Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -2 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -4 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -11 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -14 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -14 hours ago

Electric stoompot

Tussen hemel en hêl
Submitted by GeesWatWandel on
Forums

Die wyfie verjaar die 2de Junie en soek n electric stoomppot vir haar verjaarsdag. n ELECTRIC stoompot. Ek het nie eers geweet n mens kry deesdae so iets nie.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 27/05/2018 - 11:29

Gesietjie, moenie dêm suinig wees nie!!!, koop vir die wyfie daai lektriek stoompot, hy werk BAIE lekker. My annerhelfte het ook daai Tedelex ene, vir baie jare, maar die smaail is BAIE groter met die lektriek!!!

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 27/05/2018 - 11:34

Gees, ek het al amper 6  jaar een.   Dit is die heel beste pot wat ek nog ooit in my lewe gekoop het!!  Hy werk soos 'n droom.  Hy het 5 verstellings, High Pressure, Low Pressure, Browning, Saute, Simmer en Keep Warm. Hy braai die vleis en uie eers pragtig bruin, dan sit jy jou water of stock in en kook verder op pressure.   Jy stel hom hoe lank hy moet kook en hy gaan vanself af as die tyd verby is.   Jy kan maar winkels toe gaan en hom net so los, niks kan verkeerd gaan nie.  Die kos is regtig baie lekker en as jy eers die deksel opgesit het, is jou werk amper klaar.  Ek kook altyd my sop daarin, stews, kerriekos, heel hoender, beesstert, omtrent alles!  Die dae van vaal stoompotkos is verby met die pot.  Gaan vinnig en spaar krag of gas.

As myne ooit moet oppak, koop ek weer een.  Ek kan nie sonder hom nie en het hom al dikwels saamgeneem op kampe.  Ek onthou, ons was in die wildtuin en het op wildrit gegaan.  Toe ons terugkom by die karavaan laterig die middag het ek 'n heel skaapboud daarin gemaak vir aandete.  Ons het al vir 3 van ons kinders daarvan gekoop vir geskenke.  Ons s'n is die Electrolux Electric Pressure Cooker.   Ek dink dit is die een wat die lekkerste werk, probeer hom kry.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 27/05/2018 - 11:36

Hehehe oom Frans, nee o vet, ek gaan beslis en het vir haar met 'n smile gesê dit is reg. Ek kan dit net hier waag om stoom af te blaas. Met al die gadgets, karavaan, playstation, eintlik te veel om op te noem wat die gesie aanskaf sal dit vir my baie baie rampspoedig wees om te waag iets vir die wyfie te backchat oor die saak. ?????

 

Dankie oom Frans, oom sê hulle werk lekker.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 27/05/2018 - 11:40

Dankie tannie Freda, waardeer die goeie raad. Gaan spesifiek vir daai een kyk. Ek dink miskien kan ek een by Makro kry. Hoeveel kos hul omtrent? Ek skat so R1000 ?

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 27/05/2018 - 11:49

Gesie, die antie het 'n AEG gekry, ek dink jy kan ook  kyk by CLICKS, P & P en Checkers en Checkers Hypers. Ek dink dit is dalk by een vsn dié plekke goedkoper as by Makro. Ek koop so na as moontlik aan my blyplek(dorp), ten eerste om plaaslik te ondersteun en tweedens om MAKLIKER  terug te neem INDIEN daar fout so ontstaan.

Het BAIE goed al by CLICKS gekoop, en jy kry ook dan Clicks-punte as jy daar koop.

Prys kan ek wragtag nie nou aan dink nie. Kyk bietjie op google.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 27/05/2018 - 11:55

Ja, ons het destyds so R850 betaal by Game, hulle is nou in die koers van R1000.   'n Vriendin van my het 'n ander maak, sy is nie so impressed soos ek nie.  

Ek het die pot al so goed leer ken, ek toor met hom.   Jy kan afsit voor die gestelde tyd verby ook is.  As jy na die tyd verby is, hom net los, verdwyn die stoom ook vanself, sodat jy nie stoom hoef af te blaas nie.   As ek 'n pot vol sop kook, doen ek sit soms want as die pot vol is met vloeistofkos soos sop, kan van dit saam met die stoom uitkom.  Soos enige stoompot maar.   As jou kos gaar is en jy laat dit op browning of saute verder kook, sonder die deksel, word die sous heerlik dik, jy hoef niks by te sit om die sous dikker te maak nie.

Jy sien mos, ek raak skoon liries oor die pot! laugh

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 27/05/2018 - 11:58

Dankie oom Frans, dit help. Ek het nog volgende week tyd en gaan lekker rondloop en kyk. 

My oog is nou op AEG en die Electrolux (nothing sucks like an electrolux) Whahahaha ☺

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 27/05/2018 - 12:04

Ek sien tannie Freda en my mond water die kant ook maar dink dit is omdat die wyfie net voor kerk vir ons n bout in die oond gesit het. 

Dit is eintlik marteling, ek is nou al so honger dit is nie meer snaaks nie.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 27/05/2018 - 12:12

Jinne, Geesman, ek verwonner my nou oor daai BOUT, blikses, ek weet nie of jy hom OOIT sal eetbaar kry nie. Skaap/vark of ander BOUD kan dalk werk!! HE-he-he

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 27/05/2018 - 12:41

Whahahaha, ja dit gaan maar swaar, dit is darem n groterige M20 bout met washers en n moer. ????

 

Lol, ja oom Johann, daai Kentucky so eenkeer n maand is lekker. ????

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 28/05/2018 - 09:56

Koop daai elektriek een ou gesie sy gaan gelukkig wees en lekke kos maak met hom dis mos n wen wen vir almal

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 28/05/2018 - 12:24

Freda, net om terug te kom na die AEG en GEC , die AEG is produk op sy eie, nie verwant aan GEC of enige ander naam  nie. Smaak my meer produk wat van Duitse afkoms kon wees (maae seker ook in China gemaak!). Het gekyk, ons het dit ook reeds in 2011 êrens gekoop - en ook AL die funksies wat joune het.

Dit bly 'n lekker vinnige stuk gereedskap wat baie tyd spaar!!!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 28/05/2018 - 12:47

Ja, dit is net GEC.   Ek het myne al baie gebruik oor die jare en hy werk nog steeds met die oorspronklike rubber ring.  Dit is ook baie maklik om skoon te maak.   Ek gaan myne Donderdag weer gebruik om beesstert vir my seun te kook.yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus