Len Loader het onlangs die KKNK in Oudtshoorn bygewoon en op Kleinplaas gekamp. Oom ook te lees oor hulle KKNK ervaring, lees gerus hier: KKNK Oudtshoorn 2017
Om te begin, dit is Kleinplaas in Oudtshoorn en nie Kleinplasie nie. (Laasgenoemde is naby Worcester).
Die oord bestaan uit verskeie chalets en 'n groot kampeerterrein met staanplekke vir woonwaens, ryhuise en tente. Feitlik alle staanplekke is onder reuse koeltebome met kragpunte en waterkrane gerieflik geplaas.
Die diens by die kantoor is van uistaande gehalte.
Staanplekke is onder reuse koeltebome
Daar is 'n uitstekende ablusieblok (van die heel beste ontwerpte storthokkies wat ons nog teëgekom het, met 'n glasdeur tussen die stort en aantrekhokkie) - ook 'n was- en strykkamer, toegerus met wasmasjiene en tuimel droeërs. Daar is ook 'n chemiese-toilet spoel fasiliteit.
In die middel van die oord is 'n reeks geboude braaiplekke, maar as jy verkies om by jou wa te braai, moet jy jou eie braaier saambring.
"Skoonmaakdienste by die ablusie en swembad is van uitstaande gehalte!"
Die oord is omhein met lemmetjies draad en toegangsbeheer asook 'n roterende nagwag. Ongelukkig, ten spyte van hierdie maatreëls, kom diefstal van tyd tot tyd voor - twee gevalle tydens ons verblyf daar verlede week.
Kyk gerus ook by: http://www.kleinplaas.co…
- 35 views




