Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -2 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -2 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -10 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -11 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

Addo Olifant Park

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Hierdie verslag oor ons besoek aan Addo is nie wat ek (of selfs julle) verwag het dit sou wees nie.

Die bed was opgemaak maar ons het nooit daarin geslaap nie.   Die kos nie geëet nie, die drank nie gedrink nie, die hout nie gebrand nie.

Maar nou loop ek die storie vooruit.  Len het gesê ek moet volledig verslag doen, so laat ek begin by die begin.

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 22/02/2019 - 18:23

Sommer vroeg Donderdag is die karavaan gehak .  Nege uur ry ons by Santie en Nellis om, dan val ons in die pad.   Santie en Nellis is my suster se dogter en skoonseun en hulle was nog nie  by Addo Olifantpark nie.   

.
Daar is mos niks so lekker as die karavaan gehak is en nou gaan jy kamp nie?

Ons ry rustig met die N2 langs via Patterson na die olifantpark.   Die wêreld lyk droog en ons besef die park gaan nie beter lyk nie.  (Dit was toe ook so, al die drinkgate en damme het bitter min water in.   Die spekbome laat lyk die park egter redelik groen.)

Ons arriveer by die kamp en nou moet jy pot luck vat met 'n staanplek.  Ons het verwag om daardie tyd van die oggend redelik leë staanplekke aan te tref, maar toe nie so nie.   Daar is presies vier waaruit ons twee moet kies.   (Ons sien die plek is besaai met Maui's.   Hoor later dit is 'n groot groep Amerikaners wat saam deur die land toer, 20 RV's in totaal).

.
Die diens by die hek is flink en ons ry sommer spoedig deur.   Reguit karavaanpark toe, ons hoef eers later by die kantoor aan te meld vir ons permit.
.
Ons kies toe die lekker beskutte staanplek, met bome wat nie juis veel blare het vir skadu nie.   'n Pluspunt is die kombuis wat sommer net daar is.  Ek besluit ek gebruik sommer hul wasbakke en stowe die naweek.  Pak so min as moontlik uit.
.
Dis 'n lekker kombuis met wasbakke binne en buite, 'n klompie stoofplate en 'n groot vrieskas.  Alles mooi netjies en skoon maar begin al bietjie verweerd lyk.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 22/02/2019 - 18:37

Dit is warm maar ons slaan maklik en gou op.   Net Addo se harde grond bly 'n uitdaging om penne in te slaan.   Nie lank nie, of ons is ingerig.

.
Ons huis is reg.  En ons is reg vir Addo en sy olifante.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 22/02/2019 - 18:53

Eers is dit tyd om iet lekker koud te skink en gooi daai kamp glimlag vir die wêreld.

.
Wyn met baaaiiie ys in my silwer glas

Ons besluit ons gaan 'n koue middagete geniet.  Kerrievis en slaaie wat ek ewe fluks by die huis voorberei het.   Dan gaan ons 'n korterige roete deur die wildpark ry.  Ons wil die beste roetes en die piekniekplek (Jack's) hou vir Vrydag en Saterdag.    Na die wildsrit sal ons dan bietjie rus en 6 uur se kant gaan ons vuur aansteek vir 'n lekker steak braai met patat en uie in die kole gaargemaak.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 22/02/2019 - 19:08

Julle moet dit geniet.

Vat dit rustig en ontspan.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 22/02/2019 - 19:15

Ek is nie baie ernstig om foto's te neem vanmiddag nie want wil Vrydag en Saterdag eintlik my ding doen.  Ons het op heelwat olifante afgekom, wat soms bietjie ver was vir 'n foto (vir my kameratjie).  Op een plek het 'n hele trop olifante die pad versper.  Tjoepstil gestaan en slaap in die pad.  Ons het na 10 minute besluit om terug te draai.  Daar was twee karre voor ons, so ek het hulle ook nie afgeneem nie.  Heelwat koedoes en vlakvarke gesien maar niks anders nie.

.
Die twee het by 'n modderpoel darem nog bietjie drinkwater gekry
.
Die Domkrag dam het darem nog water.  Hier kyk jy van bo af neer op die dam.  Jy mag op eie risiko uit jou motor klim.
.
Die pragtige koedoe het sommer langs die pad staan en eet.   Nie eers na ons gekyk nie.  Ons is gewoond hulle gee vinnig pad maar die man was min gespin met die mense.
.
Die vlakvarke is oral maar ons stop altyd 'n paar keer om vir hulle te kyk.  Daai stertjies wat soos antennas in die lug staan en as hul op hul voor knieë staan om te eet.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 22/02/2019 - 19:19

Ons het die wildsrit geniet maar darem gehoop ons sien die volgende twee dae bietjie meer diere.  Ons beplan om Vrydag te braai by Jacks Place.   

Na ons 'n rukkie gerus het, gaan ons vuur aansteek.  Daarvan moet ek ook 'n foto neem om vir Kampforum te wys.

Maar nou moet julle eers wag voor ek verder kan vertel.   Dit is tyd vir aandete hier in my Baaise  huis.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 22/02/2019 - 19:53

Freda, jis maar jy gooi die tegnologie!! Fotos en onderskrifte de lot. Goed gedoen. Wat maak die klomp Amerikaners,  braai hulle Hamburgers op gas stofies ?  Geniet julle kamp, en Jacks is darem n baie lekker vir n laaang piekniek. 

Gaan jy stap op die wandelpad, dit is darem n eersteklas, met baie inliging. Onthou ek het eendag n man daar raakgeloop wat vertel hy is van die Kierieklapper klub. Gedink ek hy probeer snaaks wees.... maar gaan lees toe van die boom...en die klub, kranige botaniste.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 22/02/2019 - 21:04

He-he, Len het aan die begin agtergekom en Chris nou, dat hier 'n kinkel in die kabel kom.

Na die wildrit het ek op die bed gaan lê met my storieboek, Colin is restaurant toe om bietjie krieket te gaan kyk, Santie het gaan slaap en Nellis het rondegeloop en gesels met almal in die kamp.

Hier rondom 5 nm hoor ek hoe raas en jaag die mense  apies weg.  Colin kom terug en sê vir my die ape is oral, onder en bo-oor karavane en tente.   Ek maak koffie, ons gaan sit onder die boom en raas ook met enige aap en sy kind wat naby kom.

Ons het 'n porta potti in die Raven maar hy is net vir gebruik in die aand en gedurende die nag, ook net vir nommer 1.   Gedurende die dag is ek heel tevrede om ablusies toe te stap.   So kwart voor 6 besluit ek om vir oulaas ablusie toe te stap.   Loop verby Santie en Nellis en sy vertel hoe sy wakker geword het van 'n aap wat b0-oor haar bed spring, by die venster uit!

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 22/02/2019 - 21:42

Addo se ablusieblok is nie op 'n gerieflike plek nie.  Hy staan teen 'n opdraend aan die bo-punt van die park en die ingang van die mans en vroue is aan die ander kant van die gebou.   Jy loop met 'n smal kronkelpaadjie, omring deur spekbome en lanings om die gebou op en natuurlik weer terug.

Ek is toe by die ablusie in, kom uit en stap nou houtgerus om die kant van die gebou, die paadjie af na die kamp.   Toe ek om die draai kom, kom 'n aap van vooraf aangestap.   Toe hy my sien, toe wys hy vir my tande en maak 'n blaasgeluid, of so iets.

Ek gaan staan tjoepstil in my spore maar die aap kom nader.  En skree toe iets soos voertsek, of loop of gee pad!   Maar hy wys tande en begin na my klap met sy pote.  Ek kan aan geen mens verduidelik hoe ek op daardie oomblik gevoel het nie.  Ek besef toe die aap gaan my aanval, ek gryp na die spekboomheining maar kan nie 'n stuk afgebreek kry nie.  

Ek kan nie baie duidelik onthou presies hoe alles gebeur het nie maar die volgende oomblik toe kom daar nog 3 ape by en almal lyk of hulle my wil aanval.  Toe begin ek histeries te skree en die 3 ape hardloop weg, maar die eerste aap bly klap na my.  Intussen beweeg ek stadig die paadjie af en al waarmee ek myself kan verdedig is om wild en woes na die aap te skop.   Hy keer vir my voet en spring terug maar dan kom hy weer.   Toe voel ek hoe vang hy my net onder die skeen met sy skerp naels.   Ook op die kuit van die ander been.

Ek bly skree en roep "Help" maar niemand hoor my nie.   Daar is nie 'n mens in sig nie, net ek en die aap.  Nou is ek al heeltemal aan die kamp kant van die ablusieblok.   Dit is moeilik om te sê hoe lank ek teen hierdie tyd teen die aap moes baklei, dit het soos 'n ewigheid gevoel maar moes seker ten minste 3 minute gewees het.   Soos ek skop, konsentreer ek ook om nie dalk te val nie want ek besef as ek val, gaan hy b0-0p my spring.  Ek bly gil en skree om hulp en die volgende oomblik kom een van die skoonmakers rustig om die gebou gestap met 'n vraende uitdrukking op haar gesig en 'n besem in haar hand.   Meteens gee die aap toe pad.

Ek skree histeries op die vrou, "the monkeys attacked me" en sien toe dat die bloed afloop teen my been.   Ek skree vir haar gaan roep my man by nommer 11 en sy is daar weg.  Daar is 'n klein vertrekkie, met leë rakke in, ek is daar in en trek die deur op 'n skrefie.   Oral onder by die afdraend af, sien ek hoe loop ape rond.  Ek huil histeries.   Colin en die vrou kom nie aan nie, sy kon nie nommer 11 kry nie!!!   Toe kom daar 'n vrou verbygestap op pad na die ablusie en sy hoor my huil in die hokkie.  Kom toe nader, ek vertel haar so tussen die huilery deur en sy loop haal toe vir Colin.

Ek was in my lewe nog nooit so bly om hom te sien nie.  Toe hy my vashou het dit gevoel of ek gaan flou word.   Ek ek huil!!   Santie en Nellis is toe ook by en almal dra my amper behoorlik terug na die karavaan.smiley

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 22/02/2019 - 21:52

Onaanvaarbaar. Absoluut onaanvaarbaar! Ek raak sommer die moer in as ek van sulke voorvalle hoor. Ek kan nie verstaan dat daar nie daadwerklik teen probleem-ape en -bobbejane opgetree word nie. Ek het met my onlangse noordelike reis by Buffelspoort met my kettie (sonder "ammunisie) gemik na die ape wat in my bure se rondawel amok gemaak het. Toe sien een van die personeellede my en waarsku my dat ek dit nie moet doen nie. Absoluut belaglik. 

Sterkte vir jou Freda.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 22/02/2019 - 22:16

Kyk, toe is alles baie deurmekaar.   Ek kan nie alles mooi onthou nie.  Ek weet ek het 'n brandewyn gekry om te drink.laugh  Die ander kampeerders kom kyk en wil hoor wat gebeur het.  Daar kom Wardens aan om te hoor wat gebeur het.   Santie neem 'n foto van my been en Nellis is daarmee kantoor toe.   En Colin en Santie besluit ek moet by 'n dokter uitkom.  En ek sit en huil...

Oproepe later word daar vasgestel daar is natuurlik nie 'n dokter in Addo nie.   Die naaste dokters is Kirkwood.  Die een aan diens word opgespoor, hy kan my nie help nie, ek moet na Kirkwood hospitaal toe gaan.  Nee, sê die mense in Sanparke se kantoor, daardie hospitaal is uiters swak, julle kan nie soontoe gaan nie.  Ry eerder na 'n hospitaal in die Baai.

Ek sê vir Colin, ag nee, kom ons los dit, ek sal OK wees. Maar ons praat met my suster se seun, 'n dokter in die Baai en hy beveel aan ek moet so gou as moontlik inspuitings kry teen Klem-in-die-kaak en Hondsdolheid.   As jy nie betyds behandel word teen hondsdolheid nie, sterf jy daarvan.

Colin sluit die karavaan, vat net saam wat ons moet en ons ry daar weg, vol van plan om Vrydagoggend terug te gaan en verder te kamp.   Ons gaan na ongevalle by 'n privaathospitaal maar wag amper 2 ure voor hulle my kan help.   Ek kry een inspuiting vir klem in die kaak, een vir rabies, die wond word ontsmet en verbind, en ek kry antibiotika om te drink.   Ek moet Sondag weer gaan vir nog 'n inspuiting teen die rabies en dan nog twee, elk 'n week later.   Ons kom naby middernag terug by ons huis, moeg en honger want ons het nooit geëet nie.   Toe eet ons ontbytpap en gaan bed toe.

In die nag toe besef ek.   Daar is geen manier wat ek verder daar kan kamp nie.   Ek sal vreesbevange wees vir die ape.   Ek sal nie naby die ablusies kan gaan nie.   Ek was in my lewe nog nooit so bang nie.   Dit was 'n nagmerrie wat ek nie vir my grootste vyand toewens nie.

Môre sal ek julle vertel wat gebeur het toe ons vanoggend die karavaan gaan haal.

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 23/02/2019 - 04:46

Ai tog Freda, daar is als nou opgefoeter. Ek sal wragties nie lekker gaan kamp as die spul ape so windgat raak nie, dit is nou jammer om te hoor. Wonder of mens van die spuitkannetjies, (Mase? of so iets) mag gebruik om hulle te verwilder. 

Hopelik het die bestuur daar uit die voorval geleer, volgende is dit dalk n kind wat verskeur word.

 

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 23/02/2019 - 07:14

Freda, so jammer om van die insident te verneem, sterkte vir jou.

Hulle sê,  as 'n perd jou af gooi, klim dadelik op en ry die k@k uit hom uit, maar hier roep ek ook halt. Ek begin stadig maar seker saam met Len stem, raak ontsla van die probleem diere en basta, volgende keer gaan dit erger wees.

Chris, by Buffelspoort is die ape bang vir 'n kettie, al het dit geen ammo in nie, as 'n personeel lid my verbiet om te mik, stuur ek hom / haar warm plek toe. My vrou en kinders en kleinkinders is my hoogste prioriteit.

 

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sat, 23/02/2019 - 07:15

Ag jinne Freda, ek is so jammer om van jou aaklige ondervinding te hoor. Ek hoop jou been word gou en sonder probleme gesond. Ons dreig al lankal om weer 'n keer daar te gaan kamp maar na wat nou met julle gebeur het sal ons maar hou by dagtrippies.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 23/02/2019 - 08:35

Voor ek vertel wat verder gebeur het, wil ek eers vir julle die volgende sê.   Ek het daai heeldag met los sloffies aan my voete geloop.  Net voor ek toilet toe is, het ek skielik tekkies gaan aantrek.   Daardie tekkies was my wapen.  As ek basies kaalvoet was, sou ek nie so kon skop na die aap nie.

Daardie aap was eintlik vir my ook bang.   As hy regtig wou, kon hy my verskeur en doodgemaak het.  Maar hy was tog bang om te naby te kom.   Hy het aanmekaar sy tande vir my gewys, hoekom het hy nie op my gespring en gebyt nie?  Hoekom het hy net met sy pote na my bene geklap?   Ek is net 1.5m.   Op sy agterpote is hy seker langer as ek!  Hy het wel geen tekens getoon van ophou nie, hy was vasberade om voort te gaan, totdat die skoonmaker opgedaag en hy weggehardloop het.

Ons het 'n shock gun in die karavaan wat gecharge was.   Ek het nooit daaraan gedink om dit saam te dra nie.  Ek sou hom lights out daarmee kon skok, dit sou beslis 'n voldoende wapen gewees het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus