Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48714 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het verstaan dat Jurgens… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -3 hours ago
Dankie Johan. Nou sukkel ek… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -2 hours ago
Wat Imperial se skuld… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -2 hours ago
Dis regtig........................ Jurgens Ci- DIE WAARHEID Len Loader -2 hours ago
Hi Hennie Huiskrag tydens beurtkrag Johan K -3 hours ago
Ek het gedink om ek en my… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -4 hours ago
Wildehont, ek het 4 x 300… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -4 hours ago

Kampforum SuperBru

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Tue, 05/02/2019 - 09:39

SuperbruSuperbruSuperbru

Hierdie pool is SLEGS vir mense wat op die KampForum groep is. 

"Vodacom Super Rugby Predictor"

Groep naam "KampForum"   Kode: serflens

Kliek Hier:        SUPERBRU              KAMPFORUM 

As julle sukkel, stuur epos na harry@cadhouse.co.za dan stuur ek n direkte uitnodiging aan jou epos adres.      Niemand mag aansluit na 50% van toernooi voltooi is nie. Die wenner word deur n rekenaar uitgewerk.

Centurion

Wit Eland

Tue, 05/02/2019 - 10:25

Van 765 is daar net 9 wat dink hulle weet iets van rugby af? Waar is die ander? Dis baie maklik kies die blou bulle vir n wen met so +/- 10 punte en siedaar jy is op die bord en as jy naby is kry jy die geel keppie maar as jy vir daai ligte briessie span van die kaap kies kan jy dalk die paplepel vat vir die ronte, nie veraltyd nie jy moet hom terug gee vir volgende week. wink

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 05/02/2019 - 11:10

Kom ons kyk of ons dubbel syfers kan haal, so 10 of meer.

Tuinslang, ek eindig gewoonlik laaste, so nou is daar net 7 smiley

Ek wonder hoeveel mense n kans sal vat as daar n prys geld van R 1 miljoen op die spel sou wees. smiley

Alberton

Tuinslang

Tue, 05/02/2019 - 11:17

Ek glo elke ou sy sommer 'n paar skuilname ook uitdink om sy kanse te vergroot.  

Sal snaaks wees om 1,480 spelers te hê in 'n groep van net 800

Alberton

Tuinslang

Tue, 05/02/2019 - 11:18

Kom Boys, Kom Boys,

Hoe groter die groep hoe lekkerder is dit, soos alles in die lewe seker maar is, kanse vir iemand, soos Big G, om ons 'n pakslae te gee gaan dan minder wees

Alberton

Tuinslang

Tue, 05/02/2019 - 11:28

Presies soos jy dit daar noem.

Ek speel al vir etlike jare saam manne vanoor die hele land en het nog nie een van hulle ontmoet nie.

Elke siesoen speel ons en trek mekaar se gal uit!! Dit is wat dit alles so lekke maak

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 05/02/2019 - 14:34

Ek speel al van die begin onder die naam Froggy

Dink darem almal weet wie dit is smiley

Moet erken ek sukkel baie met die goedkeur van mense op KampMal. Daar is meer as 172,000 mense en as daar n Koos Van Der Merwe wil aansluit en ek gaan kyk onder die "members" is daar seker 20 van hulle. Hoe weet mense dit is wel n lid van hulle groep. smiley

 

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 05/02/2019 - 14:42

Kom, jy is mos ook n groot rugby man.

My mede Stormer man smiley

Wit Eland, wat het gebeur die naweek met die Kaap en Pretoria spanne ?? Ek het hom gemis.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 05/02/2019 - 14:54

Neef is nou soos waneer iemand sien ek kry so dowwe uitdrukking in die oge, en hy maak so wiieeng en waai sy hand oor sy kop. Heeltemal gefloor en het nie eers n idee waarvan gepraat word nie. Superbru?? Nneee, verstaan nog nie, uit my diepte uit, kies ook gereeld n ander span.  As Japan speel, kry hulle my support, behalwe teen Stormers. As Sharks teen Lions speel, die Sharks. Bloubulle teen Lions, gaan vang ek vis.

Centurion

Wit Eland

Tue, 05/02/2019 - 15:07

In reply to by Harry Du Randt

Het mooi rugby gesien en is vol moed vir die super reeks. Het self nie gekyk nie maar soos ek verstaan het leeus gewen teen die sharks 19-14 nie so opwindend nie maar die stormers game se hulle was uit die boonste rakke. Met twee onderskep en een afstorm driee het die stormers 21-0 voorgeloop die bulle het wakker geskrik maar telaat en die stormers het gewen met 33-28. Hoop net hulle bou so voort dan gaan ons nog mooi rugby sien die 2019.

Alberton

Tuinslang

Tue, 05/02/2019 - 15:33

Kyk enige van julle manne die Varsity Cup games?

Daai is nou netjiese, harde hardloop rugby

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 05/02/2019 - 19:51

Varscity Cup, het altyd vir my baie intresante reels wat hulle opmaak.