Laat ons bietjie lag oppie Maandag.
Julle laat my nou sommer na…
Julle laat my nou sommer na my oorle Pa verlang.... hy het altyd vir my gesê " my kind die eerste indruk wat jy maak moet n diep een wees"
Op n ligter noot
Die ou dame is n getuie in n hofsaak .Die beskuldige se prokereur staan voor haar en vra haar
Ken u die beskuldige
Ken ek hom hy is n regte rubbish ,dronkgat en slaan sy vrou
Ok ek sien se die prokereur En se my ken u die aanklaer
Oh ja beslis se sy Hy is n vroue verneuker ,dobbel al sy geld by die Casino n regte nikswerd
Die magistraat roep die 2 nader na sy tafel en fluister
As 1 van julle boggers vra of sy my ken sluit ek julle op vir minagting van die hof
Boksburg is toe rowwer as…
Boksburg is toe rowwer as Brakpan.
Jannie kry vir hom 'n Boksburg girl en gaan op 'n eerste date. Hulle kom by haar flat en sy gaan gooi haarself neer op die bank en vra, "Wat wil jy nou van my hê?" waarop Jannie antwoord, "joupantie op jou knieë".
Die girl sê "byt vas, ek gaan gou een aantrek!"
Hoe kan oom Frikkie so dom…
Hoe kan oom Frikkie so dom wees.... so baie koeie ruil vir net een....
Meisies en hulle kerels
Hierdie storie is opgedra aan alle Pappa's wat mooi dogters het
Daar is min soorte mense wat deesdae hul vuurwapens stewiger en meer gereed vashou as ’n transito-veiligheidswag in Suid-Afrika. Een van daai min soorte mense is ’n pa met ’n mooi veertienjarige dogter. Met ons staatshoof as rolmodel en gratis kondome by skole is daar ’n klimaat geskep waar hiënas na ’n gratis spitbraai genooi word. Ek loop met my gewere oorgehaal en bejeën elke lid van die menslike spesie, wat net lyk of hy in die besit van ’n penis is, met besonderse suspisie en gereedheid.
So kom kuier daar so takhaar ,oorbel en tattoes gedierte mos vir my Lollie .Ek kan sommer aan sy sagte handjies sien die kerel en werk het lankal n uitval gehad en ek wonder waar het ek as ouer gefaal dat my dogter so n gemors sal huis toe sleep .So ook by die intrap slag Ballie hy my hier en Ballie my daar . Heel kalm deel ek hom mee dat hy nog so sal Ballie dan sal die dokter se Le mooi stil jy het n week gelede baie seer gekry .
In elk geval ek se vir Lollie dat 10 uur is ligte af en sal die drek nie vir my se Is okay Oom ek het in elkgeval nie gekom om boek te lees nie Man ek vererg my vir die vent en gryp hom by sy kraag en broek “crotch” gedeelte en draf fluks met die mannetjie na die voordeur maar nie direk uit nie ek laat hom eers teen die deur kosyn vasdraf .Lollie skree nog Asseblief Pa wees bedagsaam en vriendelik I LOVE HIM .Se moer se ek dis toe wat die mannetjie dit durf om so mak swaaihou na my te stoot ,pappa waar was julle toe knoop ek daai speciman van n mens julle ken daai “Pretzil grip “ sy poephol is waar sy gesig gewees het sy arms waar sy bene sou wees en net vir die sports laat ek hom sy eie hol ruik .
Skielik kom daar n swak stemmetjie van onder erens Asseblief Meneer ek is jammer regtig jammer laat my los en ek belowe ek sal nooit weer my voet hier sit nie .Intussen kerm Lollie dat sy nie sonder hom sal kan lewe nie . In tussen kom Mamma kyk wat se bohaai is dit en sy se Kerneels is jy al weer ongeskik los die man en gaan drink jou medikasie .Nou vir wat steek vrouens altyd hulle neuse in sake wat hulle nie aangaan nie ek gee die man se nek nog so lekker twist net so dat hy verstaan ek meen besigheid .Moet darem byvoeg ek het hom nog nooit weer gesien en ek het n patroon of twee gespaar weet julle hoeveel kos patrone deesdae .In geval jule wonder Lollie het dit gemaak al het sy gese sy kan nie sonder hom lewe nie jaaa kerels om n Pa te wees is ook nie altyd maklik
Lekker Dassie, ek het nou…
Lekker Dassie, ek het nou goed gelag?
Ware storie, nê!
Van der Merwe stap op die strand naby Knysna en tussen die duine ontdek hy 'n olielamp. Hy vryf die lamp en daar verskyn 'n gees.
"Wat is jou wens, Meester?" wil die gees weet. Van der Merwe dink diep. "Die meeste van my familie en vriende woon nou in Australia. Ek wil graag 'n brug tussen Suid-Afrika en Australia he sodat ek so af en toe vir 'n naweek kan oorry om te gaan braai." Die gees in die lamp skud sy kop.
"Dis 'n vreeslike wens. Weet jy hoe lank so 'n brug sal moet wees? Die hoeveelheid beton wat nodig sal wees om dit aan die bodem van die see te anker? Die tienduisende kilometer staalkabels om die ding regop te hou? Die miljoene lampies om dit in die nag te verlig?
Wil jy nie die saak goed deurdink en iets Anders kies nie?"
Van der Merwe dink weer. Daar is nie regtig iets anders wat hy wil hê nie, dan vra hy sommer: "Ek wil vroumense kan verstaan. Ek wil kan weet hoekom hulle huil wanneer hulle huil, hoekom hulle kwaad is wanneer hulle kwaad is en hoekom hulle stilstuipe kry.
"Die gees oorweeg die saak vir 'n oomblik en vra dan: "Moet die brug twee of vier bane hê...??????
En as daar niks is op die…
En as daar niks is op die plaveisel nie is die olie klaar en jy moet nog ingooi amper soos die Lugmag se Dakotas van ouds![]()











Dit laat my dink aan 'n…
Dit laat my dink aan 'n goeie vriend van my se oorle moeder. Sy het altyd gesê:"Ek meneer en jy meneer en wie gaan die wa nou smeer