Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -59 minutes ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago

Spaar jy as jy kampeer ?

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Wat dink julle ?

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 08/01/2020 - 18:52

Ek weet regtig nie en wil ook nie weet nie, want ek kamp nie om goedkoper vakansie te hou nie, maar omdat ek van die leefstyl hou.

Wat ek wel weet, is dat die reis- en verlyfkoste van my jaarlikse karavaan-vakansie vanaf die Kaap tot in die Kruger Wildtuin vir 'n maand lank en dan weer terug Kaap toe, beloop in die omgewing van R25 000.  Die brandstofkoste beloop R6000 meer as die kampeerkoste en dis maar die prys wat ons wat in die Kaap wil bly, moet betaal.

Ek het 'n vriend hier in die Kaap wat nie kampeer nie, maar per motor reis tot in die Wildtuin en dan tuisgaan in chalets  -  sy reis- en verblyfkoste beloop R40 000 vir 'n twee weke vakansie.

In albei ons gevalle slaap ons wel oor tydens die 2000km rit en hierdie koste is hierbo ingesluit.

'n  Chalet kan mos nie lekkerder wees as hierdie nie :-

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 08/01/2020 - 20:05

Wat is die artikel se gevolgtrekking?

Wildehont, ek sal kyk of ek 'n beter een kan kry, miskien kan iemand wat op Netwerk24 ingeteken is dit beter kry.  Dit was glo in Sondag 5 Jan. se Rapport gewees.

 

0

Nee wat, ons spaar nie, kamp en of weggaan is vir ons bederftyd.

Moontlik op die verblyf ja, maar dis ook al, maar dan sluk die lorrie ekstra sous vir wat dit werd is.

Maar stem saam Len, ons kamp nie oor besparing nie ons kamp omdat dit lekker is.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 09/01/2020 - 09:09

Vir ons jaarlikse Kruger wildtuin toer het ek al die opsies vergelyk:

Vlieg, huur ‘n kar en bly in die goedkoopste hutte (R27 545)

Vlieg, huur ‘n ingerigte kampeerwa (ek kan afslagtariewe kry deur ‘n kontak) en kampeer (R27 031)

Ry met die Everest en Kavango en kampeer (R17 892)

Die laaste opsie sluit uiteraard nie slytasie en die koste van die aankoop van die Kavango in nie. Dit het egter die volgende voordele:

  • Ons is daar met ons eie, hoë voertuig
  • Ons kampeer
  • Ons slaap in ons eie beddens met eie beddegoed
  • Ons kan meer goed saamvat as wanneer ons vlieg

 

 

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 09/01/2020 - 09:44

Môre kampeerders

Die kriptiese vraag kan op 2 maniere vertolk word;

1] is dit goedkoper om te kampeer teenoor chalet,

2] of spaar/besnoei jy tydens 'n kampeer vakansie.

Ten opsigte van laasgenoemde, ek dink die meeste mense spandeer effe meer tydens 'n vakansie teenoor as hulle by die huis sou bly. Dit is natuurlik beslis 'n funksie van mens se ingesteldheid en lewenswyse. Sommige is effe meer spandabelrig met vakansie en bederf die gesin so ietwat.

Ten opsigte van nr 1, dit is beslis goedkoper aan verblyfkoste om te kampeer as om in hutte en chalets te bly. Byvoorbeeld, 'n 2-slaper hut in KNP, met lugreeling, eie ablusie en koel/yskas kos ongeveer R1300/nag. Die koste vir 'n kampplek is ongeveer R360/nag.

Ongelukkig is daar 'n kapitale uitleg verbonde aan kampeer, maar ek wil glo dat ek my geld gespandeer op my boswa eendag sal terugkry, want gebruikte waens se prys verhoog met tyd.

Groete  

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 13/01/2020 - 13:11

Kamp is lekke spaar ek ja verseker buite seisoen is tops doen jou beplanning goed

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 14/01/2020 - 08:08

Vir die mense wat alreeds basiese kampeer toerusting besit soos bv. 'n eenvoudige dome tent, kampstoele, gasstoof ens kan kampeer beslis 'n goedkoper opsie wees.    Ek het die laaste week gesien waar ons gekamp het was daar heelwat gesinne wat baie eenvoudig kampeer.    Die hele kit wat hulle gebruik kos seker nie meer as R10 000 tot R15 000 nie en kan vir baie jare gebruik word.   

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 14/01/2020 - 08:51

Ek kampeer ook omdat dit vir ons lekker is. Maar my huidige 8-nagte wegbreek is weereens 'n bewys dat ander selfsorg-akkommodasie nie bekostigbaar is vir 'n ware lang vakansie nie.

Ter wille van ons kinders wat tans uit Roemenië by ons kuier, het ons besluit om 'n kort wegbreek te onderneem - 2 nagte elk in Karoo Nasionale Park en 'n selfsorg Lekkeslaap-eenheid in Oudtshoorn. En tans vir 4 aande by ATKV Hartenbos. Ons is 4 volwassenes en 'n kind van 13 jaar.

Oral is dit selfsorg-akkommodasie (Karoo Nas Park het 2 oggende se ontbyt ingesluit - wat standaard is as jy in hul selfsorg-eenhede bly). M.a.w. al die ander uitgawes t.o.v. maaltye kom nog by, net soos met kampering. Akkommodasie-koste beloop R13 500+ vir die 8 nagte. Wat my aanbetref is dit BAIE duur.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 14/01/2020 - 11:22

Ek glo sterk dat jy spaar as jy kamp teenoor ander verblyf. Staanplek is goedkoper as vaste verblyf. Brandstof en etes is maar in albei gevalle daar en dan om jou karavaan/tent te koop is n belegging en kan mos weer verkoop word indien nodig en ek dink nie dit moet saam met die koste gemeet word nie. Maar net my 10c

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 14/01/2020 - 17:01

Eet moet jy eet, of jy tuis bly, en of jy weg is, dus reken ek nie kos as 'n uitgawe nie.

Die, ongeveer, 30% ekstra brandstof spaar jy op verblyf, veral as dit langer as net 'n naweek is.

Ek slaap in my eie bed,  en dit is belangrik.

Jy is naby die natuur (die lewe is 'n lied, die natuur voorsien die musiek).

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 14/01/2020 - 17:38

My kop werk so. ñ Lekker bederf met Lodges en Gamedrives en aansit etes bly lekker, maar daarvoor moet ons beplan en begroot. Selfsorg werk goed as ons n vinnige trip doen. Karoo se Afsaal hut, bespreek ons maklik vir 3 aande, n Chalet hier en daar vir n kort wegbreek. Nou.... Die lekkerste is om ou Jurgie met sy eie reuke en knusheid te pak.  Die styflê op die dubbelbedjie, pompie hoor raas as jy water tap, ietsie kyk op die klein tv stelletjie, mense dit is die heel beste en lekkerste en bekostigbaarste, dit is nie die belangrikste nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 14/01/2020 - 21:05

Chris, ek sien jou koste vanaf Worcester is omtrent R8 000 goedkoper as myne.  Ek is wel 'n maand lank binne-in die Wildtuin en verneem graag op hoeveel dae in die Wildtuin is jou berekening gedoen ?

Ns. Ek hoop nie die verskil is te wydte daaraan dat jy met 'n Ford sleep en ek met 'n ou Nissantjie nie !

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/01/2020 - 22:06

Oom Len, daardie was bereken op 8 aande. Ons gaan vir 11 aande vanjaar, maar ek het dit destyds op 8 uitgewerk en was te lui om dit oor uit te werk. My Fordjie is baie dors want dis ‘n outo en ‘n 4x4. My diesel vir die ongeveer 5000km (ons ry via Potch en Prieska terug) sal teen R16,50 ‘n liter seker so net oor R13000 uitwerk. Hopelik is die gemiddelde prys darem bietjie laer as dit...

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 15/01/2020 - 10:31

Chris Wildehont - so gepraat van koste van diesel. Ek druk gewoonlik deur tot Beaufort-Wes en maak vol by die Engen Truck Stop soos wat ek Beaufort-Wes van die suidekant af inkom. Ek het die afgelope Vrydag weer daar volgemaak. Hulle prys is meer as R1.50/liter goedkoper as in die dorp. Dan druk ek deur tot Springfontein en vul weer op by die Engen vulstasie naby die N1. Hulle prys is baie goedkoper as Colesberg se vulstasies (ook heelwat meer as 'n Rand/liter).

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 15/01/2020 - 11:30

Middag vriende

Nou vir die kan wurms se oopmaak!

Sou julle sê daar is ekonomiese voordeel om met 'n turbo-diesel te sleep, teenoor 'n groot petrolmasjien. Hou ook in gedagte dat petrol enjins al hoe skaarser word. Dink asb verder as net brandstofverbruik.

Byvoorbeeld, Ek vermoed dat dubbelkajuit Ford Ranger's nie meer beskikbaar is met petrol enjins nie. So ook vir Nissan en Isuzu. Toyota het darem nog die 2.7 model, en dan NET die v6 4x4 outomaties, in Hilux vorm, Prado en land cruiser.

Blykbaar is die 2.7 petrol omtrent net so dors as die v6, en beide het minder wringkrag as die turbo diesel variante. Ai tog, hoe kies 'n petrolkop nou sy volgende sleepvoertuig.

Groete

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 15/01/2020 - 16:05

My opinie is as jy sleep, kan jy nie net na die mees ekonomiese kyk nie.  Sleepkrag (wringkrag) is die heel belangrikste komponent om na te kyk as jy 'n sleepvoertuig oorweeg. Daarna kom ekonomiese brandstof verbruik en ander eienskappe.

Beide my voertuie, (een 'n sleepvoertuig en die ander 'n platkar) is turbo-diesel aangedrewe en ek verruil hulle beslis nie vir 'n petrol voertuig nie.  In beide gevalle is die wringkrag (een 450Nm en die ander 500Nm) ongelooflik kragtig met 'n groot, swaar karavaan in die geval van die sleepvoertuig en die brandstof verbruik baie billik.  My redelik groot platkar verbruik 6l/100km en my sleepvoertuig gemiddeld 16l/100km met 'n groot, swaar karavaan agterna.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus