Rooiduin - Zeven Puts Private Game Reserve

Algemene Inligting

Resensies

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 29/09/2020 - 06:16

Min of meer ongerepte Weskus. Staanplekke is op ‘n skulpbank langs rotse, ‘n paar meter (vertikaal) bo die hoogwatermerk. Almal behalwe so 4 kyk direk uit oor die see. Hier is geen fasiliteite behalwe twee put toilette nie, dus moet jy selfonderhoudend kan kampeer. Die nabyheid aan die see en ongerepte natuurskoon maak dit uit en uit die moeite werd. Die pad in benodig nie 4x4 nie, maar ‘n padwa kan dalk effe laag wees. Om in en uit van die staanplekke te kom kan ook dalk lol sonder ‘n boswa. Met ‘n 4x4 kan jy ‘n hele ent langs die strand ry in dik sand maar jou banddruk moet 1 wees anders val jy vas. Vra my...

A
A
A
A
A
A
Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
24 tot 27 September
Toegangbaarheid
Slegs 4X4 sleepkombinasies
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Nee
Water by staanplekke?
Nee
Staanplekke?
Op sand
Swembaddens?
See
Winkel?
Nee
Ablusies
3uit 5
Sekuriteit
5uit 5
4x4 attraksies
4X4 roetes
Vir kinders?
Geen fasiliteite
0
Kraaifontein

bokveljake

Mon, 05/10/2020 - 10:47

Hallo julle. Wil net weet of ek met my 4x2 Isuzu met diff-lock daar sal kom. Ek ken darem die storie van bande af blaas etc. Het ook die diep sand stuk Namibia Deadvlei gery met my bakkie so nie n newbie nie. Wil net seker maak dat dit regtig net n 4x4 is wat daar sal kan kom. Sleep nie iets nie. Wat nie in die bakkie pas nie bly by die huis! Dit lyk so lekker hier. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 08/10/2020 - 16:28

Goeie dag

Ja, tot by die kampeerplek sal jy kan ry met 4x2, veral as jy nie sleep nie. Aan die einde van die ry kampeerplekke swenk die tweespoor na links, en daar is ‘n kol dik sand. Moet net nie daar in ry nie. Die pad eindig in elk geval agter die bosse, so daar is geen rede om daar in te gaan nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus