrood.  Jy kan nog steeds allerhande lekker goeters daarby voeg, sou jy wil.  Dan moet dit natuurlik eers rys voor jy dit gaarmaak.

Vir my is 'n makliker keuse 'n bruismeelbrood of bierbrood.   Dan meng jy net die broodbestanddele en jy kan enige iets byvoeg.  Bv. Blikkie geroomde mielies, kaas, bacon, gebraaide uie, olywe, knoffel, bruin uiesoppoeier, ens.  Jy kan jou eie smake ontwikkel.

Die bestanddele vir die 2 broodjies is:

Bruismeelbrood:    500 gr Self raising flour, 1/2 t Sout,  1 k Melk, 2 eiers.

Bierbrood:  500 gr Koekmeel, 1/2 t Sout, 340 ml Bier

Smeer altyd jou hele pot van binne en die deksel van binne goed met olie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 26/10/2017 - 21:42

Shaun, dit is nou 'n oulike draad die, ek is mal oor so warm korsie met dik regte botter op, net so, sonder konfyt of enige iets.??

Ek is op soek na 'n aluminium potbrood pot, kon nog nêrens een kry nie. Die gewig ding jy verstaan, nie myne nie, die Penta sin?

Secunda

Sleep nou

Fri, 27/10/2017 - 07:26

Ek het n bush baby gekoop by die groen checkers vir 265 gemaak van potyster die naweek gaan ek hom toets

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 27/10/2017 - 07:49

Geniet daai potbrood,  ek proe hom sommer, skoon jaloers?.

Term