TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Jongensfontein

Algemene Inligting

Resensies

Uitenhage

neelsec

Thu, 08/11/2018 - 15:11

Ons het Oktober vir n maand daar gekamp 

daar is geen plek vir swem in see ook nie in kamp

geen wasmasjiene vir wasgoed moet maar dorp toe gaan

baie speelplek vir kinders in park

mooi uitsig oor see vanaf kamp

daar is n mooi wandelpad langs see

sal weer daar gaan kamp in die toekomsJongensfontein 10km vanaf Stilbaai

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
Geen Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Port Elizabeth

Antie

Thu, 22/11/2018 - 14:37

Ons het al twee keer by Jongensfontein gekamp en dit is een van ons gunstelinge. Ek stem saam met Neels, die kamp self bied nie veel nie maar die geriewe is goed en dit het daai lekker kampgevoel.   Jy is naby die see, met 'n mooi uitsig.  Ons vriend, wat saam met ons gekamp het, het groot visse daar gevang.   Stilbaai is naby en bied oorgenoeg wat winkels aanbetref.  Ook ons wasgoed daar laat doen, teen 'n baie billike prys.   Jy kan op lekker daguitstappies gaan na naburige plekke.   Die sekuriteit is baie goed.  Misdaad in Jongensfontein en Stilbaai is baie laag, volgens die plaaslike inwoners.  Baie huise het nie eers diefwering nie.

Foto 1

.
Hul buite seisoen tariewe is baie billik

Foto 2

Die foto is buite die kamp geneem:

.

Foto 3

.
Hier koop jy heuning langs die pad, alhoewel daar nie mense naby is nie.  Jy vat die heuning en plaas die geld daarvoor in die pyp.  Dit was R30 'n botteltjie.

Foto 4

.
Jy kan vêr afstap langs die see

 

My Gradering
7 uit 10
Worcester

Wildehont

Thu, 28/11/2019 - 08:16

Ons het Jongensfontein baie geniet en sal vir seker weer wil gaan. My sekuriteitsgradering van 3 is misleidend. Die oord het geen heining aan die strand se kant nie maar daar was nooit rondlopers in die oord nie. 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
22 tot 26 Nov 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras en grond opsies
Swembaddens?
See
Winkel?
Nee
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
3uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite