Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
118792 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pretoriuskop is tops ! Kruger Wildtuin-stories Len Loader -7 hours ago
Nou glo ek jou.

Gepraat van…
Strydoms in Pilansberg Chris Boucher -7 hours ago
Pretoriuskop Kruger Wildtuin-stories Chris Boucher -7 hours ago
Tent

Aircon

AREA Boksburg
te koop Jurgens 1993… Steven -8 hours ago
Pierre, "Isocharger" 94… Johann L -8 hours ago
Ongesien, te koop Jurgens 1993… Johann L -9 hours ago

Augustus 2024 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on Fri, 02/08/2024 - 15:05
Forums

Middag vriende

Ek sal maar die gesprek begin sodat julle kan inval. Augustus het my en Marie omtrent oorval, en dis 'n halsoorkop gespook by ons. 

Dit wil voorkom of dit die norm by almal is, om net so oor te beweeg van maand na maand, oppad Krismis toe. 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 02/08/2024 - 15:37

... hier by die huis in die Kaapse nat en koue. Ek steek my kop skaars by die deur uit. Ons het darem gistermiddag gaan jukskei speel toe ons 'n mooi dag gehad het. My jukskeimaters verneem toe of ons met vakansie was. Nee - net nie lus vir die koue en nat nie. Ek lees vanoggend in ons plaaslike koerantjie dat die afgelope Julie was die meeste reënval sedert 1987 in Kleinmond. Afhangende van waar jy in die dorp bly, verskil dit. Blykbaar is 292 mm gemeet. Ek het 274 mm by my huis gemeet (in die ou taal ongeveer 15 duim) - dis baie.

Vaalpark

Johann L

Fri, 02/08/2024 - 16:19

Kampeer vriende, as ons mag groetedevil, geniet die laaste maand van winter. Hier het ons so paar baie koue dae gehad maar oor die algemeen lekker koel tot selfs so dag of wat kortbroek dae.

Sit nog met twee aande wat reeds betaal is by Klipdraai maar ai die beterhelfde wil niks weet van winter kamp niecrying

Ja Chris, net sowel mens kry mense wat verder as hul neuse dink, toe jy die solar laat insit het, het ek gereken dit is 'n "overkill" maar julle kort winter son en reen tyd maak mos 'n groot verskil aan son vir die panele.

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/08/2024 - 17:42

Middag Jan,

wanneer val julle in die pad kinders en Namibië toe? Jy moet tog asb 'n gespreklyn begin sodat ons ander saam kan toer.

Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 02/08/2024 - 20:22

Naand Wessel....................................................ons vertrek 1 September na Kgalagadi. 

Sal aangaan met vorige toer wat tydelik gestop is. Gaan Kgalagadi, Namibië, Johannesburg, Nelspruit en terug doen.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 03/08/2024 - 11:20

... simpel mense soos ek. Ek het 'n "timer" op my selfoon gestel (al vir jare) wat my elke 4de week herinner om die voertuie se banddruk en olievlakke na te gaan. En elke derde keer - m.a.w. elke 12de week - word die spaarwiele se druk ook nagegaan. Vanoggend was weer sulke tyd. En waaragtig - al vier bande op beide voertuie moes 'n bietjie gepomp word.

Ek wonder ook of daardie skandelike vuil Pathfinder (waarmee ons op 'n foto trakteer is) darem al gewas is?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 03/08/2024 - 11:35

ChrisB jy hoef nie jouself so te beledig nie  -  dis 'n mooi sinvolle gebruik wat ek ook nou gaan doen. Ons ouerige mense moet tog maar altyd herinner word wat moet wanneer nog gedoen word !

Die vuil Pathie was net 'n getuienis dat hy ook grond/modder paaie kan aandurf.  Dit was na 'n naweek se rondry in die Sederberge.  Die gesig in die motorhuis hoe hy lyk was genoeg om hom gou weer skoon te maak -  sonder dat ek herinner moes word !

Brits

Wessel Strydom

Sat, 03/08/2024 - 12:30

....wat ons ouer garde aangeleer het. Soos om ook gereeld na die spaarwiel se druk te kyk. Ek sien Chris B doen dit darem ook. 

Grompie het my ook aangekla en ek het darem al die buitekant skoon. Daar val toe 'n klomp ander prioriteit take voor, en die binnekant moet nog ontstof word.

Blykbaar was dit gedurende Julie baie koud in Brits, wat dalk tot 'n gatslag kon aanleiding gee. So let ek op Donderdag met vloerewas dat die een toilet 'n haarlyn kraak in het, uit die bloute. Dit loop omtrent half pad om die bak, horisontaal. Dus moes ek vanoggend eers by CTM gaan toilet koop. Om tussen al die modelle en opsies te kies, is amper erger as om 'n nuwe Hilux te gaan uitsoek. Ook nie veel goedkoper nielaugh 

Lyk my die kwaliteit van die goete is maar netnie meer soos in verlede nie. Ons moes onlangs die ene in Marie se woonstel ook vervang weens kraak. Met die aankoop van die nuwe, kom dit toe sommer met 'n kraak uit die boks!!!. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 03/08/2024 - 12:58

Ai my vriend, ons het daai bollie raad van Maurits[?] om selibaat te leef te vêr gevat laughlaughdevil

Nee, darem nie, sy het haar eiendom in die dorp gehou vir 'n belegging en bron van inkomste. Laasgenoemde oortref netnet die frustrasie verbonde aan eiendom verhuring.

Pretoria

Geert

Sat, 03/08/2024 - 13:24

Toe ons vertrek uit wildtuin het ek gou die band druk by Berg en Dal nagegaan. Was snaaks toe hul meter wys dat my bande maar 1,6 gepomp was. Ek pomp gewoonlik 2,9 -3.0. Toe ek by 2,8 kom, voel en lyk dit of bande reeds baie styf gepomp is. Ek los toe op 2,8. Toe ons ry, voel dit vreelik hard. Ek dog toe as ek op hoër vlak is .....by Milley's, sal ek weer bande kyk. Maar dit het later so ongemaklik gevoel dat ek onder in Schoemansdal by Viva gou ingery het. Toe ek hul meter opsit wys die bande 4,2. Ek het toe alles afgeblaas na 3 en het toe maar weer by Millys ook gekyk om seker te maak. Hulle pomp het ook toe 3.0 gewys. Ons het toe lekker verder gesleep. Wys hoe ver uit is daai pomp meter by Berg en Dal.....word seker nooit gekalibreer of gediens nie? Eintlik gevaarlik

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 03/08/2024 - 14:02

... banddrukmeter by 'n vulstasie nie. Ek het my eie banddrukmeter wat ek by ons plaaslike SupaQuick se gekalibreerde banddrukmeter getoets het. Myne stem ooreen. Daarom gebruik ek my eie meter en net wanneer die bande koud is (soggens voordat ek enigsins gery het). En ek gebruik my eie kompressertjie wat altyd in die Hilux saamry.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 03/08/2024 - 18:01

Ek het een van daardie outydse banddrukmeters wat lyk soos potlood (of pen) waarvan die meetpen uitdruk tot op die betrokke lesing.  Ek het hom al honderdkeer getoets en hy is baie akkuraat. Hierdie outydse metertjies bestaan al vir jare sedert ek 'n kind was  -  my Pa het ook een gehad.  Ek meet ook net banddruk op 'n koue band wat nie warm geloop is nie.

Pretoria

Geert

Sat, 03/08/2024 - 18:08

Ek het een van daardie outydse banddrukmeters wat lyk soos potlood (of pen) waarvan die meetpen uitdruk tot op die betrokke lesin

Is diè meters nog beskikbaar?

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 03/08/2024 - 18:31

... jy kry nog daardie "uitdruk" meters. Ek het een sowel as 'n digitale meter. En beide is akkuraat - gee dieselfde lesing. Maar ek gebruik merendeels die digitale meter.

Ek het beide my meters by Midas gekoop.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 03/08/2024 - 19:52

Ek vertrou ook net my eie "gekalibreerde" meter. Wel analoog maar ek kan dit maklik sien sonder leesbril.

Len: Is jou penmeter in kPa, bar of nog outydse pond/vierkante duim??? My pa het ook so 'n meter gehad, met die klomp strepies om die pen. Erger as 'n skuifliniaal om te lees.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 03/08/2024 - 21:49

.....myne is in kPa  -  ek dra gelukkig permanent 'n multifokale bril en kan dit perfek lees.  Sonder die bril : glad nie !

Brits

Wessel Strydom

Sun, 04/08/2024 - 06:43

Môre vriende

Daar is vanoggend 'n mooi beskrywing en video van renoster onthoring in Maroela media. Dit handel oor die voortdurende projek in Pilansberg, en persone/instansies betrokke.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 05/08/2024 - 16:58

...vir Marie se handlanger, genaamd ou Wessie. Jis het ek vandag gebrul in die son om haar woonstel se sitkamer "French door" en staalwerk te verf.

Julle handige manne ken seker die nuwe produkte beter as ekke. In plaas van die Red Oxide Primer beveel die verfmanne toe aan om NS4 roesweerder/onderlaag eerder te gebruik. Dit werk baie lekker omdat mens blykbaar nie die roes tot blink staal hoef weg te skuur/borsel nie. 

Ek het wel die roes met "putty" mes en staalborsel grootliks verwyder, voordat ek die wit kleur NS4 aangewend het. Môre oggend sal ek die bolaag gaan aan verf. 

Ek sal maar 'n blikkie swart NS4 gaan koop vir die swart staalhek voor die motorhuis. Dan hoef ek nie klomp bolae te verf om alles weer mooi swart te kry nie.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 05/08/2024 - 17:59

Ou Wessie... jy is ń baie goeie man.

Huis verf, en nog minder venster- rame. Wat nog van eers afskuur. Nee, nie dat neef dink hy is te goed vir die klas werk nie, dit is net iets wat nie by my byval vind nie. Dan eerder gaan ek eerder volunteer vir rys plant.

Hopelik is die " vergoeding" darem in lyn met die klas werk. Minimum loon is nou R250.00 per dag, so jy kan darem ń redelike ietsie aanskaf om die keel nat te maak na die dag se arbeid.

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 05/08/2024 - 18:46

jy word hartlik uitgenooi na die volgende geleentheid (kom net op eie stoom hierlaugh)

Weet nie presies waarom nie, maar Vrydag toe ons in Middelburg was het ek 'n plakkaat afgeneem wat die volgende adverteer:

SKAAPKOP ETE

Naam van Resort;  6 September 2024

Voorgereg: Tuisgebakte potbrood bedien met botter en konfyt

Hoofgereg Keuse: Heel Gebakte Skaapkop / Geurige Beesstert Potjie / Heel Gebakte Hoender  Bedien met Samp / Rys                                                                                                                            Patats met Room en Bruinsuiker                                                                                                            Tradisionele Marog                                                                                                                                    Slaai

Nagereg: Malva Poeding bedien met Vla

DJ / DANS / SPRINGKASTEEL / KONTANT KROEG

Ek sal waarskynlik volstaan by die voorgereg en is veral opgewonde oor die springkasteellaugh

Indien dit nie genoeg rede is om in die pad te val nie, onthou die wildtuin is net hier naby!

Hoor graag van jou sodat ek die bespreking kan doen!!