Ek het op verskeie sosiale media platforms kennis geneem van 'n toename in diefstal by kampeerplekke, ten spyte van verskeie veiligheidsmaatreëls deur ooreienaars - selfs binne-in die Kruger Wildtuin !
Ek het besluit om my eie dief-werende inisiatiewe te neem in plaas daarvan om te kla en oordeienaars te beskuldig dat hulle nie genoeg doen om kampeer-veiligheid te verseker nie.
Ek het dus die volgende gedoen :-
- Ek het 'n bewegingsensor-alarm binne-in my karavaan wat gekoppel is aan die karavaan battery
- Ek het nou ook 'n bewegingsensor-alarm in die nok van my tent/rally
- Ek het nou "eye bolts" vasgebout aan ons vrieskassie, ons oondjie en ons ysmaker wat normaalweg in die tent/rally staan. Ek sluit hierdie items en ons kampstoele met 'n 3 meter ketting en slot aan die karavaanwiel vas.




Nee d@nn£r Len! Is dit…
Nee d@nn£r Len! Is dit nou die toekoms van kamp in SA? Wat is volgende? 'n Veiligheids hek op jou tent / karavaan?
Dis jammer dat dit op so 'n punt moes kom![]()
Anton.....
Anton, dis nie so erg om die werklikheid in SA se kamplewe te aanvaar nie, hoe tragies ook al ! As dit eers deel van jou kamplewe is, dan word dit tweede natuur. Die stoele en waterbottels sluit ons natuurlik net oornag vas, maar die vrieskas, oondjie en ysmaker staan op hul plekke in die tent, maar permanent vasgesluit.
Mine...
It's good to have a security system.
My personal opinion is that most theft while camping is opportunistic.. "I see stuff, there is nobody around, let's do some free shopping"....
And it only takes 1 skottle / 1 decient spider chair and the shopper's paid for 1 or 2 day's holiday...
So, a motion detector does have considerable value
But, I maintain, that by the time they are already in your pitch, (1) The danger factor is extrieme and it is probibly too risky to do anything about it.
So I work on the principal of knowing there is a potential intrusion, and am prepared to deal with it, and if neccessary, direct confrontation.
(1) By having several self-defence multipliers around
(2) Camp behaviour (no sharp knives ETC that can be utilised by an intruder)
(2a) Don't advertise your site, EG no bright fires that can be seen, a color scheme that blends at night and that sort of thing.
(2b) never sleep in a sleeping bag, only under (get out quick)
(3) being forewarned of a potential intruder, long before the intruder is within tactical space.
(Tactical space for me is within +- 20 - 50m of my pitch)... Tactical space is variable, depending on camping circumstances, EG in an established park, it would be within the limits of the allocated site)
Here are some of my security multipliers
Well the best alarm is a wide awake little dog... There is nothing that comes anywhere near my place, and I camp alone. (You all know about Scruffy, and she is well underway in her protection aspect of training, and will defend me on command... Love to have 2 Dobermans..
But that's a bit impracticle... In the case of an intrusion, she will create enough of a ditraction to give me an immediate tactical advantage... (SEE PIC: - Imagine that hanging onto you preciousssss-esss-essss ![]()
)
(If I had dobermans.... Tough on you baby, Your preciousssss-esss-essss gonna be gone / missing / AWOL).....
Then I do this. I take it down during the day and put it up just before night. Spanned weel away from my pitch and all the way round, If it goes off I have time to locate and prepare for getting the intuder to comply....
That's SOME of mine...
Stem Anton /Len
Dis n jammerte dat dit so is jy is veronderstel om uit te kom en vry te wees
Petra en ek is seker maar…
Petra en ek is seker maar net vrek gelukig??!
In al ons jare van kamp nou seker so 40 jaar vir ons twee saam, het ons nog nooit iets verloor in 'n kamp nie?
Ons het geen sekuriteit, alarms, trip switches of niks nie. Ons wa staan nou al vir 'n week alleen by Mabalingwe, stoele, TV, decoder en al daai goed in die tent. Ons het al ons wa met alles opgesit vir twee weke in verskeie kampe gelos as ons so wegbreek vakansie van die kampeerdery neem.
Ons het al so in Mosambiek, Zimbabwe, Angola en Zambia gekamp en dan natuurlik orals in SA.
Ons het ook nooit alarms, heinigs, en al daai soort van goed op ons huise gehad nie, om die waarheid te se, Petra het nooit die huis gesluit as ek uitslaap en sy alleen by die huis is nie, sy wil kan vinnig uitkom as iemand inkom. Bly nou in ons kinders se huis terwyl hulle in Bali is, hulle sluit ook omtrent nooit die huis nie en ons gaan maar so aan, hulle kinders is nie gewoond aan geslote deure nie.
In al ons jare van getroude lewe, het ons nog vreeslik min met diefstal verloor, nog net twee keer by ons huis ingebreek [die een keer was in Bloemfontein, waar die voordeur nie gesluit was nie [vergeet om te sluit] en hulle breek toe die sydeur oop. Twee motors gesteel, altwee op parkeer tereine en ek was een keer ge-hijack in Rustenburg. Ons sluit ook nooit die voertuig se deure as ons ry nie.
Ek vermoed met die wat ons nog nooit regtig onder misdaad deur geloop het dink ons nie te veel aan al daai goed nie?
Petra en ek is seker maar…
Petra en ek is seker maar net vrek gelukig
ek dink nie julle het enigiets wat mens wil steel nie? ![]()
![]()
Ek weet nou waar om te gaan…
Ek weet nou waar om te gaan shop vir kamptoerusting.
Laat Mabalingwe dagbesoekers toe ????![]()
Anton, ek dink jy is reg,…
Anton, ek dink jy is reg, wys jou net hoe lekker dit is om van al jou goed ontslae te raak en jouself te bevry!!
Danie, jy hoor dan - hier is niks om te steel nie, jy behoort te weet was al by ons kamp?
Len ek gaan nie met jou stry nie, maar dit sal nie vir ons werk nie ek sal paranoies raak as ek heeldag alles moet toesluit??
As 'n ou wil steel gaan hy jou goed steel al doen jy wat, nee wat ek het maas versekering uitgeneem vir diefstal en vertrou maar! Ons is nie stupid nie, ons kyk om ons rond, maar ek wil glad nie heeldag agter geslote deure sit of by die huis agter palisade, doring of elektries draad nie. Iets wat ek glad nie kan hanteer is huis of kar alarms wat in die nag begin skreeu waneer almal wil slaap nie. Ek het die Pajero se alarm ontkoppel, die ding het ook op 'n stadium in die nag begin skreeu.
Nee ons betaal ons belasting en leef vry in ons land, ry orals waar ons wil en kamp orals waar ons wil.
Dalk is die misdaad in die Kaap erger as hier, want ek het nog niemand gesien wat hul goed met kettings vasmaak nie?
Ek onthou 2 lekker stoele en…
Ek onthou 2 lekker stoele en `n bottel rum :)
Ek wens dat ek so so positief kon wees oom Arie. Daar is al `n baie duur fiets van my gesteel by `n kampplek (was vasgesluit) maar aan die ander kant het ek ook al `n nog duurder kamera met sy toebehore buite vergeet en dit het nie voete gekry nie.
Ek dink ook dat as hy wil in en steel gaan niks hom keer nie Ek maak dit maar net moeiliker vir die skelm met die hoop dat hy sal aanbeweeg en `n makliker teiken soek.
Elize sê groete vir tante Petra en sy wil kom yskoffie drink
Groetnis
Danie, Petra se dankie vir…
Danie, Petra se dankie vir die groete, groete vir Elize ook van ons altwee.
Julle is welkom om by Mabalingwe [as jy my stoele en rum kom steel] te sit vir 'n beker yskoffie.
Ons bly huidig net om die hoek van julle - Naude str tussen 11de en 10de laan, as ek reg onthou is dit amper net om die hoek van julle af.
Die stelery, ek praat…
Die stelery, ek praat gereeld met Petra, sy sal op die stoep sit en faceboek doen, dan stap sy na vriende toe en los haar foon net so oop op die stoep. Gelukig het nog nooit iemand dit gevat nie, nie eers die ape nie.
Dis reg ja Ons is nou in 10e…
Dis reg ja Ons is nou in 10e laan net onder Ben Swart. Ons moet iets gaan eet iewers of braai.
Ek het nie meer oom se nr nie (Foon verloor) My nr is 081 354 0984. Stuur asb oom se nr dan bel ek en reël iets
Arie, Danie...
Arie, my opinie is weer dat ek nie negatief is nie, maar ek kyk die werklikheid in die oë. Ek en my wederhelfte is tans in ons 49ste jaar van kamp in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe en nog NOOIT is iets van ons gesteel nie. Daar is nog net eenkeer by ons huis ingebreek en dit was 45 jaar gelede, nogal in die klein Vrystaatse dorpie Memel. Vandat ons in stede bly, het ons altyd 'n alarmstelsel gekoppel aan 'n reaksie-eenheid gehad, maar het nog nooit rede gehad om dit te aktiveer nie. Huidig bly ons in 'n baie veilige sekerheidskompleks en het nog steeds ons diefwering en gekoppelde alarmstelsel. Beide my voertuie het "tracker" stelsels in en ons deure sluit outomaties wanneer ons ry.
Ten spyte van die voorgenoemde, het ek ook alles-insluitende versekering, maar ek doen alles binne my vermoë om wel risiko-voorkomend op te tree deur nie die risiko net op die skouers van my versekeraars te plaas nie - ek glo as die meerderheid polishouers dit doen, behoort premieverhogings tot die minimum beperk te word.
Ons woon in Suid-Afrika met 'n geweldige werloosheidskoers wat die groot bron van misdaad is en daarom verkies ek om rustig te slaap in my karavaanbed met die wete dat ek gedoen het wat ek kon om diefstal van my besittings te voorkom. Met respek, ek is van opinie dis die verantwoordelike ding om te doen.
Ek is beslis nie paranoïs oor veiligheid nie, net realisties. (Ek sluit ook nie alles toe deur die dag nie, maar wel oornag wanneer ons slaap of nie by die karavaan is nie wanneer alles oop en bloot onder ons rally-afdak staan).
Ek het nie die draad geopen om ander te probeer beïnvloed nie, ek het bloot gewys wat ek gedoen het nadat ek op sosiale media verneem het van al hoe meer inbrake by kampoorde en die gevolglike gekla dat oordeienaars nie genoeg doen nie. Ek het myself afgevra wat ek as kampeerder doen om te help om hierdie euwel uit te roei ?
Len soos jy se elke ou doen…
Len soos jy se elke ou doen wat hom gelukig maak en wat vir hom werk.
Moet erken my versekeraar kan ook nie kla oor ons nie, die eise wat ons deur die jare ingedien het is minimaal. Die keer wat ek ge-hijack was het ek met 'n maatdkappy motor gery en dus nie ge-eis nie. Die twee keer wat hulle wel ingebreek het was hulle blykbaar gesteur en het minimaal gesteel, ek het niks ge-eis omdat my bybetaling meer sou wees as die eis.
Die twee motors wat gesteel was, was 'n Beatle wat my seun gebruik het toe hy geswot het, wat hulle my uit betaal het was minimaal. Die ander voertuig was my Merc met alles wat oop en toemaak, anti hijack, alarms ens ens, en tog nog gesteel?
Nee wat ek doen my deel om my versekeraar te help met sy uitgawes. So ek voel glad nie skuldig oor party mense se hoe premies nie, myne is gelukig redelik laag en ek het geen bybetaling meer nie. Hulle voel ek is 'n lae risiko.
Soos genoem elke ou doen wat hom laat veilig voel, ons het nog nooit onveilig gevoel en daarom dan nog nooit die nodigheid van al die sekuriteit gesien nie.
Ek is nie so seker of…
Ek is nie so seker of werkloosheid die skuld vir diefstal moet kry nie. Daar is baie ander lande waar daar ook werkloosheid ervaar word maar nie so baie misdaad soos hier ondervind nie.
Dit bly egter n goeie plan om maar versigtig te wees en nie waardevolle goed te laat rond staan nie.
Deon......
Deon, ek het natuurlik geen wetenskaplike of statistieke bewyse nie, maar ek is vas oortuig daarvan dat werkloosheid in Suid-Afrika is die grootste, enkele faktor vir euwels in ons land soos dwelm-verkope as inkomstebron, dwelmmisbruik, bende-aktiwiteite (daar was maar altyd bendes op die Kaapse vlakte, maar dit het nou landwyd astronomies toegeneem), misdaad (byvoorbeeld kabel diefstal om koper te bekom om te verkoop), onwettige mynaktiwiteite wat al amper 'n formele bedryf geword het, "petty"-diefstal om geld te bekom, wrede moorde en kinderverkragting agv veral dwelmmisbruik en so kan die lys aangaan.
Diefstal sal daar altyd wees, maar die mate van toename daarvan in Suid-Afrika kan na my mening aan die hoë werkloosheidsyfer toegeskryf word. As meer mense 'n ordentlike werk het en 'n inkomste het om te verdien, is daar minder mense wat daagliks rondlê en hulle oorgee aan misdaad.





Dankie Len
Len ja die blikskottels los niks uit nie n mens moet hulle net vang en n voorbeeld van maak ek sien jou alarm stelsel sal verseker werk