Amper ‘n halfmiljoen Rand. Ja of nee?
Die Mobi Lodge is soort van…
Die Mobi Lodge is soort van soortgelyk en net so duur, maar lyk vir my na net 'n twee slaper en ek het nou die dag iemand een sien sleep en die dak het vir my baie hoog gelyk so woeste windweerstand.
Die Mobi Lodge is 'n baie…
Die Mobi Lodge is 'n baie gerieflike karavaan. Net baie duur. Ek hou weer baie van sy uitleg.
Ek dink hierdie teleskopiese karavane is dalk die toekomstige karavane. Tot sommige van die ouerige Land Rovers word ook so verander.
'n Mens mag maar droom.
Dit laat my ook weer dink aan die Sprite Scamp van die jare tagtig wat se agter kant weer plat geslaan kon word om dan op twee voetjies te staan. Na hom het die Sprite Scout weer uit gekom wat dieselfde paneel weer op gelig het. Albei modelle het dan 'n tipe van 'n tent aan die karavaan gehad.
Sprite Scout Ons het so…
Sprite Scout
Ons het so een gesien by Doringlaagte buite Montagu in Oktober.
Die Mobi Lodge het nogals 'n…
Die Mobi Lodge het nogals 'n indrukwekkende uitleg, maar ek wil waaragtig nie die ding uit die Boland tot in die Laeveld sleep nie.
Die tent "konstruksie" sit my bietjie af. I.p.v. ritssluiters word 'velcro' gebruik. Vanjaar by Punda Maria gesien hoe gaan die ape enige plek by die tent in deur slegs die 'velcro' los te trek.
Ek dink net, die silnder…
Ek dink net, die silnder vorm sit my af, en dan al die hidraulics ens, nee wat nie vir my nie.
Die Mobilodge lyk darrm meer soos 'n karavaan 😂
Niks.......
Niks kom naby my ou 15-jarige Exclusivetjie nie ! Hy is 'n lekker, stuitige tiener. Die naaste wat ek aan iets teleskopies kom is my verkykers vir die Wildtuin.
Die Mobilodge lyk vir my na …
Die Mobilodge lyk vir my na 'n Spaza Shop op wiele
Een van die voordele van…
Een van die voordele van die Mobi Lodge is dat dit op die pad sowel as veld kan ry.
op die pad sowel as veld kan ry
Ja maar my Ford is nie gebou vir die veld nie.





Beauer X3
Hier is nog 'n video van hom ..