Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -2 hours ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago

Nuwe Mercedes bakkie, Nissan mag maar.

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel
Submitted by GeesWatWandel on
Forums

Gisteroggend ry ek Builders toe om parte te kry vir die verdomde stukkende k@khuis, lol, en kom toe op die af.

Die Mercedes garage het die nuwe mercedes bakkies uitgestal. Hier in Polokwane van alle plekke sê ek vir julle.

Hulle is nogal mooi, het nie pryse opgehad nie.

Kyk Mercedes is nie sommer jou se hierjy motor vervaardiger nie, dit is maane wat kan, met pedigree.

So as Mercedes besluit om ń Nissan Navara te vat en n Mercedes badge daarop te sit dan moet jy weet daai Nissan Navaras moet uitstekende voertuie wees!

Wou fotos neem maar my sel was by die huis.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 01/07/2018 - 12:10

Gesie, ja dit mag dalk vir Mercedes ook op die map plaas, met die wat hulle nou ordentlike voertuie vat en daai driebeen steretjie voorop sit.

Ek wag nog vir die dag as toy ook die lig sien en vir ford vra om maar vir hulle voertuie te bou, dan sal hulle ook eendag 'n betroubare voertuig op die mark kan sit.

Maar ja, ek dink Nissan het 'n fout gemaak om 'n goeie bakkie, wat duidelik Nissan is met daai sterretjie op te laat rondry?

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sun, 01/07/2018 - 12:17

Stem oom Johann, my tyd vir nuwe bakkie kom nader. Huidige Navara stap nou so na 160000 toe. 

Ry baie vir werk en hoekom ek nou net klaar my kilos op efiling ingesit het en my tax goete submit het. 

Lyk darem of ek n lekker ietsie gaan terug kry.

Maar helaas ek gaan nog so twee of drie jaar uithou, soos ek seker al tot vervelens al gesê het, laas jaar huis gekoop en myself eers bietjie sterker maak.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 01/07/2018 - 13:11

Johann, Merc se standaard sal seker nou baie verhoog met die nissan toevoeging tot hul reeks?

Geesie, ja toy het standards, maar dink net as Ford hulle bou verhoog daai standards met 500%, soos wat Merc ook nou verhoog het.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 01/07/2018 - 13:25

Gesie en ander soos ek n ruk terug genoem het , het ek n nuwe Auto Navara toetsbestuur dit is n puik bakkie trok soos ander se 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 01/07/2018 - 13:30

Ou Gees dit was die eerste voertuig wat ek ooit bestuur het wat auto is en wow ek mis soveel my volgende bakkie sal auto wees dit sal sleep ook lekkerder maak

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 01/07/2018 - 16:14

Ek het nog altyd gedink ek is darem nie heeltemal 'n poepol nie.

Daar staan nou al vir 20 jaar twee voertuie in my motorhuis, een altyd 'n Merc en die ander een altyd 'n Nissan.

Ek is bly Mercedes het uiteindelik die lig in Nissan gesien toe hulle besluit het om 'n Merc-Nis bakkie in die lewe te bring.  Nou moet hulle nog net besluit om hierdie nuwe bakkie by die nuwe, uitgebreide Mercedes-aanleg in Oos-Londen te bou !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 01/07/2018 - 18:27

Deon, dit was 'n lae hou, 'n baie lae hou !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus