6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -49 minutes ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -1 hour ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -2 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -8 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

So paar "tips" vir die wat dalk nie weet nie.

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

So paar tips om jou te help as jy in die nood is, ek glo meeste "Off Road" manne sal weet hiervan, maar daar is dalkies so paar wat sal nut kry hier uit.

Gebreekte as of A raam op sleepwa;

Vind 'n lekker duk harde hout tak, kap hom op die regte lengte. Sit langs as die as of die gebreekte " channel" van die A raam trek goed stewig vas met 'ratchet straps" en "Bob's your Uncle, jy kan maklik en veilig ry tot waar jy behoorlik kan herstel.

Gebreekte veer op sleepwa of selfs sleepvoertuig;

Lig voertuig op met domkrag, pas 'n lekker dik stuk harde hout tussen chassis en as, maak vas met bloudraad, jy kan stadig verder ry tot waar jy die veer kan vervang. Ek het jare terug veer op sleepwa in Zim gebreek, kry toer gelukig 'n Amerikaanse rugby bal, hulle bal is soliede "High density foam" en nie opblaas soos ons s' nie. Die daar vas gemaak en nog 900 kilos gery voor ek veer kon vervang.

Vassit in sand of selfs modder;

Nerens waar jy wenas kan vasmaak, neem twee plankies so 100mm by 30mm en so 400 mm lank.Le bo op agter bande, gelyk met band aan die binne kant van trok, laat die ander uitsteek na buite.Ryg ski rope deur die rim en trek die plankies goed vas op die band. Maak seker dat as die wiel draai daar orals genoeg spasie tussen bakwerk en plank is. Ry stadig agter uit, die band sal sodra die plank onder kom, homself uit die modder of sand uitlig, ry stadig tot jy weer op vaste grond is. Indien jy nie plankies het nie sal 'n stewige stok ook werk.

Sweiswerk in die bos;

In jou 4x4 behoort jy altyd welding cables en welding rods saam ry. In noodgeval kan jy die voertuig se battery gebruik om te sweis. Maak jou welding cables op die battery vas en sweis soos gewoonweg. So kan jy 'n as of A raam of wat ookal weer ordentlik vasheg. In 'n noodgeval en jy het geen welding rods kan jy selfs met 'n stuk bloudraad sweis.

Ek weet dat baie mense reken jy kan seker Off Grid plekke net in 'n groep aanpak, mens is nie altyd lus vir mense om jou nie, maar met genoeg praktiese kennis en so bietjie inovasie kan jy meeste probleme oorbrug. As niks wil werk nie klim maar op jou sateliet foon en vra hulp. Moenie bang wees om so bietjie alleen off grid te gaan nie, sorg dat jy jou voertuig ken, jou eie beperkings ken, en genoegsame hulp middels tot jou beskiking het, en as jy alleen ry bele maar in 'n sateliet foon.

As jy in die moeilikheid kom, wees rustig, kyk mooi na die probleem en dink uit die boks uit, gewoonlik is daar 'n plan te maak. Moet nooit oorhaastig raak nie, maak lekker koffie, sit rustig op 'n klip, drink jou koffie suig aan jou pyp en soek 'n ordentlike oplosing.

Daar is soveel planne wat mens kan maak. Ek het al vir 'n man wat sy been erg oopgesny het, met gewone naald en gare steke ingesit. Die wond het genees, wel 'n lelike litteken gelos, maar ten minste het hy nie doodgebloei nie.

Natuurlik nog iets wat in 'n 4x4 moet wees is 'n botel mampoer of witblits, daarmee ontsmet jy enige wond.

Die 4x4 boffins hier, gooi nog so paar nood idees ek sal graag nog baie wil leer?

 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 15/06/2018 - 08:15

Noel, baie mense glo my nie met die welding storie nie, probeer dit gerus by die huis.

Eintlik is dit logies, om te weld het jy maar net 'n kragtige kortsluiting nodig, en 'n kar battery gee meer as genoeg amps om te weld.

Die blou draad in plaas van welding rods werk ook, sukkel so bietjie omdat daar geen flux is nie, maar dit werk, nou wel nie so netjies nie, lyk maar so bietjie soos voeltjie mis, maar dit hou darem tot jy die regte ding kan doen.

Daai plank op die wiel werk goed, ek ry altyd vier sulke doelgemaakte planke saam in die trok. Jy sal verbaas wees hoe lig daai plank jou trok uit die sand of modder uit.

Meyerton

Segekok

Fri, 15/06/2018 - 09:44

Dankie oom Arie.  Die terugsit en bekyk eers die probleem uit alle hoeke werk altyd.  

As jy nie n difflock het nie kan jy ook jou handrem gebruik. ek weet nie wie kan die "NOMAD" onthou nie maar hulle het 2 handrem hefbome gehad een vir reg en een vir links wat uit stekend gewerk het.

Gaan krap gerus op die internet rond ook vir maniere om die  "FARM  JACK: te gebruik as n klamp en ook as n wenas.  

https://www.youtube.com/…

https://www.youtube.com/…

Nog n baie oulike winch...

https://www.youtube.com/…

Waar my wa staan

Arie

Fri, 15/06/2018 - 14:53

Deon, ja daai Nomad was 'n lekker voertuig, was my eerste "off road" voertuig gewees, my so in die omgewing van R900 nuut uit die box gekos. Dit was daai tyd bekend as die arm man se 4x4.

Sien nou die dag dat een verkoop het vir R50,000?

Dit het egter nie twee handremme gehad nie naar wel 'n 'limited slip diff", met daai dingetjie menige 4x4 teen die duin uitgesleep by Mntunsini.

2.5 straight four chev engine gehad, met fantastiese talk teen baie lae revs, ideal fir sand en modder of berg klim.

Die een wat jy aan dink was die Trax, totaal SA produk gebou deur Interstate motors van Pretoria, baie soos die Nomad gelyk maar bietjie meer verfynde hoeke en so. Straight six 2.8 Chrysler moter, met baie wring krag.

Sy het standaard uitgekom met twee heeltemaal onafhanklike hanremme, een vir elke agter wiel. Ons het daai sisteem in daai dae die "poor mans limited slip diff" genoem.

Eerste foto is Nomad en tweede is die Trax.

Mens moet maar mooi kyk om die verskil te sien, Trax se hoeke onder by modderskerms so bietjie skuinser en sy sier rooster is baie mooier. 

 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 15/06/2018 - 14:55

Deon, dankie vir jou tip, ek het al vergeet van die handrem trick.

Waar is die ander manne met jare se off road ondervinding, deel bietjie kennis hier.

Meyerton

Segekok

Sat, 16/06/2018 - 17:06

Dankie oom Arie. Die Trax was ook n baie lekker voertuig.  Daai duin by Mtunzizi het baie mense laat skaam kry. 

Na n skool vakansie was daai duin vlenters soos die Valies daar gegrawe het. Self n paar mense met my 3l Ford uit gesleep

Het RV 600 205 bande op gehad. Dit was die baloon tyre vir sand

Waar my wa staan

Arie

Mon, 18/06/2018 - 08:46

Oom Vleisballetjies, nogal 'n goeie tip daai, dankie.

Net een GROOT probleem met daai plan, jy gaan vir ewig wag, 'n Hilux sal nooit kom tot waar 'n FORD vassit nie!

Secunda

Sleep nou

Fri, 31/08/2018 - 03:36

Ook so tussen die ontnugtering van waens se pryse kom ek ook agter nee boet spaar moet jy maar van die toerusting maar duur maar as jy dit het en jy pas dit op sal dit vir jare vir jou kan werk sou jy dit nodig het

Meyerton

Segekok

Fri, 31/08/2018 - 05:40

Shaun dit is baie waar. Maar aan die anderkant baie mense het goed op hulle voertuie wat hulle nog nooit gebruik het nie nie gaan gebruik nie en ook nie regtig weet waarvoor dit gebruik wod nie.

 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 31/08/2018 - 08:24

Shaun, Deon praat groot waarheid!!

Dink mooi wat jy regtig nodig het, die ouens is geneig om hul bakkies toe te rus asof hulle 'n transafrika trip gaan doen. baie van die goed laat jou bakkie mooi "Macho" lyk maar jy gaan dit dalk nooit gebruik nie?

Magaliesburg

GerhardtN

Fri, 31/08/2018 - 08:42

Dink mooi wat jy regtig nodig het, die ouens is geneig om hul bakkies toe te rus asof hulle 'n transafrika trip gaan doen. baie van die goed laat jou bakkie mooi "Macho" lyk maar jy gaan dit dalk nooit gebruik nie?

Dis goeie raad. Van ons vrinne het soveel saamgery op hul eerste trip dat hulle veiling kon hou wanneer terug. Wanneer ons n trip beplan word die noodsaaklikehede tussen mekaar verdeel. Ek sal die Hi-lift jack vat en vriend Mano die airbag. Daar is egter n paar basiese nood items wat almal moet he. Laas jaar in die Moremi het 11 van ons groep hulle misken met die swamps en moes gedwonge oorslaap. Hier is weereens bewys hoekom daar ordentlik beplan moet word vir enige trip.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus