Algemene Inligting
Resensies
Baie nice, ek verbeel my ek…
Baie nice, ek verbeel my ek het 'n bordjie gesien toe ons 2017 Grotte toe was ?
OppiDam
Ons kamp elke jaar (nou al vir 5 jaar) daar tydens die KKNK fees. Dis 'n besondere lekker kampplek. Pierre en Rosina is lekker mense en jy voel altyd baie welkom daar. Die staanplekke is silwerskoon en die hele kampplek word baie goed onderhou en sekuriteit is goed. Dis ook nie te ver uit die dorp nie. (14km op die Grotte-pad)
Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
Jaarliks
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Baie fasiliteite





Oppi Dam
Oppi Dam is geleë in Schoemanspoort sowat 15 km buite Oudtshoorn op die pad na die Kangogrotte. Dis dieselfde pad wat jou vanaf Oudtshoorn na die Swartbergpas en Prins Albert neem. Dis in ‘n pragtige omgewing, tussen die berge. Die eienaars is Pierre en Rosina Schoeman en ja, die van sê dit vir jou – die poort is na sy voorgeslagte vernoem. Regtig gasvrye en spontane mense met ‘n besondere sin vir humor.
Daar is 26 staanplekke in totaal, elkeen met sy eie ablusieblokkie en kombuisie. 8 ouer staanplekke en 18 nuwe staanplekke. By die ou staanplekke is heelwat skadu maar nog nie by die nuwe plekke nie.
By die ontvangskantoor is daar ‘n winkeltjie waar jy hout, ys, koue bier en ander noodsaaklikhede kan koop. Daar is ook ‘n wynwinkel waar ‘n verskeidenheid goeie wyn te koop is.
Oppi Dam kan as basis gebruik word vir ‘n verkeidenheid dagritte en -aktiwiteite: die grotte, volstruisplase, krokkedilplaas waar daar ook leeus, tiere en ander diere te sien is, die Rooibergpas, Montagupas, Seweweekspoort, die agterpad Calitsdorp toe waar ‘n mens dikwels ook ‘n verskeidenheid diere sien ens.
Ek meld hieronder dat dit maklik toeganklik is met enige sleepkombinasie. Daar is egter 2 skerp draaie wat vir 'n baie lang sleepkombinasie effe uitdagend kan wees. Rosina verseker my dat daar al heelwat dubbelwielwaens in is. Daar is ook 'n ander hek wat hulle vir jou kan oopmaak om in/uitgang te vergemaklik.