Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -4 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -6 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -13 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -16 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -16 hours ago

Namakwa blomme

Brits
Submitted by wessels on
Forums
Middag vriende Is daar van julle wat vanjaar gaan blomme kyk in Namakwaland?? Waar beplan julle om te kampeer?? Groete
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/08/2020 - 16:16

Wessel, ons ry môre om te gaan blomme kyk, ongelukkig sonder die karavaan want ons wil graag 'n paar agterpaaie ry.  Ons slaap môreaand tussen witlakens by Klawer Hotel en gaan tot by Nieuwoudtville ry en daar omdraai.

Behoort Woensdagaand terug by die huis te wees.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 24/08/2020 - 17:46

Twee woonwaparke wat ek met vrymoedigheid kan aanbeveel (uit persoonlike ervaring) is Kroon Lodge by Kamieskroon en Groenrivier by Nieuwoudtville. Ek het ook nog net goeie dinge van Rondeberg tussen Clanwilliam en Klawer gehoor.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 25/08/2020 - 07:59

Met ‘n Kavango gaan mens mos waar jy wil. Die Groenrivier gedeelte lyk na ‘n goeie plek om ‘n Kavango te laat staan vir ‘n paar dae. Van die terreine kan sonder 4x4 bereik word, gaan lees meer hier.

Net ‘n uittreksel uit die webblad hier bo. 
A

0

More Len Chris en ander

Len: Hoop julle geniet dit

Chris: Dankie, ek teken dit aan in my boeke. Ek maak so stadig aan inligting bymekaar, dan oor 'n jaar, as ek 100% my eie baas is, kan ek sulke lang toere rustig aanpak.

Groete

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 25/08/2020 - 10:32

More Wessel, ongelukkig het die inperking meestal planne in die wiele gery, ek so so graag hierdie jaar wou gaan want dit is die beste jaar, in jare!

My neef en sy vrou is tans daar hy sê dit is asemrowend mooi.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 25/08/2020 - 19:13

Onthou - die Groenrivier waarvan ek praat, is op 'n plaas net buite Nieuwoudtville. Nie Groenrivier (ala Adriaan Niewoudt van Kubus-faam) by die Groenriviermond teen die kus nie.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 26/08/2020 - 19:41

Goeie naand vrinne !

Ons is gisteroggend hier weg uit Kaapstad en so 40km verder slaan 'n digte mis en later dik wolke toe  -  'n nagmerrie vir enige blomkyker. Die blomme het warm sonskyn nodig om prentjie mooi te vertoon.  Ons het die ongeveer 300km tot in Nieuwoudtville gery in digte wolke en mis.  Daar het dit so vir 'n uur oopgetrek waar ek my enigste 4 fotos geneem het.  Ons het teruggery tot in Klawer waar ons in die hotel oornag het.

Vanoggend weggetrek uit Klawer (toegetrek van die mis) Lambertsbaai toe, en daarna Paternoster, Vredenburg, Darling tot terug by die huis.  Daar was redelik blommetjies langs die pad, meestal oranje, wit en geel, maar die veelkleurige lappe blomme was afwesig.

Ons het gister en vandag 890km gery  -  dit was 'n lekker wegbreek om net 'n bietjie weg te kom, maar wat blomme-kyk betref, was dit maar ongelukkig teleurstellend.  Dit reën van môre af tot minstens Saterdag en blomme-kyk is buitendien tot dan buite die kwessie.

.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 09/09/2020 - 19:28

Neef wil graag sy plaas se blommetjies hier onder Lennie sin sit. En ek dra dit aan hom op, wens hy was hier om die geur van die Septemberbossies te ruik, saam my daai voetpaadjie te stap.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 10/09/2020 - 09:14

Mooi wereld ek moet daai kant toe kom blomme of nie daar word jy weer een met natuur

0

Middag vriende

Julle wat al gaan blomme kyk het,

 1]op watter gebied moet mens konsentreer. Springbok omgewing, of laer af rondom VanRhynsdorp omgewing, of nog laer na Clanwilliam omgewing.

2] weet julle van kampeergeriewe op privaat plase. Daar is blykbaar 'n Skurweberg boskamp naby Loeriesfontein.

Ek mag verkeerd wees, maar mens is dalk veiliger op 'n plaaswerf as in 'n dorps-oord.

 

0

Middag vriende

Ek het so bietjie op internet gaan loer, en op die volgende plekke afgekom;

Sprinbok woonwapark

Modderfontein --- Sprinbok

Verbe naby Kamieskroon

Kroon Lodge---Kamieskroon

Skurweberg boskamp--- Loeriesfontein

Groenrivier--- Nieuwoudville

Gannabos----       ..

Grasberg-----      ..

 

Daar is sekerlik nog. Sal graag wil sien watter plekke kan julle byvoeg, en kommentaar van plekke waar jul al oornag het.

 

 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 08/08/2021 - 13:35

Van die genoemde plekke wat Wessel in sy laaste inset noem, het ek persoonlike ervaring van twee daarvan - naamlik Kroon Lodge by Kamieskroon en Groenrivier by Nieuwoudtville. Ek kan beide aanbeveel, maar Kroon Lodge is 'n klein juweel - die woord "netjies" voldoen nie heeltemal aan hoé ek die plek wil beskryf nie. Kyk maar na Koos Mol se resensie.

Groenrivier is lekker gerieflik met sy privaat-badkamers en is net buite die dorp geleë.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 08/08/2021 - 13:58

Dankie Chris, mens vergeet soms om daar te gaan kyk.

Hier is die skakel na Kroon Lodge.

Koos en Josef Willem het die resensies gedoen.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 08/08/2021 - 14:08

Ek sien op die ander form is daar ten minste hierdie een.

.

Wag ek gaan dit "copy & paste"

A super pleasant experience awaits you here. I cannot find word to describe the roads leadingto the park and in the park. It is all gravel and some of them very basly couragated and deep sand. But that is what you get when you decide to camp here. Personally I feel that management can give a little bit more attention to the roads, especially the thick sand parts. This cam is not for everybody and you need to be sure what to expect, to be totally self sufficient. Al the campsites is on sand and fantastic sea views. Long drops are well maintained and at Skuinsklip the park staff even asked to take our rubbish bags along. Thank you! We enterd at Hondeklip baai so there was no shop. Fresh water is available at Groenrivier. No cell hone reception in the park, but we did get some signal at Skuinsbaai Noord and Groenrivier Gate. This is a paridise for nature and photography lovers. We always felt safe and absolutely loved every second.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 08/08/2021 - 14:45

Moenie Groenrivier by Nieuwoudtville verwar met Groenriviersmond in die Namaqua Nasionale Park nie. Eersgenoemde is die "makker" plek terwyl Groenriviersmond eintlik vir die 4x4 manne is - en ver verwyderd van mekaar.

0

Middag vriende

die kortste pad vir my van Brits af, is die N14, deur Kuruman en Vryburg. Afstand tot op Springbok is 1165km en 1x oorslaap by Red Sands.

Tweede opsie: Om die gewraakte dorpe mis te ry, is om Bloemfontein om te ry, tot by Upington, en dan Springbok toe. Totale afstand is dan 1453km, maar mens sal 2 keer oppad moet oorslaap.

Hierdie uitstappie sal moontlik moet wag tot volgende jaar, behalwe as die blomme ordentlik laat is, en my kans gee om beplande aftrede in werking te stel. O ja, ek wag nog vir my nuwe trokkie ook. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus