Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek sal graag wil sien hoe… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -24 minutes ago
Lekker man 😎 Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -24 minutes ago
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -6 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -8 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -15 hours ago

Meimaand saamgesels

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Noudat die gebruiklike maters nie die nuwe saamgesels registreer nie, doen ek dit maar.

Sjoe maar die forum is eintlik grafstil in die jongste tyd.

Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 06/05/2026 - 06:29

Geert baie besighede het ook aangedui dat hulle vandag gaan toe wees as voorsorg maatreël. Vanaf gister is daar naarstigtiglik stormwater dreine oopgemaak om vloede te probeer voorkom.

Rampbestuur van die omgewing het inwoners gevra om veilig te bly en nie van paaie gebruik te maak as dit nie noodsaaklik is nie. 

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 06/05/2026 - 06:50

Hier by ons reen dit nog hard, heel nag onverpoos. Ons sal afgesny wees, 2 laagwater buggies. Schoemanspoort het seker ook paar klippe in die pad. Vanoggend het rampbestuur laat weet Meiringspoort is gesluit.

Die WiFi sal seker binnekoort dooi, sonpanele op die repeaters nou al 3 dae sonder UV. Maar ek gaan nou die kaggel se kole roer, paar dik stompe opsit en vir brekfis n choppie braai.

0
Pretoria

Geert

Wed, 06/05/2026 - 07:37

brekfis n choppie braai.

Baie sal seker dink dis pannekoek weer, maar ek hou van die gesellige idee van n kaggelvuur en choppie vir ontbyt....geniet hom

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 06/05/2026 - 08:36

klink ook vir my na iets wat heerlik sal wees vanoggend. Neef Herman, ek kan so 10:30 daar wees, dankielaugh

Ons plan was om vandag Middelburg toe te gaan vir 'n een en ander, maar dié gedagte is pas laat vaar - ook oor die weer. Sedert gisteraand beleef ons erge donderstorms wat kom en gaan. 'n Rukkie gelede het die son geskyn maar nie nou meer nie. 

Vir almal - ons wens vir reën waar dit baie nodig is en hoop dat julle veilig en snoesig sal wees.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 06/05/2026 - 10:57

Dit gaan rof in Knysna. Maters daar het foyos en videos gestuur. Die kar staan voor die polisiestasie. 

BoomBy wat ons die Witbrug noem is die pad vesper. So Knysna us afgesny van George se kant af.

Pad

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 06/05/2026 - 12:25

Dankie tog, iemand kon reaksie uit Voortrekker kry. Ek het ook al gekla oor geen toegang uit Dubai, met geen reaksie.

Al daai blokkeerders wat genoem is, is dan seker ook die rede waarom ek uit die bose Brits ook na vervelens moet wag om iets op forum te bereik of te plaas. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 06/05/2026 - 15:56

En ons Wessel is voorbok met die " kraking". Eintlik heel bo, die ander dissiplines val vêr agter sy spesialiteit.

0
Pretoria

Geert

Wed, 06/05/2026 - 20:56

kinders sê die weer is wild in Jeffreysbaai. 

Op die ander forum is n persoon wat tans in Jeffrey's kampeer. Hy praat van winde van amper 100km/h. Ook foto van skade aan tent van buurman

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 06/05/2026 - 21:16

Ja Geert die storm is rof in Jeffreys vandag. My dogter het laat weet dit gaan storm sterkte daar en hulle pak net handoeke voor die deure om water uit te hou soos die wind dit in waai. Self by die vensters ook ingedruk en ons voordeur het 'n pos gleuf, tot daar het die water ingewaai. 

0
Pretoria

Geert

Wed, 06/05/2026 - 21:42

Het iemand vandag R12 kaartjies gekoop op Flysafair se verjaardag promosie? Dit was hierdie jaar nie so goedkoop soos in verlede nie. Met vandag se R12 kaartjies moes mens ook die lughawe belastings betaal asook die "fuel surcharges" wat pryse aansienlik laat styd het. As mens fisies wou gaan was dit steeds n winskoop, maar is nie soos in verlede wat mense nie omgee waarheen hul vlieg nie, solank hul munt kon slaan uit die afslag. Vriende van ons kon laasjaar nog net kaartjies kry na Oos Londen vir R11....het toe soontoe gegaan vir n naweek, maar as dit nie vir goedkoop kaartjies was nie, sou hul nooit gegaan het nie. Vliegkaartjies vanaf Johannesburg na Durban het van dag na al die ekstras uitgewerk op R599. Was ook aantreklik om wildtuin toe te vlieg teen R400. 

0
Pretoria

Geert

Thu, 07/05/2026 - 06:27

Ai ek wens ek kon die mueseum sien.  Hier by Ysterplaat is daar elke 6 jaar n gebeurtenis en dan gaan ek.  Maar hier hou ou lede van Ysterplaat dit aan die gang.  Dan raak ek soos n kind.

Hierdie vliegtuig tegnologie is vir my ook baie interesant. Soos ek nou geleentheid gehad het om 747 van naby af te beloer kan mens amper nie glo dat daai massiewe vliegtuig met omtrent 300 passasiers en bagasie teen n spoed van omtrent 300km/h die lug in gaan nie....aa mens dink tot 400,000kg.....nuwer 747's tot hier naby 450,000kg

As mens dan kyk na die A380 wat kan opstyg met n gewig tot 575,000kg.....kan 320,000liter brandstof neem. Maar kan met heelwat minder kg land....A380 391,000kg, daarom seker baie keer daai wit strepe van brandstof verbrand om ligter te maak vir landing. Met vandag se aviation fuel pryse van oor die R30, kan n A380 R10,000,000 se brandstof dra

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 07/05/2026 - 07:52

Dankie Geert.  Ek verwonder my ook aan daardie syfers.  En dit maak ook nie sin.  Om Dubai toe te vlieg is 9 uur van Kaapstad.  Om 9 ure n enjin te laat loop op volstoom is ook nog n miracle.  Jy het gestaan in daardie enjin.  Seker baie groot.

Sterkte met die weer.  In die Kaap ook lekker gereen.

0
Pretoria

Geert

Thu, 07/05/2026 - 12:30

Ja, ons het 46mm oor Dinsdag en Woensdag gehad.  Gister klein bietjie gehael, maar gou opgehou. Nie gewoond aan so baie reen hierdie tyd nie. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 08/05/2026 - 07:09

Vir twee oggende nou het ek my reënmeter leeggemaak omdat dit oorgeloop het. Nou weer van gister oggend af 50mm gemeet en dit reën nou nog maar gelukkig het die wind bedaar. 

Ons is nou van Woensdag 12h30 af sonder elektrisiteit en gerugte is dat dit nie voor 15h00 vandag sal aankom nie.

Ons wêreld het baie reën gekry en daar is groot skade en kry die mense jammer. 

Ons is baie dankbaar dat ons geen skade gekry het nie en sien uit na bietjie son wat vir môre voorspel word. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 09/05/2026 - 07:21

Die Swartbergpas is ook gesluit. Nou wonder ek hoe lyk dit af in die Gamkapoort, of die hel,? Daar is baie stroompies wat die pad kruis. Stellig sien ons  die mense met hulle donkies uitstap vir bietjie shopping. Maar hulle is ń tawwe klompie daai Klowers.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 09/05/2026 - 11:24

Vanoggend ñ vreeslike rotsstorting wat ons pad dorp toe heeltemal toeval. Klippe so groot soos Hilux bakkies op die pad. En as bonus is die hoogspanning lyn meegesleur, ligte af hier.

Rotse

Nog klippe

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus