6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -4 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -6 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago

Ongelukig met sommige mense!

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

Ek wil nou eers 'n slag my mond bietjie uitspoel oor sommige van ons pensioenarise en dan ook permanente kampeerders.

Ek het al lank terug ook oor party van hul gekla wat nogal geneig is om te glo dat ons seggenskap het in die kamp. Baie van hulle glo dat meeste vakansie oorde nie sonder ons kan bestaan nie - hulle loop heeldag en moan en kerm en maak demands oor hoe die kamp bestuur die permanente ouens moet voorkeur gee.

Ons is oor die algemeen vrek gelukig met die vooreg wat ons by meeste oorde kry om spotgoedkoop te mag kamp!

MAAR ongelukig is daar weer so handvol kampeerders wat misbruik maak van oord eienaars se goedheid.

Drie Berge gee maand staanplekke teen omtrent 'n kwart van wat ander moet betaal. Ons kan oor Desember hier staan teen slegs R2300 pm, met die voorwaarde dat ons dan vir drie maande hier staan waar Des dan een van die drie maande is. Ek glo ons is moerse bevooreg om die verguning te kry. Verder hoef ons geen deposito te gee waneer ons boek nie, en kan ons dan ook maand vir maand betaal.  Voor verlede jaar het  drie couples net nie opgedaag na hulle vir Des geboek het nie, nie laat weet of niks nie, Drie couples wat bevriend is met mekaar en altyd so saam toer, ek ken hulle ook ongelukig en het toe al vir hulle laat weet dat dit uiters ongeskik en swak maniere is.

Nou Des weer, twee paartjies onafhanklik van mekaar, eerste een moes op die tweede inboek, bel die kantoor so 14hoo om te kanseleer!!!! Ander het tot nou nog niks van hul laat hoor nie!

Dan het dit al 'n paar keer gebeur dat mense vir drie maande bespreek - Des, Jan en Feb. Daag hier op op 1 Des en skeilik einde Des is daar ernstige siekte in die familie en moet hulle ongelukig nou gaan!!!

Ek glo dit is uiters oneerlik en vreeslike swak gedrag om oorde so uit te buit!!!! Ek hoop regtig dat die mense wat sulke goed doen, nooit oor die Gupta's en JZ praat nie, wat hulle doen is maar presies die selfde. Ek glo vas dat iemand wat 'n oord so bedrieg, sal ook die land of iemand anders met miljoene bedrieg as hul die geleentheid kry?

Dit is ook nie net hier nie, gebeur gereeld by omtrent al die oorde waar ons al gekamp het. Daar is mense by richards Bay en ook Tsipise wat loop en brag hoe hul hul kleinkinders in die kamp in smokkel sonder om te betaal!!!!

Baie van my mede kampeerders hier voel ek oor reageer, maar toe ek vertel dat bestuur nou oorweeg om vir almal 'n deposito te vra en ook dat ons dalk vir die drie maande vooruit sal moet betaal, toe voel hulle skielik ook soos ek.

Hiervan lei ek af dat hulle nie regtig so erg gepla is oor die skelms nie, tot dit dalk hul sakke raak, dan is hulle briesend!

Sorry dat ek so afgaan maar ek kan bedrog, liegery, skelmgeid en sulke goed net nie hanteer nie, word ook vreeslik omgekrap met mense wat maar sulke goed sien en dit gelate aanvaar!

 

 

Meyerton

Segekok

Fri, 05/01/2018 - 10:09

Dit is amper soos om te seg  " Ja, ons kom troue toe met ons dogter en haar boyfriend en ons ander 7 kinders"  

Daar word per kop betaal en dan daag die mense net nie op nie.   

Stem saal met Arie .  Uiters ongeskik en  selfsugtig

 

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 05/01/2018 - 10:18

Arie ek stem saam jou somige kampers kla oor alles en jy het reg verwys na pensonaris kampers by ATKV Eiland gedra van hulle soos premadona niks reg alles verkeert en sulke mense maak dit eendag moelik vir my en my vrou om dit te kan doen ons wil ook lank kamp

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 05/01/2018 - 10:22

Sleep nou, baie Oorde wil al klaar niks meet te doen he met pensioenarise en lang kampeerders nie!

Daai groepie mense is al klaar besig om ons plekke al minder en/of duurder te maak!

0

Die problem is dat die "tipe" mens geen maniere geleer het van hulle ouers nie en andersom.

Verder sorg hulle optrede dat ALMAL ongelukkig oor dieselfde kam geskeer gaan word as permanente kamperes wat die oord eienaar maar weereens gaan rondneuk.

Onthou julle die tv program jaaaaare gelede, "Oompie in die ruimte", daar was die goeie mense en dan was daar die slegte mense.

Die slegte mense was verteenwoordig deur n sluwe karaktertjie met so n rooi bos hare en sy naam was Stroppie!

Nou ja, die tipe mense in Oom Arie se klagter is nou die oneerbaarlike Stroppies van die samelewing.

Wat se kleur is DK se hare...

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 05/01/2018 - 10:43

Danie jy is heeltemal reg sien wat se Arie en dit beaam wat ek se vooentoe gaan oorde vir my se sorry vir jou wat op pension is jy betaal selfde soos die ander mokket

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 05/01/2018 - 10:53

Ek stem absoluut saam daarmee dat van die lang/permanente kampeerders 'n houding inslaan van "ons het 'n sê hier".   Hul sal sommer die werkers uittrap, asof hulle hul salarisse betaal!  Of oor die algemeen net aanneem hul kan doen wat hul wil.  In werklikheid moet hulle besef dat hul baie goedkoop staan en tevrede moet wees, al is alles nie altyd na hul wense nie.

Ons het nog nooit langer as 'n maand gestaan by 'n oord nie maar moes nog altyd 'n deposito betaal en die volle balans wanneer ons intrek.   By Willows moet almal wat langer as 'n maand staan, vooraf 'n kontrak teken en drie maande se bankstate aan die oord voorsien.   Dan word dit by 'n vergadering goedgekeur of hulle iemand gaan toelaat vir lankstaan of nie.   Drie Berge is eintlik heeltemal te tegemoetkomend teenoor die mense.   Hul sal moet strenger raak om hulself te beskerm.

Dit is uiters swak maniere van mense om oorde so in die steek te laat.

(Frikadel, ek dink nie DK het hare nie?laugh   Sover ek onthou.)

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 05/01/2018 - 11:22

Wie is Danie??

Slowstrike

Ek stem Arie, dit is baie oneerbaarlik en selfsugtig. 

0
Meyerton

Segekok

Fri, 05/01/2018 - 11:42

Wil net gou hier seg....  

Die "MOANGATTE" word nie eers so wanner hulle oud word nie.  Kyk maar net op die F/B .  Sommer so van die eerste kamp af begin die gedrag sy kop uitsteek.  As die swembad nie koud is nie is die ablusie vuil of die gras is lank. 

Dit raak net erger soos hulle meer ervare word met die gemoan...

(rooi hare word ook blykbaar grys)...

0
Pretoria

Slowstrike

Fri, 05/01/2018 - 11:57

Dit is hulle wat alles vir voornemende lang kampers (Hopelik ekke) opneuk. Die vergunnings gaan opdroog deur hulle swak maniere en manier van dinge doen.

Oom Arie si re om hulle uit te kaas Lekkerus is ook een van die plekke waar die permanete inwoners van die aftree oord sommer ook die kampers aanvat asof hulle die hele plek besit.

Lees mooi dit is `n VERGUNNING nie jou REG om kortings te kry nie. Dus die wat dit misbruik en nie by hulle commitments kan hou ni ekan volgens my maar deur die oorde "geblacklist" word vir die toekoms. Ek wonder of hulle besef daar is net soveel oorde waar jy so lank kan staan

Groetnis

0
Nelspruit

Koos Mol

Fri, 05/01/2018 - 22:39

Ek onderskryf alles wat Arie en andere hier sê. Ons permanente pensioenariskampers is eerstens geseënd om op pensioen te wees met die vermoëns en gesondheid om jou pensioen in rustigheid deur te bring; tweedens bevoorreg om dit in die vrye omgewing van 'n kampatmosfeer te doen en derdens om dit nog teen baie goeie bekostigbare tariewe te doen. Veral oor Desember wanneer oord eienaars 'n lekker vet pakkie sou kon maak uit die werkende hoë tarief betalende kampeerders.

Ek voel bevooreg en sê dankie aan al die binne seisoen kampers wat my laer tariewe "subsideer" en die oord eienaars wat die pensioenarisse tegemoetkom en goedgesind is.

Miskien moet ons as pensioenarisse die gewoonte aanneem om meer erkenning te gee aan die vakansiekamper, want miskien is diegene verkeerd wat sê dit is die permanente kampers wat sorg dat die oorde oopbly maar wel die vakansiekamper wat met betaling van sy hoë tariewe die oorde oophou sodat ons teen laer tariewe ons pensioendae in rustige kampgerief kan deurbring.

Ek hoop en vertrou dat al die "hoëtarief" vakansiekampers ook eendag die vrugte kan pluk en hul buite seisoen pensioendae met laetarief kampplesier kan deurbring.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 06/01/2018 - 05:34

So vertel my. Wat dink julle van die pensionaris wat gedurende Desember sy wa kom staanmaak vir 'n maand (teen dieselfde prys wat ek betaal vir 5 dae)

... en dan staan die wa die hele maand net daar vir sy gerief, net ingeval hy besluit om elke week vir 2 of 3 dae te kom kamp en nie daardie hoer daaglikse tariewe hoef te betaal nie? 

 Anders gesien, pensioen oom wil graag kom kamp vir 'n week, maar vind uit as pensionaris, kan hy sy wa teen die week prys vir' n hele maand  laat staan maak, en hoef self nie eens daar teenwoordig te wees. Indie  hy later die maand weer 1 of 2 keer wil kom kamp dan staan die wa kla reg en staanplek betaal.?    Ek verstaan dat as jy vir 'n stand betaal het is dit joune vir die tydperk, maar is bogenoemde scenario nie ook misbruik van pensionaris voordele nie? 

0
Centurion

Dusty

Sat, 06/01/2018 - 06:14

Anton, my siening is dat as hy n maand tarief betaal en hy wil eintlik net n week kamp moet hy sy staanplek ontruim.

Indien hy in die maand weer daar wil kamp kan hy sy staanplek ontruim en met bestuur reel om sy wa iewers by die kamp te stoor en dan weer sy wa opslaan wanneer hy daar aankom. Dit vat nie so lank om net die rally op en af te slaan nie.

Dit gee ander kampers ook kans om die plek te kan gebruik

0
Meyerton

Segekok

Sat, 06/01/2018 - 06:41

Moet daar nie dalk onderskei word tussen pensionarise en permanente kampeerders nie.

Soos Arie ook gesê het daar is plekke wat jy dan vir 3maande moet staan waarvan Desember dan ook as n maabd tel.

Maar daar sal altyd die wees wat oneerlik is..

 

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 06/01/2018 - 07:20

Gebeur dit werklik dat 'n persoon sy wa vir 'n maand of kanger gaan staan maak en dan net nou en dan daar kom "kyk of alles nog reg is" 

Heng, dit is is, wat my betref, agterlosig. Ek sal nooit my karavaan vir langer as dag trip alleen onbewaak los nie. So persoon gaan seker 'n vreeslike bohaai maak as sy wa skade kry in sy afwesigheid.

Dit is nie so slim nie.

Kyk, baie mense bespreek en betaal vir 'n maand, dan kamp hulle twee / drie weke en ontruim die staanplek. Dit kan ek verstaan, maar sal nooit my ou waentjie onnodig alleen los nie.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 06/01/2018 - 09:03

Anton, die man wat oor Desember staan teen die laer tarief moet vir drie maande staan om die laer tarief te kry, as hy net vir Desember maand inboek betaal hy vol tarief.

Buite seisoen kan hy die staanplek teen die laer maand tarief kry al staan hy net een maand.

Ek sien niks verkeerd met die ou wat vir drie maande betaal en dan sy wa daar los en dalk net vir 'n paar dae gebruik nie, Die oord score eintlik daar, minder mense / druk op die badkamers swembaddens en ander geriewe. Ek glo nie enige oord het 'n probleem met 'n lang staner of 'n gewone vakansie ganger wat nooit daar is nie, solank hy vir sy staanplek betaal?

Johann, ek het geen probleem om my wa alleen in die kamp te los terwyl ons vir 'n tyd weggaan nie, ek bessef wel duidelik dat dit heeltemaal op my eie risiko is, net soos waneer ek elke dag in die kamp is. Die oord kan uiteraard geen verantwoordelikheid neem vir inbraak, storm, brand of watse skade ook al.

Ons permanente kampeerders wil ook soms bietjie vakansie hou, wat maak ons met ons huis as ons dit nie erens kan laat staan nie?? 

Ons gaan betreklik gereeld vir tot twee weke met vakansie en los dan ons huis met die tent en alles netso in 'n oord op ons staanplek. As ons Zim of Kaap toe gaan is dit gewoonlik vir 14 dae. Vlieg soontoe bly daar in 'n gastehuis en huur 'n voertuig daar. Los ons huis in die oord, die Pajero by die lughawe tot ons terugkom. Nog nooit 'n probleem gehad en nog nooit 'n oord eienaar of bestuurder gehad wat ons snaaks aankyk omdat ons weg gaan nie.

Koos [lekker om weer van jou te hoor] ek stem 100% saam met jou, ons langstaners moet regtig maar bietjie meer erkening gee aan oorde wat vir ons die moewiese verguning gee! Ook kan ons maar gerus vir die kort termyn kampeerders meer erkening gee met die wat hulle ons so subsideer. Dit is dan ook die hoof rede hoekom ons nooit kla as hulle kinders met die skop motorfietsies raas of as die grootmense lekker gesels en lag tot laat die aand, ek kan al my verlore slaap inhaal waneer hulle weer weg is.

Al waneer ek kla, en dit het nog nooit nodig gewees nie, is daar 'n dronk spul, bakleiery of gevloekery langs my of naby my is. moes al so 2 of 3 keer met die mense self gaan praat, maar nog nooit nodig gehad om by die kantoor te gaan kla nie. 

0
Nelspruit

Koos Mol

Sat, 06/01/2018 - 09:20

Anton.........die pensioenaris wat sy wa in Desember, teen lae tarief op 'n staanplek laat staan om  net 'n paar dae wanneer dit hom pas te kamp is baie selfsugtig en onbedagsaam. Ek glo so 'n ou sal wel een of ander tyd sy pond vleis moet gee want sy dade sal hom inhaal; die wiel draai

Johann..........ek het al op Yellow Sands en The Willows (PE) maandtarief betaal en net twee weke gestaan, dit was goedkoper as om dagtarief te betaal.

Dit gebeur wel dat 'n permanente kamper sy wa vir 'n paar dae verlaat om kinders/ouers te besoek veral oor kersfees, nuwe jaar of ander geleentheid soos doktersbesoek.

 

0
Nelspruit

Koos Mol

Sat, 06/01/2018 - 09:44

Arie........ek het natuurlik vergeet van die vakansie storie, 'n man moet darem as pensioenaris ook soms gaan uitspan en rus, hierdie permanentkamp is harde werk. As ons die wa alleen laat vir 'n nag of meer is daar altyd 'n medekamper wat 'n ogie hou.

Ons geniet die vakansie en langnaweke wat die vakansiegangers die kamp volmaak, dan heers daar weer 'n vakansie atmosfeer en as pensioenaris beleef jy weer daai lekker kamp ervarings saam met die kinders en familie. Veral die kindersstemme wat oral hard opklink en die vure wat saans oral brand is dan weer 'n lekker ervaring, die kamp kan maar stilraak met net die permanente pensioenarisse in die kamp.

Die vakansiekampers dra dus ook by om die permanente kamper se verblyf op te helder.

AAN AL DIE KORTTERMYNKAMPERS EN OORD EIENAARS.......HIERDIE PERMANENTE KAMPER SÊ DANKIE VIR JULLE DEEL IN MY VOORREG OM PERMANENT OP DIE WAPAD TE MAG WEES.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 06/01/2018 - 10:52

Koos, ek stem 100% saam met jou laaste parragraaf!!

Die ou wat betaal en net nou en dan daar staan voel ek nog steeds daar is niks mee verkeerd nie?

Petra en ek is ook maar baie min hier oor Desember, gaan kuier vir 'n paar dae by ons onderskeie kinders, gaan kuier by vriende wat in die omgewing woon, so ons is dalk op die einde net so 12 dae van die Des maand hier. 

Ek betaal vir my plek en ek voel glad nie dit is selfsugtig van my nie, die oord lei geen verlies nie, inteendeel  hulle spaar op elektriesie tyd water, ens.

Dan kan ek ook se dat die persoon wat so binne 10km of so van sy huis af kom kamp is ook selfsugtig??? Hier is op die oomblik 2 staanplekke waar die mense in Brits bly, 7 kim van die kamp af, hulle ry net soos ander mense baie rond en is omtrent net hier om te slaap, hulle betaal vir hul staan plek en ek kan nie sien dat hulle iemand skade doen of dat hul self sugtig is nie?

Ons sal nie die jaar Richards Baai toe gaan nie, ons het ons staanplek vir Ashley en Harda "geleen" vir 2018, 2019 is dit weer myne. Jy moet maar die Nederlanders se naam hoog hou met die jukskei daar in RB, terwyl ek nie daar is nie mag jy maar elke maand die trofee vat, volgende jaar is dit weer myne!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 06/01/2018 - 12:36

My opinie is dat alle lang kampeerders is hoofsaaklik afgetrede pensioenarisse.  Dan is daar kampeerders wat nie permanent kamp nie, maar wat ook afrgetrede pensioenarisse is, waarvan ek een is.  Vir alle praktiese doeleindes hoef ons nie te onderskei tussen lang pensioenaris-kampeerders en sporadiese pensioenaris kampeerders nie.

Die kern van Arie se openingsargument is dat sommige pensioenarisse hulle senior burgerskap-status gebruik om hulle gewig in 'n kampterrein rond te gooi, allerhande eise te stel, oor alles te kla sonder om werklike waardering te hê vir die toegif van billike en afslag tariewe buite spistye.

Na my mening is dit 'n tipiese oumens-sindroom wat gewoonlik aangewakker word deur 'n swak, nie-waarderende opvoeding wat gepaard gaan met 'n minderwaardigheids-gevoel, veral omdat jy van mening is jy het jou "werkstatus" verloor en nie meer veel in die samelewing beteken nie. Dankietog dat dit net die minderheid onder ons is wat so is, maar vir my was hierdie gesels tog weer 'n herinnering daaraan watter voorreg dit is om die land te kan deurkruis en op verskillende plekke jou wa staan te maak en kampering te geniet.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus