Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -33 minutes ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -1 hour ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Wilsur se Omgee Kampvriende

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Wie stel belang om deel te wees van die Omgee groep ?
Hier is waaroor dit gaan.


 

Hier onder is waar die groep storie begin het.
Sou julle belangstel kan julle net julle inligting invul op die Excel spreadsheet wat aangeheg is en stuur vir my terug.

Hier is die oorspronklike begin:
Een Kersoggend (lank terug) het Dr Ernst Endres van Wonderpark gepreek;

"Dit is jou reg om verby te ry as iemand langs die pad staan met 'n pap wiel, maar dit is deernis om te stop en te help"

Dit het my geraak en ek het dit goed gedink om ‘n inligtings lys te begin, iets soos "Omgee Kampers se  Inligting" so het dit als begin.

Onthou as jy deel wil wees van die Omgee groep / Lys moet jy julle inligting met my deel in ruil vir die ander se inligting, so stuur julle inligting en word deel.

Net so iets ingeval jy dit soos ek nie altyd kan onthou nie.  Ek het die Groep onttrek van die twee forums weens politieke redes, maar ek is steeds betrokke en aktief op beide die twee forums.  So het ek besluit om my eie groep te begin WilSur se Omgee Vriende.  

Die Doel:
Om julle inligting met ander te deel sodat dit dan ‘n ondersteunings groep word.
Om jou inligting op datum te bring soos dit verander (verwittig my).
Om mede lede van die groep te ondersteun waar nodig en in geval van nood.
Om GEEN van die ander lede se inligting aan enige iemand anders bekend te maak nie.

Kommunikasie:
Ek het ook ‘n “Geslote Groep” op fb (facebook) geskep waar ons ook saam kan gesels en dan ook kampe daar reël.   Ek het ook twee groepe op “WhatsApp” begin, een waar van die ouens klets (soms soos in baie) en een waar ons vinnig met lede van die groep kan gesels oor kampe, die is nie ‘n gesels groep nie.

Sodra jy julle inligting vir my gestuur het en jy het vir my aangedui dat jy op fb is en ook die WhatsApp nommer vir my gegee het koppel ek jou en as jy wil ook jou vrou (wederhelfte) soos van ons reeds gedoen het.

Om my data basis op datum te hou moet jy julle nuwe inligting vir my deurgee asb.  ek het die dokument met almal se inligting nou op “Dropbox” waar jy gereeld die nuutste inligting kan aflaai want dit raak nou nogals rof as ek vir 100 lede elk ‘n e-pos moet stuur van 5 MB.  As jy nie dit gebruik nie sal ek steeds op versoek die jongste lys aan lede stuur. 

Inligting:
As jy voel jy wil nie jou/julle ouderdom met die ander deel nie gee dan net die dag, maand en die jaar as 3000 vir my.
O ja onthou jou “WhatsApp” nommer indien hy veskil van jou foon nommer, dan kan die wat wil daar saam gesels in die Groep wat ek geskep het.  Daar is ook ‘n “fb” groep wat ek geskep het.

Ander:
Onthou net, dit is nie ‘n klub nie en daarom is daar geen koste of enige reëls nie, ons is net vriende wat dieselfde in gemeen het naamlik KAMP.  Van tyd-tot-tyd kamp ons saam en geniet dit, daar is ook geen reëls want elkeen doen sy eie besprekings en sy eie ding by die kamp.  Ons braai gewoonlik een keer saam en gesels lekker.

Indien jy inligting van ‘n instansie of persoon wat jy met ons wil deel soos “Silwer Solutions” in Brits, stuur vir my die inligting dan plaas ek dit op die ander “tab” naamlik “Inligting” wat jy langs die Kamper Data sal kry.  Daar is ook die “Gegradeerde Parke” tab en dan is daar ‘n tab wat reg behoort te wees om te druk op “A4”wat jy in die voertuig kan hou, die “Druklys”.

WILSUR:   Stuur vir my net 'n e-pos dan stuur ek vir jou die nodige.

Ons is tans so 100 lede op die lys.

ANDRE SMIT:  Hi Willem,

Dit bly 'n uitsatekende idee.

Ek het gister weer daarvan gebruik gemaak om 'n makker te help.

Sterkte
Hoop die manne reageer.

Andre

LEN LOADER:   Ek is ook al jare lid van Willem se Omgee Groep al woon ek in die Kaap  -  ek dink dit is 'n prysenswaardige gedagte en is geensins in kompetisie met forums nie.  Dit is gerusstellend om dwarsdeur Suid-Afrika te sleep met die gemoedsrus dat daar feitlik altyd iemand in die omtrek is wat met 'n krisis kan help.  Behalwe hier mag dit dalk lol :-

Tussen Sutherland en Ceres waar leiklip bande soos lemmetjies sny nadat dit geskraap is.  Hier het die Pathfinder al 'n tweede band verloor op 'n Sondagmiddag en daar was geen selfoon-opvangs nie :-

2de Pap band

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

JOHANN L:  Ek is ook op die whats app groep, soos Lennie noem, dit het niks in gemeen met die forums nie, (geen botsende belange) maar dit is baie goed om te weet, sou jy en jou familie iewers hulp nodig kry, is dit 'n whats app (gratis) en jy kan geholpe raak deur'n betroubare persoon.

 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 18/04/2018 - 16:16

Ek het nie?????

Moet ek vir jou enetjie stuur steekbaard? cool

 

Willem, ek sal my details deurstuur. Kan jy vir my eerder na anton@kampforum stuur?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 18/04/2018 - 17:10

Nou laat jy my weer terug verlang na oom Jeep, hy het mos met die stekelbaard storie begin?

Wonner waar is die oom, hy het mos onlangs weer hier sy opwagting gemaak maar is weer weg?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 18/04/2018 - 18:53

Arie, ja ek kry nog gereeld WhatsApp's van hom maar verder wonder ek ook hoekom is hy nie meer hier aktief nie.  Sien hom nog op die ingelse forum.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 24/04/2018 - 19:52

Baie dankie julle, die lys het ek vir almal gestuur en 'n helepaar se inligting is opgedateer, selfs 'n paar nuwe lede by gekry.

Ek en Anton moet weer gesels hoe om dit maklikker te maak.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 02/12/2018 - 00:02

Dit is die 2de jaar wat ons die braai hou, al was ons minder as laas jaar was dit weer eens 'n baie lekker braai by Joos Becker karavaan park gewees

.

.

.

.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 02/12/2018 - 06:31

Dis n vooreg om deel te wees van die groep net jammer ons kon gister dit nie saam julle maak nie Willem ek sien julle ouens het lekke gekuier wink

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 02/12/2018 - 16:59

Ja Antie, dit is Pta. se karavaan park wat nie so mooi onderhou word nie waar oor Len na verwys het want hy en Arie hat altyd hier oor gestaan.  Gelukkig kon ons nog elke keer regkom met die plek deur John Cooper, wat in die verlede in beheer was.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 02/12/2018 - 18:13

....................vir die saamkuier fotos, Willem.  Lyk die ablusie nog maar so-so ?  En is die kampeerders nog maar plakkers of is dié darem weg ?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 16/01/2019 - 10:27

Daar is weer 'n hele klomp nuwe Lede op ons gewilde Kampforum.

Daarom maak ek net weer dié draad sigbaar.

Gaan deur die oorspronklike inskrywing van hierdie draad wat jou meer sal vertel.

Onthou as jy wil deel wees van ons Omgee Groep stuur vir my 'n e-pos.  Dit kan jy doen deur op my Forum naam te klik.

0
Ermelo
Profile picture for user Mona

Mona

Wed, 16/01/2019 - 10:47

Willem, ek het nie eers gesien dat jy die foto's op die forum gelaai het nie.

Ja ons was maar min mense maar was weer baie lekker om die wat daar was te kon sien en was baie lekker.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus