Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -1 hour ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Goeiemôre!  ☀️☀️☀️ Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -2 hours ago
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

Teleskopiese karavaan

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on

Amper ‘n halfmiljoen Rand. Ja of nee?

video
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 23/12/2019 - 21:57

Die Mobi Lodge is soort van soortgelyk en net so duur, maar lyk vir my na net 'n twee slaper en ek het nou die dag iemand een sien sleep en die dak het vir my baie hoog gelyk so woeste windweerstand.

video
0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 24/12/2019 - 02:57

Die Mobi Lodge is 'n baie gerieflike karavaan. Net baie duur. Ek hou weer baie van sy uitleg. 

Ek dink hierdie teleskopiese karavane is dalk die toekomstige karavane. Tot sommige van die ouerige Land Rovers word ook so verander. 

'n Mens mag maar droom.

Dit laat my ook weer dink aan die Sprite Scamp van die jare tagtig wat se agter kant weer plat geslaan kon word om dan op twee voetjies te staan. Na hom het die Sprite Scout weer uit gekom wat dieselfde paneel weer op gelig het. Albei modelle het dan 'n tipe van 'n tent aan die karavaan gehad. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 24/12/2019 - 06:47

Die Mobi Lodge het nogals 'n indrukwekkende uitleg, maar ek wil waaragtig nie die ding uit die Boland tot in die Laeveld sleep nie.

Die tent "konstruksie" sit my bietjie af. I.p.v. ritssluiters word 'velcro' gebruik. Vanjaar by Punda Maria gesien hoe gaan die ape enige plek by die tent in deur slegs die 'velcro' los te trek.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 24/12/2019 - 07:37

Nie vir my maar verseker is daar n mark vir die tipe waens

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 24/12/2019 - 08:11

Ek dink net, die silnder vorm sit my af,  en dan al die hidraulics ens, nee wat nie vir my nie.

Die Mobilodge lyk darrm meer soos 'n karavaan 😂

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/12/2019 - 09:29

Niks kom naby my ou 15-jarige Exclusivetjie nie !  Hy is 'n lekker, stuitige tiener.  Die naaste wat ek aan iets teleskopies kom is my verkykers vir die Wildtuin.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 29/12/2019 - 13:26

Ek hou ook niks van hom nie.

Soos Len verkies ek wat ek het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus