Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -3 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -4 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -5 hours ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -6 hours ago

Wie kan nog onthou?

Meyerton
Profile picture for user Segekok
Submitted by Segekok on

Ek kan onthou wat my eerste LP was wat ek besit het. Om die waarheid te sê ek het dit nog steeds.

Met die dat daar nou so lekker oor die 80's se musiek gesels word op die ander draad het gaan krap in my versameling en kom toe agter dat ek die hele reeks tot en met #60 het.

Dit is nou wel nie almal die oorspronklike kunstenaars nie. 

Hier is n foto van my eerste LP...  

Springbok Hit Parade #12

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 15/05/2018 - 15:45

Ek onthou my eerste LP, maar het hom ongelukkig nie meer nie.  Ek het darem die CD van die nuwe 2001 opname!  Die enigste plaat waarvan ek die woorde van al die liedjies ken smiley​​​​​​

Heidi

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 15/05/2018 - 15:45

Net so Deon daai 8 track was in n Ford Tonnis M20 in n combi met n Dan Jacobs conversion en toe in n golf 1 toe skryf my pa die kar af

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 15/05/2018 - 15:47

Segekok dit was nou n kulterele skok  ek het al vergeet hoe groot daai goed eintlik was .

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 15/05/2018 - 17:02

Nou wie kan die kar plate speler onthou???

Hy kon net 7 singles speel en dan moes jy die binnkant uithaal dan het hy so groot as ek reg onthou so 40mm gat gehad. 

Die platespeler het so rak gehad wat uitskuif, dan het die plaat styf oor so dik pen gepas, skuif dit terug in en die plaat begin speel. As hy klaar is begin jy weer met die proses om die plaat om te draai.

Ons onthou [wel meeste van ons] die vinyl plate, maar ek het nog so paar 87 spoed bakelite plate, die ouer mense sal hulle onthou, as jy hom laat val breek dit in honderde stukke.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 15/05/2018 - 17:43

Voorie, nee jy kon dit enige tyd gebruik, maar elke keer as die pad bietjie sleg was het die plaat gespring!!

Sou nie werk met vandag se baie potholes nie!!

0

Hoe lekker het ons by Blaaubergstrant [Kaapstad] tussen die duine vleis gebraai en tot laatnag gedans met die musiek baie hardgedraai en die motor se deure oop om die klanke behoorlik te hoor.Sal graag weer so n aandjie uit wil geniet.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 15/05/2018 - 21:46

Dirk, ek dink nie my bene sal meer daai pas kan vol hou nie?

Arie, ek het so 78 spoed plaat van oom Chris Blignaudt gehad, Ou Ryperd, ek het hom gespeel, van my oë oop gaan, tot ek gaan slaap. My ousus het eendag vir my gesê, sy gaan nog daai plaat stukken gooi, en wragtig, eendag maak sy of sy dit gooi, en die plaat gly uit haar hand, vlenters. 

My pa moes op slag vir my 'n nuwe een gaan koop.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 15/05/2018 - 21:51

My oorlde pa het elke Slim Whitmanplaat gehad wat uit gekom het, en my oorled ma weer eke Jim Reeves plaat. Van seven singles tot LP's.

Ek self was weer mal oor Charles Jacobe en oom Chris Blignaudt se musiek, en natuurlik Boere musiek.

In my hoër skool dae, het dit weer geswaai na "moderner" musiek.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 16/05/2018 - 04:35

Arie, 'n foto van die platespeler vir die 87 plate. Dit is my broer se platespeler. Ek het juis so 'n paar maande gelede vir my broer so stuk of 30 van die plate gegee. Ek dink hy het oor die 100 van daai plate

platespeler

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 16/05/2018 - 04:49

Anderdag sien my kleindogter my draagbare 4 "track" kasset speler en vra wat is dit. Moes toe aan haar verduidelik wat dit is. Vra toe of sy dit eendag maar kan kry.

Toe my bure se seun nog in die laerskool was kom hy eendag in my huis en sien 'n klomp langspeel plate wat my dogter teen haar kamermuur geplak het. "Jislaaik " sê hy toe, " maar julle het groot CD's"

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 16/05/2018 - 07:52

Stoffel, daai "ou" goed het tog maar mooi klank gehad, ek verkiesw self nog vinyl se klank bo CD?

Fotos van my B&O klankstelse l uit die 70 tigs, daai goed het darem suiwer klank gehad en mens kon regtig lekker party. Enigste probleem was om elke keer 'n ander LP op te sit of om dit om te draai.

Mens het daai tyd al die komponente los gekoop en self jou stelsel opgebou. die experts het selfs verskilende fabrikate gekoop en so aangelas, hulle het geglo bv dat kenwood se draai tafel beter as B&O was en Sony se klankversterke beter was. Hulle het dan een fabrikaat luidsprekers 'n ander se draai tafel, nog 'n ander versterker en weer 'n ander fabrikaat tuner.

Wat ook al daai goed het darem top musiek gespeel.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 16/05/2018 - 07:56

Ek sien nou eers hierdie fotos was 'n Marantz versterker tuner ens.

Ek het sommer op die net gaan soek vir fotos soos ek my stelse onthou het.

Die Marantz het baie soos die B&O gelyk, maar was hopeloos te duur vir my, ek glo natuurlik dat Marantz die RR van klank toerusting was.

Ek het seker so twee jaar moes spaar om my B&O stelse te kon koop.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Fri, 18/05/2018 - 16:02

Sit hier en die lees die draad toe daar n liggie aangaan in die gesie se koppie en onthou toe dat ek so tyd gelede `n artikel gelees het dat "vinyl" `n comeback gemaak het. Het dit weer gaan soek.

Interesant, in die artikel word genoem dat `n vyfde van alle fisiese musiek (nie downloads nie) wat nou in die wereld verkoop word is vinyl`s.

Hier is die skakel na die artikel:

https://www.magneticmag…

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus