Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -2 minutes ago
Goeie hout... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 minutes ago
die Burger.... Media24 se koerante en… Wessel Strydom -10 minutes ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) Goeie Hout -41 minutes ago
Rapport Media24 se koerante en… Geert -1 hour ago
Puppy Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago

Media24 se koerante en tydskrifte op jou tablet

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is 'n ingeskrewe kliënt van Media24 en kry my koerant (Die Burger) daagliks by my voordeur afgelewer.  Dit gee my ook dan gratis toegang tot al Media24 se koerante en tydskrifte op my tablet waarvoor ek glad nie lief is nie.

Gegewe dat ons nou een van die dae vir langer as 'n maand met vakansie gaan wees, wil ek nou ook maak soos my vriend ChrisB.  Hy lees graag sy koerante en tydskrifte op die tablet, ook as hy op vakansie is.

Ek moet natuurlik nou eers oefen en het toe vandag nie die Rapport gaan koop nie en die 62 bladsye op die tablet probeer lees.  Wat 'n gesukkel met die heen en weer skuiwery op die skerm omdat die bladsye te groot is.

My tablet het nie 'n SIM-kaart in nie en ek aanvaar dit werk van my huis WiFi.  Hoe nou gemaak as ek weg van die huis met vakansie is ?  Moet ek 'n SIM-kaart vir die tablet aanskaf en gebruik die diens (koerante en tydskrifte) baie data ?  Vir ons selfone en my laptop het ek 'n klein Vodacom mobiele 5 GIG WiFi met sy eie simkaart wat ek gebruik as ons met vakansie is - koste R100pm. Sal my tablet hierdie mobiele Vodacom WiFi kan optel sonder 'n SIM-kaart ?

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 10/03/2024 - 15:34

Len, my Tablet het ook nie ń sim kaart nie, en tel die huis se wifi op, selfde met laptop, sonder simkaart.

Jy weet seker hoe om onder die "settings" by "available networks" te konnekteer , met die tablet. Vat net die password saam vir die Vodacom .

Jy kan ook met jou foon ñ mobile hotspot maak en daar inlogg.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 10/03/2024 - 15:34

Len jou laptop sal ook die netwerk se web blaaie kan op tel (lees makliker as tablet), die tablet sal ook, mits dit op jou wifi gekoppel is.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 10/03/2024 - 16:23

Ek dink die maklikste gaan wees om eerder Die Burger, Rapport en hier en daar 'n tydskrif op my laptop te lees as op die tablet.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 10/03/2024 - 18:40

Ek is nou-al so gewoond daaraan om my koerante op die selfoon te lees dat ek glad nie meer die papierweergawe mis nie. Ralie mis dit slegs om een rede - sy't die ou koerante in en onder Stoffel se hok gebruik.

Soggens gaan maak ek koffie, neem hare in die bed en ek kom sit in die sitkamer. Ons drink ons koffie en lees beide rustig koerant. Dieselfde as ons met vakansie is. Ons selfoonkontrakte sluit genoegsame data in om dit tydens vakansies te doen. Ek lees selfs my koerante wanneer ek by my kinders in Roemenië kuier - dan danksy my kinders WiFi.

Ek het grootgeword met Die Burger wat soggens afgelewer is en het self daarmee voortgegaan tot etlike jare gelede. My intekening vir aflewering het aansienlik meer as die maandelikse koste van Netwerk24 beloop, maar dan het jy toegang tot laasgenoemde ook gehad. So waarom sou ek toe aansienlik meer betaal as ek slegs op Netwerk24 inteken. Toe ek probleme begin ervaar met my laaste luigat afleweraar wat nie meer die koerant in sy doelgeplaasde houer kom plaas nie (maar sommer enige plek in my tuin neersmyt), het ek aflewering gestaak. Ek het nooit die Rapport gekoop/gelees nie. Maar noudat ek dit ook as deel van my Netwerk24-pakket ontvang, saam met Weg, Wegry & Sleep, Huisgenoot, Sarie en nog meer, is ek 'n gereelde Rapport-leser.

Ek ontvang ook Vrye Weekblad en ons plaaslike koerantjie (Overstrand Herald) per internet.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 11/03/2024 - 07:00

Ek het eers die Transvaler (‘n middag koerant) en later die Beeld (oggend koerant) afgelewer vir sakgeld toe ek op skool was. Dit het my ‘n volle R1 per intekenaar in die sak gebring om elke oggend vroeg op te staan en in die donker met my fiets van huis tot huis te ry. Woensdag was die Huisgids bylae ook by, en was die sak koerante ekstra dik en swaar. As ons die dag moes toets skryf het ek soms met my notaboek op die handvatsels gery in ‘n poging om iets in my kop te kry wat ek die vorige middag nagelaat het. 
 

Ek is nie ingeteken op Media24 nie, en wanneer ek met vakansie is bly ek weg van die nuus af. Dis my tyd om my kop skoon te maak, so ek dink nie aan werk of aan al die nonsens wat in die wêreld aangaan nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/03/2024 - 07:11

As ons met vakansie is, is nuus lees nie deel van ons program nie.

Indien ons in Grompie is met nuustyd, sal ons daarna luister. 

Ons het die jaar vir 1ste keer 'n radio gekoop om saam te neem. Nou kan ons ook in aand na iets soos nuus, die weer of musiek luister.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 11/03/2024 - 07:16

Nuus word so wyd versprei op sosiale media dat ek nie koerante lees nie. Ek geniet nogals Maroelamedia se insette

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/03/2024 - 08:12

...ai my vriend, die afgetredene is voltyds besig met niksdoen soos kompleks admin, tuinwerk en los huiswerkies. 

As ons met vakansie gaan, dan is ek voltyds besig met ontspan, penne inslaan [kap?] en ander lekkerder niksdoen aktiwiteite. 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 11/03/2024 - 08:14

Ek is ook 'n Netwerk24 intekenaar en die Beeld word Saterdae by my afgelewer. Ek sal dit ook nou moet verander as ons Kaaptoe trek. My vrou lees ook baie die tydskrifte op haar foon. Ek doen dit weer op my rekenaar.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 11/03/2024 - 09:59

Ek is nie ingeteken op Media24 nie, en wanneer ek met vakansie is bly ek weg van die nuus af. Dis my tyd om my kop skoon te maak, so ek dink nie aan werk of aan al die nonsens wat in die wêreld aangaan nie. 

Gelukkig hoef afgetredenes nie kop skoon te maak nie, ons koppe is sedert aftrede reeds skoon !

Wat die daaglikse gebeure rondom ons betref, verkies ek dit om bietjie vir bietjie te weet wat in die wêreld aangaan eerder as om dit met 'n skok later alles ineen op die ken te moet vat. 

Ag wat, die lewe is nie só "bad" nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 11/03/2024 - 13:21

Om nie te veel slegte nuus te lees nie is nie sleg nie. Ek bedoel nie mens moet jou kop in die sand druk en maak asof die Kaap Hollands is nie. Maar veral terwyl mens met vakansie is, moet mens eerder fokus op die mooi dinge soos die natuur waarin jy jou bevind saam met die mense vir wie jy lief is. Ek probeer niemand voorskryf nie, dis maar net my mening. Lees my inset asb in daardie lig. 
 

Vakansies gaan verby, en dan moet mens weer die werklikheid in die gesig staar. Maar om vir ‘n week of twee drie daarvan te ontsnap kan mens net goed doen. Dit waarop mens fokus bepaal jou gemoedstoestand en jou uitkyk op die lewe. As mens al die slegte nuus oor ons land en die wêreld elke dag moet lees/luister gaan jy ‘n taamlike grou beeld van die werklikheid met jou saamdra. As jy egter op die positiewe en mooi fokus gee dit jou hoop om voort te gaan. 
 

So was ons bv in 2021 toe die land aan die brand was met Zuma se kort verblyf in die tronk in die Kruger wildtuin. Ek is gelukkig glad nie op Facebook nie en lees/luister nie nuus terwyl ek met vakansie is nie. Ek het dus grootliks daardie gemors gemis en die natuur geniet. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 11/03/2024 - 13:34

...................nie so ernstig nie man, ek steek net draak oor die onderwerp. 

Maak geen fout nie, ongeag al die gemors in die land, ek gaan my vakansie en die natuur sommer baie geniet  -  en les bes sommer ook 'n spesiale stem daar in die Widtuin uitbring.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/03/2024 - 13:41

...ons was ook met die Zuma kaskenades in die KrugerNP. Ek moes egter tydens daardie periode huistoe kom, en was nogal bekommerd oor die beskikbaarheid van brandstof.

Soos ek sê, ek sal nuus luister as ek naby 'n radio is, maar andersins hou ek my soos Len besig, met poleer van woonwa-neus, die wiele, reguit kap van penne, was van bakkie. laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 11/03/2024 - 17:40

Het ook Media 24 op laptop, en lees omtrent nooit nie. Luister nuus as ek in skuur werk, anders is die ou man totaal onbewus van wat aangaan.  Tv gebruik ons ook net om Britbox te kyk, dalk 2 keer per maand. Soos gesê word...., Ignorance is bliss.  

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 11/03/2024 - 19:40

Ek stem 100% met jou inset, wou net niks sê nie want dit kon maklik verkeerd op gesom word. Ek het mos die manier om 'n ding verkeerd te stel, anders as wat volgende persoon lees.

By die huis lees ek Maroela Media en die bietjie nuus wat op google se tuisblad op kom, radio en TV werk nie vir my nie (kan nie elektroniese klanke mooi uit maak nie).

Len, gaan geniet jul KNP toer, vergeet van wat gesê word en doen wat jy van nou.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 11/03/2024 - 19:47

Gepraat van die Transvaler, en was verslaaf aan daai koerant, het dit ook elke oggend af gelwer gekry.

Toe dit gestaak is, het ek die Beeld probeer, maar helaas, dit wou net nie "dieselfde lees" nie.

My ouers het myle gery om die destydse Sondag Stem te bekom en later die Raport, maar selfs dit het my nooit werklik "gevat" nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 25/10/2026 - 14:11

Op facebook kom op my feed die afgelope 3 weke berigte op van media24...veral vanaf Rapport. Ek kan nie dink dat mense nog betaal om daai oningeligte gemors sensasie te lees nie (gebasseer op aflope 3 weke se news feeds) Ek sal hul liewer  betaal dat hul gemors glad nie by my opkom nie. #Rapportmustfall

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/10/2026 - 15:04

...geniet ek om te lees op Netwerk 24. 

Dan lees ek ook die Weg en Wegsleep tydskrifte.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus