Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -8 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -8 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -11 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 25/06/2018 - 16:43

Uit desperaatheid vir n' werk gaan klop die man aan by die Dieretuin!
Die Bestuurder vra hom toe of hy of hy nie solank as n' Gorilla kan instaan nie, aangesien hulle wag vir n' plaasvervanger vir die een wat dood is?
Hulle trek hom toe die Gorilla-mondering aan, en al wat hy moes doen om daar binne die omheining rond te loop en le en so nou en dan die mense trakteer met n' paar aapstreke!
n' Groepie mense gooi toe vir hom grondboontjies, wat die ou lief was voor, en hy geniet hom vreeslik! 
Hy klim toe sommer n' boom en spring van tak tot tak!
En daar breuk die tak af en hy beland bo-op die Leeu se hok, wat dadelik uitkom! Die 'Gorilla' skrik sy gat af en skreeu:"Help!" en wil vlug, maar Leeu trap met sy poot op sy bors en sis fluisterend:"Hou jou blerrie bek, wil jy he ons moet altwee ons werk verloor?"

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 26/06/2018 - 08:53

'n Ou bok met koue voete:

Oom Piet wou so graag gaan vlerksleep by die jonge Martie. Ou bokke hou mos van jong blaartjies. Hy het so 'n paar keer 'n klip in die bos gegooi, maar sy was so koel soos 'n komkommer. Hy besluit toe om maar die waters te toets. Hy het maar so oor koeitjies en kalfies probeer gesels, maar sy het hom net met so 'n aangeplakte glimlaggie aangehoor. Toe dit lyk asof hy nie met sy praatjies gaan hond haaraf maak nie, en sy altyd lyk asof botter nie in haar mond kan smelt nie, besluit hy om haar dan maar heuning om die mond te smeer. Dit blyk toe dat oom Piet nogal glad met sy mond kan wees en nadat Martie eers die kat goed uit die boom gekyk het, het sy hom die groen lig gegee. Haar pa was egter 'n ou korrelkop en sy boonop sy oogappel. Hy het altyd gehoop Martie sal die oog van 'n ryk jongman vang. Martie was ook al bietjie lank in die tand en hy sou nie wou hê sy dogter moet op die rak beland nie. Hy het oom Piet gemaan dat hulle tog net stadig oor die klippe moet gaan. Martie se kop was gou vol muisneste. Sy het gereken dat, hoewel hy nie 'n spiertier is nie, is hy dalk tog die gans wat die goue eiers gaan lê. As sy net eers die strop om die nek het en hy dalk binnekort die lepel in die dak sou steek, gaan sy geld soos bossies hê. Hy is al amper oor die muur en dit behoort nie te lank te wees voordat hy sy houtpajamas aantrek nie. En wat gebeur toe? Die gebooie het pas geloop, toe kry oom Piet sowaar koue voete en daar los hy Martie soos 'n warm patat.  

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 26/06/2018 - 10:10

Die Ingelse outjie neem 'n meisie vir die eerste keer uit.   Toe hy haar gaan haal, moet hy nou eers die ouers ontmoet en is maar redelik senuweeagtig.   Terwyl sy nog regmaak gesels hy met die Omie en dié vra toe vir hom:  What are your plans with my daughter tonight?

Die outjie antwoord ewe versigtig:  Well, Sir, I need to find out what she likes to do and I will try my best for her to enjoy the evening and return her safely back home.

Die omie lig hom in:   You must screw, my seun.  She likes to screw,  all night long.

Die mannetjie is baie verbaas maar besluit dit klink baie belowend.   So, is hulle daar weg maar 'n uur of twee later is hulle terug.  Die meisie hardloop die huis in en skree vir haar pa:   "Pa, die woord is TWIST, ek hou daarvan om te twist!!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 29/06/2018 - 14:05

 
A blonde gets a job as a physical education teacher for 16 - 18 year olds.

She notices a boy at the end of the field standing alone, while all the other kids are running around having fun, kicking a football.

She takes pity on him and decides to speak to him.
'Are you ok?' she asks.

'Yes,' he replies.

'You can go and play with the other kids, you know,' she says.

'It's best I stay here,' he says.

'Why's that, sweetie?' asks the blonde..

The boy looks at her incredulously and says:

"Because I'm the goal keeper !!!"

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 13/07/2018 - 06:05

Ek en my girl het gisteraand bietjie gaan rondloop in die Mall.

Met dié, loop ons verby 'n nuwe hip and happening restuarant. Soos ons verbyloop sê sy "sjoe liefie, ruik daai steak! Dit ruik fantasties"

Omrede ek die goeie oukie is wat ek is, dog ek, en bederf haar 'n bietjie.

Toe loop ons WEER verby!

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 13/07/2018 - 08:58

Hoe verskil hulle ??

As mans dronk word dan praat hulle stront ,raak vreeslik emosioneel ,bestuur sleg en hou daarvan om sonder rede te baklei.

 

Vir vrouens haal ek my hoed af:

Hulle kry dit reg sonder om te drink !!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus