1970 Jurgens 500 Deluxe Restorasie.
My eerste vintage karavaan projek beginner soek raad!
Sy kort n naam!
So hier gaan hy. Wat het ek aangevang lol. My eerste karavaan wat die moeite werd is om van te praat, die (regte eerste was net ’n Tupperware bakkie of moet ek sê RAMA BAKKIE sonder identiteit, sonder papiere en het nooit ons eerste karavaan kamptrip gehaal nie). So hopelik sal hierdie Dame ons eerste karavaan kamptrip wees en hopelik baie in die toekoms.
Belangrik: Ek weet absoluut niks van karavane af nie en is ’n totale beginner in die kampeerwêreld. Die handjievol tentkampe was ongelooflik en ek is mal daaroor. Maar ons moes altyd ’n sleepwa huur of leen en ’n tweede motor saam ry om alles in te pas of daar te kry.
Hopelik sal my 10-jaar-droom van ’n ou vintage klein karavaan nou vervul word en realiseer. Ek het geen kennis of ervaring nie, min spasie en nie baie tyd nie. Dit nou buiten my ouderdom en ou bene. Waar moet ek begin? Hmm. Ek dink bande, remme en ’n gebreekte venster. Want ek wil graag ’n kamptrip doen in haar huidige toestand en nie eers wag tot na restourasie nie (die meeste restourasie-projekte realiseer nie en ek weet dis nie maklik nie).
’n Vriend het vir my gesê: vat dit stuk vir stuk, sit tyd in op die goeie dae, loop weg op die slegte dae. Moenie dat dit ’n werk, stres of las word nie. Geniet dit.
So ja, daar is nie baie inligting daar buite nie, maar ek is bly ek het hierdie bladsy ontdek. Ek sal enige raad of wenke baie waardeer.
My doel en droom is om haar in haar oorspronklike vorm te sien, maar baie is oor die jare vermis of verander. So ek moet eers besluit: oorspronklik of nie? Wat dink julle?
Ek heg ‘n paar foto’s aan van die karavaan soos sy nou lyk.
Enige advies oor waar om te begin, veilige sleep, of spesifieke model-inligting sal baie help! Dankie almal. Ek is nuut op die web tuiste, jammer as ek op die verkeerde plek geplaas het.
| Attachment | Size |
|---|---|
| New Scan 2026-07-06 2149.pdf | 4.33 MB |
"Oorspronklik of nie"
Eerstens, baie welkom op die forum. Ons sien uit daarna dat jy jou kampeerondervinding met ons deel - 'n paar van ons was ook tentkampers en verlang terug na daardie na-aan-die-aarde dae.
En dan: jou oulike vrolike karavaan. Ek's nie seker of dit aan hippies behoort het, of 'n fortuinverteller nie - maak nie saak nie. Ek sou dit so los (buite). Rig die binnekant in volgens julle behoefte en neem dit dan gereeld vir uitstappies.
Ander gaan waarskynlik van my verskil. Kom ons wag en sien.
Herman...
....ek glo nie daar is iemand beter as jy om die man met raad te help nie. As ek die blomme miskyk, lyk dit al te veel na jou Jurgie..
Fortunator, as jy intussen wil begin kampeer met die wa, moet jy begin met;
1]padwaardigheid aspekte----nuwe bande, remme, wiellaers, ligte
2] veligheid en geriewe---gasbottel en pype vervang, gasstoof binne of buite, beligting
3] dan sekerlik die beddens en matrasse
Ek hoop die wa is sonder houtvrot.
Geniet jou projek
Hello Fortunator. Wat n…
Hello Fortunator. Wat n pragtige wa!!
Hier erens op die Forum is paar fotos van my Jurgie. Dit is ń 11a deluxe, die heel kleintjie wat " Pampoentjies" genoem was.
Ek het n geheel restorasie gedoen. Net die buitenste laag is behou. Daar is baie houtvrot om venster, vloer ook etc, etc. Het sowat 7 maande gewoel daaraan. Afgetree, so het tyd op hande, goeie werkswinkel.
Om so stuk, stuk te doen, stel ek voor is om die meganiese deel eerste 100% te kry. Kyk die disselboom mooi deur, myne was aangelap op n stadium, die inloop haak was ook erg geslyt. Die ghriespunte op die bladvere se hangstukke is ook iets om skoon te maak. Wiellaers, remme.
Daar was dele vervang op die onderstel by Jurgie wat afgeroes was, heel agter by die steadies.
As jy die gedoen het, dan kan jy lekker kamp met jou kleurvolle wa. Die beplanning van die binnekant. Kry n outydse blokkiesboek en trek n vloerplan op skaal. Bv een blokkie is 250mm. Trek jy n bottel wyn nader en droom. So eindig jy op met n klomp idees en waneer jy die werk takel, weet jy presies wat om te doen.
Geniet.
1970 Jurgens 500 DeLuxe
Dankie aan almal!
Baie dankie vir die vriendelike verwelkoming en die goeie raad! Dit beteken baie vir ’n totale beginner soos ek.
Rona - Baie dankie vir jou warm verwelkoming en die perspektief. Jy is reg, ek moet haar eers lekker ingerig kry vir ons behoeftes en nie te veel stres oor oorspronklikheid nie. Dit help baie!
Wessel - Dankie vir die duidelike prioriteitslys! Dit is presies wat ek nodig het. Bande, remme, wielaers en veiligheid eerste – ek gaan definitief daarmee begin. Goeie punte oor die gas en beddens ook.
Herman – Baie dankie vir jou uitgebreide antwoord en dat jy jou eie ervaring van Pampoentjies deel. Dit gee my hoop! Jou raad oor die onderstel, disselboom en om stuk vir stuk te werk is goud werd. Ek sien uit om myne ook so stap vir stap aan te pak. Sal graag jurgie wil sien, leer nog hoe waar en wat op die platvorm.
Ek gaan nou eers fokus op die belangrikste veiligheidspunte sodat ons hopelik gou ‘n kort toetskamptrip kan doen. Sal beslis foto’s en updates deel soos ek vorder.
Dankie weer aan elkeen wat die tyd gevat het om te antwoord – julle maak dit sommer lekkerder om aan die projek te werk!
TheFortunator (my sleep voertuig is n Fortuner (Tuna) en my vrou is soms “The Terminator” maar se asb niks 🤣 so nee ons is nie Hiepies of Fortune vertellers nie lol)
Dankie julle
Christo
Christo...
my beterhelfte seg ook jy moet die blomtuin los. Gepaste naam kan wees "oepse Daisy", maar onthou die vrou het finale seggenskap.
As jy met soek enjin [links bo] soek na "Strydoms se Sanparke toer", kan jy op bladsy 5 en 6 fotos kry van Herman se Jurgie, in volle herstelde glorie.
Wessel Oepse Daisy
Dankie Wessel. Lol Ek het met een van my bestuurders snaaks genoeg vanoggend gesels oor ou se goed lol en ja Oepse Daisy was in die gesprek, maar nie eers gedink aan my Jurgie nie. Goeie aanbeveling
Herman se Jurgie
Het gaan in loer en verseker pragtig. Well done Herman. Daar is een waarna ek kyk Vir jare lank, maar die Dame wil hom nie laat gaan.
Nee wat, Fortunator
Jy het 'n beter keuse gemaak. Hierdie een (bo) het nie eens 'n enkele blommetjie nie. Ek het by 2 of 3 geleenthede al vir Neef Herman probeer oortuig om 'n bietjie kleur in die vorm van blommetjies aan te bring, maar byt is min
Kan jy nou net dink hoe hierdie enetjie die lewe van vele motoriste en kampeerders gaan opvrolik! Jyself gaan ook nie glo hoe bekend jy is nie - almal groet skielik
Alles sommer grappies. Doen wat nodig is vir veiligheid en meer, maar los asb. eers die blommetjies.....
Dit gesê, moet ek nou vir jou vertel dat ek 'n bussie het - spierwit, groot en baie vervelig. My man is Daan en agv ons beroepsagtergrond kan ons nie tot 'n ooreenkoms kom oor wat ons aan die situasie wil doen nie. Dieselfde storie van 'n mekeniek se kar en haarkapster se hare.....
Fortunator sal moet reg…
Fortunator sal moet reg aantrek. Paar Bell bottoms, ń knoop en doop T hemp. Lekker welige snor kweek en die hare laat groei. En natuurlik die " kan loop op water" sandals.
Dalk die Fortuner by die huis los en " Passion Wagon" aanskaf as sleepding. Onthou om die " If this van's a rockin, don't come nockin" plakker op te sit.
passion wagon...
....ja Herman, die ander plakker op die "van" se deur het gelees---moenie lag nie, dit kan jou dogter binne wees.!!!!
Ha ha, 'n konserwatiewe wit Fortuner gaan nie "with it" lyk voor die blomme waentjie nie.
NS: Herman, het jy nounet jouself beskryf![]()
Herman en Wessel
Julle breek my 🤣😂 dis lekker om die gedagtes te hoor. Ek gaan eers met (Haar naam) en blommetjies kamp. Ek haar huis toe gesleep en gesien hoe norse mense begin smile 😃 so vir nou bly sy met blomme in die wind.
fotos maar sleg. Moet nog ligte kry en gereedskap. Op die stadium staan Vroulief in jappon met lekker koffie en ek dra net eers die logoedjies uit. Sal maar in die aande waneer ek tuis is tokkel. Binne is dit maar so 30% oorspronklik en jammer daaroor. Die koppie en pierings kassie mis ek die meeste lol. Maar ons sal vir eers daarmee saamleef
nou le die fotos op hul sy. Weet nie waar om dit te draai nie. Dink om dit van my foon af te doen is seker die probleem.
Hallo Almal
Ek was mal oor daai tyd se reeks Jurgense. Hulle was net AWESOME. neef is dit reg gespel.
My wonderlike pa kon nooit n Jurgens bekostig. So het ek gedink. Hy het gekla nie al die vensters kan oop maak. Pa het oop vensters gesoek. Toe koop hy die 13vt Sprite Alpine.
Maar die Jurgense was puik. Hallo Oepsie Daisy. Daai ronde bakwerk. Die kaste Ai dit bly mooi.
Welgedaan TheFortunator. Is dit opdat jy n Fortuner ry...
1970 Jurgens 500
Dis korrek HOUT, jammer ken nie al die mense nie.
1970 Jurgens 500
Lyk my ek moet net landscape neem en nie portrait nie. Oh nee lyk my ek gaan eers klas vat voor ek met (haar naam) begin
Christo...
...dit wil voorkom of selfoon foto's, en oordrag na die forum meestal problematies is. Meestal kom fotos onderstebo, of 90grade gedraai uit.
Ek neem fotos met kamera, dra oor na rekenaar, en dan na die forum. dit werk vir my net baie makliker en sonder omgedraaide fotos.
1970 Jurgens 500
Ek hou van die vloer en jou uitleg. maak dit soos jy daarvan hou.
Jy soen jou vrou op jou manier. Dis Chris B se motto.
Moi man. Daai jurgense was Jurgense....Nie Kavangos.
Grappie Wessel
1970 Jurgens 500
Op hierdie stadium kyk ek nog net na haar, my eerste karavaan wat dalk eendag haar kampplek gaan haal. Met ’n voltydse werk boonop. Werk klere af, mechanic-meets-feather-duster vibe aan. Ek spuit spuitgoed vir spinnekoppe en miere sodat die bure dink ek gee my karavaan ’n ordentlike skoonmaak. Ver van waar, ou pellie!
Dan hardloop ek uit om asem te kry en storm weer in om ’n paar pics te neem. Daarna staan ek daar en stry met myself: “Moet ek nou onder inkruip of nie?” Uiteindelik sak ek af, knieë wat kraak soos ’n klip wat die binnekant van my motor se modderskerm tref, ja iemand het eendag so gedink, maar dit was my enkel wat klap to ek remme gebruik.
Eindelik onder… en toe vrek my foon sommer net daar ná ’n handvol scary pics van roes en grillerige verrassings. Ek weet dit verveel jou seker , maar ek sit die eerlike waarheid hier neer. Dit help nie ek steek dit weg vir die mense wat regtig weet nie. Ek het hoegenaamd geen idee wat vorentoe lê nie – wat moet vervang word, wat kan reggemaak word, of hierdie karavaan my nog gaan laat lag of huil nie! Seker buide
Blommetjie
Jy sal maar moet deurdruk met jou projek.
Lyk my 'n paar handlangers gaan eers met die onderstel begin, die vuil en roes [?] verwyder, om enige skades waar te neem. Dan 'n spuitkan met "Red Oxide Primer", of iets beter.
Vir interessantheid, wat is die datum op die bande se sywalle??





N paar kiekies
N paar kiekies