As ek reg onthou, is Mabalingwe die plek van die Kalahari Oase bush pub, waar 'n TV storie, lank terug vanaf geskiet was. Ek kan nie meer die storie se naam onthou nie, maar dit behoort nou 'n lekker avontuur te wees om te gaan sit en kuier in die kroeg.
So 'n lekker rustige week saam met my gesin sal ons weer net nuwe insig gee vir hoe bevoorreg ons is om in 'n land te kan bly met sulke pragtige plekke waar jy ongestoord op 'n wildrit kan gaan en net êrens in die bos kan gaan ontspan met die voëlgeluide om jou.
As ek die kompetisie wen, sal dit lekker wees om weer die natuur saam met my man en seunskind te kan verken soos net ons dit kan doen.
![]()
Skuus, welkom.
Skuus, welkom op die aktiewe besigheids kant van ons lekker forum?
Kalahari Oase bush pub…
Kalahari Oase bush pub
Ek dink Arie het my vertel, dit was die oorspronklike ama-glug-glug - ja sawer advertensie ?
ja,dit is so Voorie. Nogal …
ja,dit is so Voorie. Nogal 'n lekker atmosfeer om bietjie daar te kuier ern 'n dop te drink.
Ek hou van die bar wat `n…
Ek hou van die bar wat `n halwe landrover is en die sinkbad stoele. Laas toe ons daar was ,was die diens flink en die bier lekker koud.





Sterkte met die kompitisie…
Sterkte met die kompitisie SMB.?