Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -1 hour ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago

Wenner - R600 kamp Okt 17

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Baie geluk aan Pierre.   Jy wen R600 vir 'n kamp by Strandkloof in Gansbaai!

Ek dink Pierre was baie slim om 'n kampplek langs die kus te kies, ons kan al die see ruik en kan nie wag om terugvoering te kry en foto's te sien van hierdie kampplek nie.

 

Baie Geluk Pierre!

 

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 17/10/2017 - 07:48

Ons hoop jy gaan jou prys geniet.

Belowe om asseblief alles oor Strandskloof te vertel.  Ons oorweeg om volgende jaar vir 'n maand daar te gaan kamp.   Ek sal graag wil weet hoe jy die kamp self ondervind en ook of mens 'n hele maand die area sal geniet.

0

Freda, ons het al gaan kyk na Strandskloof, dis n baie netjiese kamp, sal nog graag daar wil gaan kamp. Die area, Gansbaai en omgewing, ons is mal daaroor en ek sal graag soontoe wil verhuis. Ek is seker dit sal jou baie langer as n maand kan besig hou. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 17/10/2017 - 14:00

Dankie Chris.  Ek het nog net goeie dinge gehoor van Strandskloofpark.   Op hul webtuiste lyk die staanplekke ook lekker beskut, met heinings tussenin.   Ek glo ons gaan daarvan hou om in die Gansbaai area te wees en daar is baie plekke naby genoeg waarheen mens kan ry.   Miskien moet ons sommer 2 maande bly.   Ek sien hul maandtarief vir pensionarisse is so iets soos R2000 (buite seisoen).

Voortrekker, lyk my jy het Joodse bloed in jou, soos jy pryse en afslag beding.laugh   Ek is bly vir Pierre se onthalwe.

0
Lennox Head, NSW

Pierre

Tue, 17/10/2017 - 17:15

Baie dankie julle! Dit is min dat ek iets wen, maar ek het 'n goeie gevoel gehad oor díe een. Ons sal seker in November daar gaan uitspan. Ek sal laat weet, dankie Anton.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 17/10/2017 - 19:14

Voortrekker, lyk my jy het Joodse bloed in jou, 

ek moet darem vra vir ietsie (-:

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 17/10/2017 - 21:21

Laat weet my van Pierre se datums en waarheen ek die prysgeld moet oorplaas.

Dit is nou die bank besonderhede, ens.

Ek gaan vir so paar dae ontspan in Clarens aan die begin van November. Dit is van die 3de tot so die 9 de.

Jy het mos my e-pos adres.

Groete daar

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus