"Ons is nie lief vir KZN se klam bedompege weer nie en Surette sê die sand is eerder soos revier sand waarmee jy ‘n huis pleister."
Lees en kyk bietjie hoe Wilsur Kamp: WilSur kamp so

VOORTREKKER: O ja. EK wil graag weet, op die 2016 Klein Kariba foto, wie sit daar saam onder die tent?
LEN LOADER: Dankie Willem, lekker gelees hoe die Brits-gesin kamp. Ek hou van die afwisseling van julle langkamp in Desember want ons is geneig om jaarliks by dieselfde oorde te kamp en moet miskien 'n aanpassing oorweeg. Daardie 2011 Ford Terroris, is dit nie tyd dat hy vervang moet word nie - hoeveel kilometers het hy al afgelê ?
SKI: Die mense kamp lekker
Nee wat Willem, het dit al…
Nee wat Willem, het dit al baie gese, daar is min wat 'n wa kan sleep soos daardie ST.
Territory ST
Kyk nou net, ek kry hierdie draad wat ek lankal van vergeet het, ek wou iets oor die Ford sê en soek toe "Territory ST"
Terugvoer
- VOORTREKKER: O ja. EK wil graag weet, op die 2016 Klein Kariba foto, wie sit daar saam onder die tent?
Dit is Gideon Kleyn of dan OupaGideon, hulle kom ook Sionbergh toe. - LEN LOADER: hoeveel kilometers het hy al afgelê ?
Die Ford staan nou eers op 152,000 km, hy sal maar nog lank voor die Exclusive moet loop.
Ok, wat ek van die Ford wou sê is:
Dit is nou al geruime tyd dat ek agterkom die Fors wil nie altyd lekker vat as ek die sleutel draai nie. Ek het dit maar toegeskryf aan dat hy nou se dae min loop.
Gister moes ek Wijan by die skool gaan haal en die Ford vat net-net. Rys so draai skool toe met die hoop die battery sal mooi laai. Daar gekom sluit hom af sonder om die radio aan te sit, gesels met 'n vriend wat ook daar wag. Laai Wijan in en daar sukkel die Ford, maak daai "kir-kir-kir" geluid, toe besef ek dit is battery.
Ry toe maar na Battery Centre toe in VD Hoff, toets hom en R1,479.98 later is ek weer op die pad.
Die ou wat hom geruil het sê die ander een was in 2014 ingesit.
Territory battery
Middag Willem
Ek het netso gesukkel met batterye in my Ford. Ek het gevind dat as ek min met hom ry[ lank] teenoor in dorp rond ploeter, hou die battery nie. Ek is in 'n saamryklub, dus is daar 2 weke wat my Ford net gestaan het, behalwe die ploeter oor die naweek.
Toe vind ek uit dat die korrekte grootte battery [Amp.hr], fisies nie gepas kan word in die kas nie. Sodoende sit die ouens elke keer maar 'n effe kleiner battery in. Ek moes elke 18maande die battery vervang.
Ek het later 'n C-teq laaier gekoop en elke Saterdagaand die battery maar gelaai, en kon die battery hou tot ek weer die week werk toe moes ry.
Ek vermoed daar is net te veel elektronika wat aanhoudend milli amp stroom trek, en battery kry nie kans om vol te laai nie. Dan ook, daardie 4 liter masjien wil stroom hê om te swaai.
Hoop nie jou nuwe battery is ook te lig vir jou kar nie.
Wessel
Hoop ook nie so nie, dit is …
Hoop ook nie so nie, dit is 'n 638, wat ook al dit beteken.
Territory battery
Middag Willem
Jy het gister die battery gekoop, met 'n waarborg. Dus ek stel voor jy gaan terug na Battery center en vra dat hulle naslaan watter grootte battery jou kar eintlik moet hê. As dit nie 'n 638 is nie, het hulle 'n te klein battery moontlik ingesit.
Ek kan gladnie die nommers onthou nie. Ek weet wel dat ek nie die korrekte Amp-hour battery gepas kon kry nie.
Wessel
Dankie, sal so maak. Sodra…
Dankie, sal so maak. Sodra die krag terug is sal en vir tannie Google ook vra.
Dit is Gideon Kleyn of dan…
Dit is Gideon Kleyn of dan OupaGideon
Vat jou darem lank om te antwoord ![]()
Ja oom Trekker WesselDit…
Ja oom Trekker ![]()
Wessel
Dit is wat ek kon opspoor, nou moet ek net uitvind wat die Ford nodig het.
Hier is wat ek kon kry wat hulle voorstel.
Oom Willem...
Het die vir oom gekry
Ek het 'n e-pos gestuur en…
Ek het 'n e-pos gestuur en Carin van Probe Group het my laat weet die 638 is die regte een gelys.
Dankie Gerhard, altwee sê die 638 is die regte een. Dixon se prys is net beter, maar wat maak jy in nood ? Kry die beste by die naaste plek.
(teen hulle prys)
Oom Willem...
Oom Willem die prys is nie sleg wat oom betaal het nie. Dis net altyd goed om te weet dat die regte parte voorsien is
Ford Territory ST ...
Ok, ek gaan nou dié gespreklyn gebruik vir die Ford sodat ek nie elkekeer in die Exclusive hoef vas te kyk nie. 😉
Nou ja, my "bonnet" kabel is so vas ek kry nie die ding oop nie. Het gekyk op "youtube" en dis om die minste te sê 'n "bollie job". Die ouens hie naby my war kabels op maak sê ek moet hom uithaal dan maak hulle een vir R350+ vat. Kontak toe vir Ford (paar takke), kry toe 'n nuwe een by hylle vir R296+ vat en die een handelaar vra my toe net onder R1000 om hom te vervang, die ander vra 2 ure teen R1005 / uur.
Môre is dit tyd om hom in te vat en ek moet maar wag tot hulle klaar is. ☹
Ok, nou weet ek watse lang…
Ok, nou weet ek watse lang wag jy na verwys in die koffie draad. Dit help seker om te lees ![]()
Ford Territory ST ...
Nou ja, ek sit nog steeds hier en wag. Die kabel wat hulle van Ford gekry het pas nie. ☹
Hulle het my 'n voertuig aangebied maar ek het mense wat my môre oggend kom sien so ek wag maar nog 'n uur, dan behoort hulle klaar te wees.
Sit jy nog....
Môre Willem
.... daar, of is jou kabeltjie reggemaak?
Die Ford ...
Darm terug by die huis.
Hulle het my toe Dinsdag middag gesê hier is 'n voertuig om huis toe te gaan. Gister middag bel hulle my en sê hy is reg maar ek kan wag tot vanoggend en hom kom haal.
Die kabel wat hulle van die fabriek gekry het was verkeerd, het toe later die regte een gekry. Ek het gevra hulle moet die een olie sensor ook vervang want laas het die olie lig steeds aan gekom na hulle toe met 'n ander druk meter die druk gemeet het en wat reg was. Ek het toe op die Ausnie fb blad gevra en hulle het gereken dalk is die sensor se kalibrasie nie reg nie. Wel hulle het hom geruil, maar steed het die liggie aan gekom toe vervang hulle die olie temp. sensor en daar is als weet reg.
Ek is baie tevrede met hulle diens aangesien hulle my nie ekstra arbeid gevra het nie, net vir die twee sensors en die kabel R 959 en arbeid R 935 = R 2178.79 + vat.
Nou is ek weer gerus want die olie liggie is dood. (Hoop nie hulle het net die liggie uit gehaal nie. 😉)
Sal hopelik 'n draai maak by Syds Suspension vir 'n kwotasie.
Kwotasie vir vering?
Middag Willem
Nou waarom wil jy 'n kwotasie kry vir die veerstelsel?
Die Ford ...
Is mos maar die Territory se kwaal.
Daar is 'n klak-klak geluid en vermoed van die buste / rubbers is gedaan.





Ford Territory ST
Len
Dit is 'n 2009 model, het hom in 2011 gekry van die fabriek.
Ja ek het al gewonder, die nuwe Everest 3.2 is in my hart. Maar so met tyd het ek saam gesels om die vuur. Surette se broer sê toe kyk na die ML want jy kan hom goedkoop kry ?
Die naweek van 'n ML500 gehoor wat sakpas is. Dit is die petrol nie diesel modelle nie.
Maar die ST sal vir nou nog moet doen.