Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -2 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -4 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -11 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -14 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -14 hours ago

Die Bouchers en Dwarswegstrand

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Die bymekaarsit vir môre se inpak is in volle swang. Inderwaarheid moet nog slegs ons klere gepak word. Die res van die items staan in die leë garage waar die Hilux normaalweg staan - dié is mos by die paneelkloppers. Die koue goed word môre-oggend eers in die Coleman gepak. By gebrek aan 'n kampvrieskas word slegs die eerste 3 aande se vleis saamgeneem - Van Rensburg Foods in George kan dus 'n besoek of twee verwag.

Ons mik om 09:00 hier wegkom, maar as dit selfs later is sal dit nie die kind uit die kot laat val nie. Die reis sal tipiese Boucher-styl geskied - 'n rustige 100 kpu met baie stoppe. Die ouman se regterboud laat hom beswaarlik toe om langer as 1 uur skofte te ry. Omtrent al wat 'n Wimpy langs die roete is, sal dus besoek word vir 'n koffie-stop.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 13/01/2026 - 18:03

... onder van die strand af gesien.

Dwarswegstrand

Ons kaia is die linkerkantste een van die middelste eenheid.

Maar is dít nou lekker na die strandstappie!!

Dwarswegstrand

Daar agter staan die driebeenpot gereed en wag om sy bydrae te lewer tot 'n lekker groenboontjiebredie. Ek gebruik lams-lieslap wat in klein blokkies gesny is. Dit kook eers 'n geruime tydjie ten einde seker te maak die vleis is lekker sag.

Dwarswegstrand

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 13/01/2026 - 18:42

Hoe laat moet ek daar wees vir aand ete.

Heerlik, Heerlik.

Chris wat is jou opinie op die COBB.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 13/01/2026 - 19:08

Ek ken nie die Cobb nie. Ek het al daarmee probeer braai by my kinders in Roemenië, maar met gewone brikette - nie die Cobb se eie houtskool-produk nie. Hulle het een, maar gebruik dit nooit. Hulle braai op gas. Ek kon nie lekker regkom met die Cobb nie - maar dit was a.g.v. 'n gebrek aan kennis hoe om dit reg te gebruik. Ek het verstaan dat dit is eintlik 'n wonderlike apparaat.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/01/2026 - 19:52

Nou vryf jy darem die lekker in grootmaat in.

Ek sê vandag vir Marie dat die somer[warm] maande net te veel is hier by Brits. Die periode sonder kamp/vakansie is net te groot.

Beny julle in Suid Kaap met die gematigde klimaat, en effe warm somers.    

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 13/01/2026 - 20:14

.............vertelling en fotos-wys  -  dit laat my sommer beter voel noudat my karavaan verkoop is.

Ek het ook gewonder waaroor gaan ek op Kampforum gesels noudat ek nie meer 'n karavaan het nie, maar jy het nou 'n deur oopgemaak deur voort te gaan met vakansie-uitspan gesels, selfs sonder 'n karavaan.

Geniet die kuier en moenie teveel niks doen nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/01/2026 - 11:12

... en net so pragtig soos die vorige twee. YR wys 25° vir vandag. Daar's nie 'n wolkie in die lug nie en skaars 'n luggie wat trek. Die see lyk sommer plat vandag. Maar volgens die voorspelling moet ons nie deur die eerste 3 dae se weer geflous word nie. Blykbaar wag daar taamlik reën op ons môre. Hierdie wêreld sal egter goeie reën waardeer - dit is droog hier en Mosselbaai se munisipaliteit het sedert Maandag waterbeperkings ingestel.

Môre is dalk sommer die ideale dag om Van Rensburg Foods op George te besoek. Die bietjie vleisvoorraad wat ek saamgebring het is so te sê uitgeput. Vanaand maak ons pizzas in die Smokey Joe en ek het nog van Joey's se "beef patties" vir oormôre-aand. Ons kan darem nie van Vrydagaand af bek in die wind staan nie. Ek het hoeka lus om van daardie bloukaas-&-vyewors (waarvan Wildehont vertel het) te probeer.

Vandag kuier ons net sommer rustig hier by ons kaia en adem die mooi oseaan, wat voor ons lê, in - dalk darem 'n "beach stroll" laatmiddag. Sommer net 'n dag vir sit en boeklees op die stoep.

En terloops - daardie groenboontjiebredie-potjie van gisteraand was nogals knap. Dit wat oorgebly het is net genoeg vir 'n ligte happie vir vandag se middagete.

Geniet wat julle doen - ek geniet myne.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 14/01/2026 - 13:35

As ek eendag groot is, sal ek ook begin om boeke nader te trek om te lees veral as ek op vakansie is.

Interessantheidshalwe Chris, watse boek lees jy nou ?

Ns. Ek het iewers in 2023 André de Ruyter se boek, Truth to Power gekoop en dadelik begin lees aan die 318 bladsye.  Laas toe ek gekyk het, was ek darem al by bladsy 33 !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/01/2026 - 14:02

... ek het so 'n klein mini-biblioteek by die huis. Oor die jare het ek nogal baie boeke gekoop. Ek het enkele biografieë en/of autobiografieë, maar ek is nogal lief vir bundels kortverhale asook romans. En dan het ek so 'n mal streep in my - ek lees graag hardop terwyl Ralie luister. Ek poog om met gevoel asook verskillende stemtone te lees. Ek probeer om soos 'n radio-voorleser te lees. My ander ou helfte laaik dit en reken ek is baie goed daarmee - maar dit is net sy wat so dink. In my Grabouw-dae het ek een keer per week vir die mense in die ouetehuis gaan voorlees - kortverhale.

Na baie jare verloop het, sal ek weer 'n boek lees - soos nou. Tans lees ek aan "Karretjiemense" van Carol Campbell. Ek het ook "Laat Vrugte" van CM van den Heever saamgebring. Dit was 'n voorgeskrewe boek op skool. Dit sal nou die eerste keer sedert 1971 wees wat ek dit weer lees.

En dan het ek een van my gunsteling skrywers (Dalene Matthee) se boeke saamgebring wat ek jare gelede laas gelees het - "Fiela se Kind". 

Boeke het nou 'n duur item geword. Dus koop ek deesdae selde nuwe boeke en lees maar die oues oor.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 14/01/2026 - 15:56

Ek geniet fiksie, en het altyd by ons plaaslike biblioteek boeke uitgeneem. Ek neem steeds gereeld vir ons kinders boeke uit en die personeel is al gewoond daaraan om my meer as een keer ‘n week te sien. 
 

Een van hulle vertel my toe van die Libby slimfoon toepassing. Ek het al voorheen iewers op die forum daarvan vertel. Solank jy ‘n kaart by jou plaaslike biblioteek in die Wes-Kaap het laai jy die toepassing af, registreer by jou naaste biblioteek daarop en dan neem jy gratis boeke uit en lees dit op jou slimfoon. Die biblioteek koop steeds ‘n aantal digitale eksemplare van die boeke aan en die skrywer word dus nie benadeel nie. Dis al hoe ek deesdae lees, en dis gratis (eintlik ingesluit by my munisipale rekening). Mens kan ‘n klomp tydskrifte ook so lees.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/01/2026 - 17:14

... vir daai "tip" Wildehont. Ek gaan beslis werk maak daarvan.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/01/2026 - 17:44

Soos wat ek nou hier op my stoep sit en tuur met 'n lekker beker koffie in die hand, kan ek amper nie glo dat daar vir vannag en môre reën voorspel word nie. Terloops, ek is ook nou bekeer tog regte-egte moerkoffie ("dark roast Italian" van Importers), maar die ghawwermint hou nog by haar Nescafé Classic.

Dit is die mees fantastiese windstil, sonskynmiddag. Ons was gou Hartenbos toe om die antie by 'n dokter te kry. Ons het die voorskrif by Hartenbos Apteek gaan afhaal. Die apteker vertel ons toe dat die parkeerterrein by hulle (langs Spar) was dag na dag vol van strandgangers wat daarvandaan strand toe gestap het omdat parkeerplek nader aan die strand onbekombaar was. Toe ons daar ry, sê ek vir Ralie dat ek vir geen geld daar wil wees in die piekseisoen nie. En daar is mense wat daardie gedruis soek. Hier waar ek nou sit sien ek slegs 6 mense op die hele stuk strand. Heerlik, rustig, stil.

0
Pretoria

Geert

Wed, 14/01/2026 - 19:07

Julle maak my lekker lus met al die vertellinge. Ja, sal self ook weer by Dwarswegstrandoord n draai wil maak.

Ons het destyds vleis gekoop by n delicatessen in daai klein sentrum langs Glentana karavaan park. Hulle is nogal prysig....naar vleis was baie goed. Hulle is so half versteek agter restaurant op 1ste vloer. (Dis nou as hulle nog daar is)

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/01/2026 - 21:55

Ek het my inkopielys vir môre se George-besoek is opgestel - veral Van Rensburgs se lysie. Hoog op die prioriteitslys is hulle "dry aged sirloin steak". En natuurlik hulle boerewors (en ook van hul bloukaas & vyeboerewors).

Ek sit nog steeds hier buite op die stoep. 'n Beter aand kan jy nie kry nie. Ek sukkel steeds om te glo dat ek môre-oggend (aldus YR.no) in die reën sal wakker word.

Die pizzas was lekker, maar Joey's se "beef patties" sal darem self knap afgaan môre-aand.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/01/2026 - 09:41

YR.no was toe reg. Dit is maar 'n grou dag vandag. Ons het vannag wakker geword met 'n harde bui reën wat geval het. Daar moes wind ook gewees het, want dit het ten spyte van die stoepdak tot op die stoep gereën. En as ek na die see kyk vanoggend kan jy sien dat wind beslis 'n bietjie skop in die branders gesit het. Maar nou roer slegs 'n ligte briesie - nogal koelerig. Ek betwyfel dit of ons gaan son sien vandag. YR voorspel maar 'n maksimum van 18°. Maar dit bly steeds lekker om so te sit en staar na die aaneenlopende uitrol van die branders - al is dit vanaf die binnekant van die woonstel.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 15/01/2026 - 15:47

Mens mag nie kla oor reën nie. Veral nie tans in daardie streek nie. Dit was vreeslik droog toe ons by Dwarswegstrand was. 
 

Het julle toe George toe uitgestap? Ek sal graag wil weet hoe smaak Van Rensburg se bloukaas en groen vye wors. Ons het een keer by iemand anders bloukaas wors gekoop maar dit was vreeslik vetterig. 
 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/01/2026 - 17:05

... ons was toe George toe vandag. Ek moes my inhou by Van Rensburg Foods om nie oorboord te gaan met vleis-aankope nie. Jissie, alles is so netjies verpak en uitgestal.

Ek het toe o.a. van hulle bloukaas & vyewors gekoop, maar ook sosatiewors, geelperskewors en lamswors - afgesien van hul vlagskip boerewors. Wanneer ons by die braai van die onderskeie worse gaan uitkom weet ek nie. Vanaand is eers Joey's se "beef patties" aan die beurt en môre-aand Spar se "chicken espetada". Ek sal die bloukaas & vyewors waarskynlik saam met die espetada braai en dan my opinie lug.

Maar net 'n klein mandjie van Van Rensburg se produkte maak jou sommer gou-gou meer as R1000 armer.

In George het dit sommer behoorlik gesous. As jy met enige persoon daar praat is hulle net vol dankbaarheid vir die reën. Hier het dit nie veel gereën nie, maar die lug is nog heeldag dik oortrokke. Vir die eerste keer kan ek nou-eers die horison op die verre oseaan sien. Maar die see is vandag heeltemal die teenoorgestelde van gister. Gister het die agter die lawwe ou branderjies soos 'n dam gelyk. Nou is dit behoorlik omge-ellie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/01/2026 - 17:21

My skoondogter is só beïndruk met die foto's wat ek vir hulle gestuur het van Dwarswegstrand, dat sy gisteraand terstond gevra het of ek vir haar en haar ma 'n strandwoonstel kan bespreek.

Sy bederf haar ma elke jaar met 'n 2-nag wegbreek (net hulle twee) met haar ma se verjaarsdag op 8 Feb. Verlede jaar was die twee Karoo Nas Park toe. Sy't nog heeltyd getob oor waarnatoe sy haar ma vanjaar kan neem - en het gister besluit dat Dwarswegstrand die ideale plek blyk te wees. Sy sou graag die naweek van 6 - 8 Feb wou kom. Maar toe ek vanoggend by die baie behulpsame Deidre by Ontvangs gaan inloer, kon sy slegs help met 8 -10 Feb (Strandwoonstel 2A). Deidre het voorgestel dat ek die bespreking op haar ma se naam doen vir addisionele afslag. Dit kos haar dus maar R820 p.n.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus