6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -54 minutes ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Kamp vir lank

Secunda
Submitted by Sleep nou on

Ek het nou al by verskei forum lede paar dinge geleer oor permanent kamp. Dis my en Berdien se wens ook sodra ons pension gaan is dit ons beurt. Nou geleer by verkei mense wat ook lank staan is die volgende. Moenie jou huis verkoop ek wou maar gaan nie meer altyd n huis op terug te val vir watter rede ook ry min moontlik rond beplan jou ry mooi het ook reeds 85 liter yskas /vrieskas combo gekoop vir exstra vleis te bere as jy lank staan ja gaan eet uit so nou en dan maar moenie dit oordoen beplan vooruit as jy nie weet vra daar is soveel mense wat kan help met advies

Centurion

Voortrekker

Wed, 10/05/2017 - 11:16

Die inligting en ondervinding van die permanente kamp club is baie goed en geniet ek dit altyd om te lees en leer by hulle.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 22/12/2021 - 11:22

Ek plaas dié op hierdie gesprekslyn.

Gesels gister met die oubaas wat hier staan.  Hulle het hulle huis verkoop in Februarie en die nuwe eienaar wou die 3 Maart intrek en sou Swadini toe gaan maar hulle was besig om 'n film daar te skied toe kom hulle hierna Tshipise toe.  Sy vrou is toe hier in Maart oorlede en hy het nognie geskuif nie en bly nou maar dier staan tot ??? ...

.

Weet nie hoekom is die foto so groen nie ? ☹

Hy is lekker ingerig met 'n "window wall" lugversorger in die neuskas, mis sproeiers en al, die grondseil onder die tent lyk soos 'n mat, seker plaveisel onder ?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 22/12/2021 - 11:41

Dis een van heelwat redes hoekom ons nie lang-kamp sal oorweeg nie  -  gesondheidsprobleme of die skielike afsterwe van een van ons twee.  Ons het dit wel gedoen net na ons troue toe ons nog jonk was en het vir 3 jaar permanent in ons karavaan oor die hele land (insluitend die destydse Suidwes-Afrika) getoer  -  ek was verbonde aan die Bank se ouditpersoneel. Ons karavaan-kamp al 52 jaar en beide van ons is gek daaroor, maar na 'n vakansie wil ons graag terugkeer na ons permanente huis toe.  Dan is dit weer uitsien na ons volgende kamp-vakansie.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 22/12/2021 - 11:51

..... beskou ek as kamp vir 'n paar maande aaneen. Die 'oubaas' waarvan Willem praat, klink amper meer na 'n semi-permente kamper. Ek sou laasgenoemde nogal kon doen. Maar Len noem 'n baie geldige punt as hy verwys na die 'oubaas' se verlies van sy vrou. Ek reken ek sal nog so-iets kan oorkom (soos Arie), maar my beterhelfte sal dit nie onder sulke omstandighede maak nie.

Vir my klink dit egter idillies om só te leef - vir 'n paar jaar. Maar ek sal ook nie my huis verkoop nie.

Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 22/12/2021 - 14:00

Vir my is daar 'n verskil in lank kamp of permanent kamp. Lank kamp is vir my op een plek kamp vir lank en weet nie of ek dit wil doen nie. Ons staan nou by Drakensville van Sondag af en dit reën net en die voorspelling vir die res van die jaar lyk nie goed nie. Gelukkig kan ons die onderdak warm swembad gebruik en dit is koud. Mense dra warm klere so koud is dit. 

Will liewers aan beweeg na plekke waar die weer beter is as ons permanent kamp en wil nie vasgevang word omdat ons vir lank bespreek het nie. Soos die swaeltjies wat ons in Tsipiese gekry het wat vir maande op een plek kamp. Glo ek sal vervelig word.

Sit ek nou en wonder terwyl ek hier skryf hoe lank 'n tent en karavaan sal hou as hy aldag aan die elemente blootgestel word.

Sal verkies om te toer as te lank te staan.

Sal ook nie huis verkoop nie.

 

Worcester

Wildehont

Wed, 22/12/2021 - 14:06

Will liewers aan beweeg na plekke waar die weer beter is

Dit wil vir my voorkom of die hele land se weer tans oppiekoffie is. Ons bure vertel dat kampeerders in Natal oppak weens die slegte weer.  

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 22/12/2021 - 14:16

Glo ek sal vervelig word

 ... en maak 'n "mind shift". Ek staan lekker by Eiland Spa vir 2 - 3 maande. Daar's hope om te doen en te sorg dat jy nie vervelig word nie.

Ons wissel ons dae af tussen rolbal en jukskei speel. Ons gaan stap vir kilometers in die oord self of in die Hans Merensky Natuurreservaat langs die Letabarivier. Ons neem deel aan voëlkyk-uitstappies, ry soms sommer wildtuin toe en oornag 'n aand daar. Jy leer ken jou bure rondom jou en kuier oor en weer of help 'n ander ou waar jy kan.

Maar nou ja, soos ek al vele male op dié forum gesê het: "Elke ou soen sy vrou op sy manier". Wat vir my lekker is, is nie noodwendig vir iemand anders lekker nie - en vice versa.

....oor die selfs lank kamp. 

Vir mense met 'n lekker ruim padwa is dit dalk lekker om maande aaneen te kampeer. Dit kan selfs wees soos Chris B maak met hulle besoeke aan Kruger en die Eiland.

Ek dink egter my Kavango met sy klein sytent gaan my engte vrees gee, veral as die weer sleg is. Die beterhelfte is ook te verknog aan al haar lekker naaldwerk masjiene en wil ook eerder tyd tuis wees.  

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 22/12/2021 - 15:45

Ek het in 1994, toe ek die eerste keer met my tweedehandse 1983 Sprite Sport die langpad uit die Kaap wildtuin en (destyds Aventura) Eiland toe gevat het, 'n paar mense by Eiland ontmoet op wie ek groen van jaloesie was - lang-kampers en permanente kampers.

Die een permanente kampeer-paartjie was Jack en Connie van Wyk. Jack was (as ek reg onthou) koöperasiebestuurder op Ladybrand tot met sy aftrede. Hulle het hul huis verkoop en besluit om die pad te vat met hulle Cressida en Penta. Hulle het 'n vaste reisplan gehad wat hulle elke jaar gebruik het. In die wintermaande het hulle by Eiland gestaan, dan na Rocky Bay, vandaar na Mosselbaai Punt en oor die piekseisoen by Mountain Breeze buite Stellenbosch. Die ander tussenin plekke kan ek nie onthou nie.

Sodra dit nodig was om sy wa se bande te vervang, het hy opgradeer na die jongste model. Ek het hulle vir die volgende 3 jaar nog raakgekamp by Eiland, maar toe het ons vir etlike jare nie weer die oord besoek nie en sodoende kontak verloor.

Ek het vanjaar in Shingwedzi langs Bob en Rosa Swart gekamp - oud Rhodesiërs (hulle weier om te aanvaar dat hulle Zimbabwiërs is). Hulle is so te sê permanent in die wildtuin. Gedurende die wintermaande kamp hulle in Shingwedzi en in die somermaande in Onder-Sabie. Hulle kamp met 'n Isuzu D/K en 'n Penta. Rosa sit amper voortdurend agter haar naaldwerkmasjiene.

Idillies sê ek jou.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 22/12/2021 - 16:41

Ek sal dit maklik doen om so 2 tot 3 maande op 'n plek te staan.  Jy leer gou waar is die beste / lekkerste staan plekke, vir koelte, reën water ens.

Secunda

Sleep nou

Thu, 23/12/2021 - 08:01

Ek en Berdien gaan in woonstel 2 slaapkamer intrek agter my huis en my huis uithuur vir my jongste dogter en haar man tot n wyl hulle self huis gaan koop ons sal ook maand vir maand kamp so kan jy aanbeweeg en ander plekke ontdek vriende maak en kuier

Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/04/2023 - 10:35

Môre vriende

Ek het gou die Ausie paartjie se 9 wenke beluister. Daar is 3 wat baie sin maak;

1] maak seker van water voorraad en beskikbaarheid

2] maak seker dat elektriese stelsel voldoende is, maw die aantal sonpanele, die batterykapasiteit ens

3] die effektiwiteit van jou vrieskaste. Hoe effektief werk dit as dit 45C is, en hoeveel krag vreet dit in sulke temperature. Heel moontlik loop dit konstant, wat groot las plaas op die battery/laaistelsel kapasiteit.

Byvoorbeeld, toe PBE hoor dat ons twee vrieskaste gebruik, het hy onmiddellik gesê dat ek minstens 320watt sonpanele benodig. Bloot omdat die kaste in ons somer temperature langer stroom trek om vriestemperature te handhaaf, EN om ekstra stroom te hê om batterye ook te laai gedurende sonlig ure. 

 

Secunda

Sleep nou

Fri, 28/04/2023 - 07:13

Ek stem wat jy se julle gaan kyk bietjie na Genie water systeem vir kamp ,boendoes ens 

Secunda

Sleep nou

Fri, 08/09/2023 - 10:56

Nou dat ek en Berdien 30 dae by Eiland gestaan het werk die lang staan idee vir my en met huidige petrol prys spaar n mens ook 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/09/2023 - 16:59

Na die afgelope Namakwa toer [26 dae], waar ons hoogstens vir 3 tot 4 aande op 'n plek was, en baie kere net oornag [1 slaap/plek] het ons oumense agtergekom..... dis baie werk. 

Baie werk om voorste bed oop te maak, die stort/toilet uit te stoot, die stormtent oor te trek en sytent op te slaan. Ons het sommer net die voorste bed oopgeslaan en bloots geslaap, of net agterste bed gebruik om werk te verminder.

Die nadeel is, dat mens dit nie in reen kan doen nie, die gebruik van buitekombuis en elektrisiteit in reen werk nie lekker nie.

Die gefoeter is dat die meeste boswaens maar op dieselfde beginsel werk, wat buitekombuis aanbetref. Sommige het net die voordeel van 'n permanente binne bed, wat geen werk verg nie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 14/09/2023 - 22:22

  • Ek dink nou sal jy verstaan hoekom ons twee oues van dae nie meer by 6 kampe (5 dae elk) in die Kruger Wildtuin staan nie.  Ons gaan volgende jaar twee weke in Skukuza staan en een week in Satara
  • Buitekombuise is hoog mode onder karavaan-kampeerders, maar om die redes wat jy hierbo noem, verkies ons ons binne-kombuisie  -  nie dat ons noodwendig daar kook nie, dit doen ons altyd in die tent of stoep-afdak.  Vir oorslaap doeleindes, slegte weer of reën is die binne-kombuisie baie handig.
  • By ons oorslaap-bestemming is ons enigste taak om die vier stutte te laat sak en die krag te koppel. En dis al.
  • Ek kry al meer dieselfde indruk as my vriende hierbo dat julle 'n gewone padkaravaan moet oorweeg.
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus