4 Keuses vir ons winter saamtrek naweek 26 Mei 2018 Kampforum het gesels met 'n paar kamp plekke naby Gauteng wat geriewe het vir winter kamp. Die volgende is vir ons aangebied.
Dube: -R600 per naweek vir staanplek van 4 & R100 ekstra pp, 1 voertuig
Bosveld Oase: - R500 per naweek vir staanplek van 4 & R100 ekstra pp, 1 voertuig
Kokoriba: R400 per naweek vir staanplek van 6
Bosfontein: R 600 per naweek vir staanplek van 4
Gebruik meningspeiling om jou kampeerplek keuse te maak!
Oorspronklike draad:
Ok, kom ons begin soek.
1. Datum:
Junie / Julie Skoolvakansie
September langnaweek, 21-24 Sep.
Begin Oktober, skoolvakansie
2. Plek:
Limerick Lodge, ek het navraag gedoen. http://limericklodge.co…
Lion Park, Gaborone. http://www.lionpark.co.b…
De Voetpadkloof. http://www.devoetpadkloo…
Weesgerus. http://weesgerus.co.za/a…
Hier is my 2018 se Kalender
Daar waar dit met 'n "b" gemerk is is waar ek reeds bespreek het.
Ek het gedink dalk moet nog…
Ek het gedink dalk moet nog 2 kampe gedoen word vir die jaar? (3 elke jaar)
Een vir winter, Mei / Junie
Een vir Lente Sept / Okt
Baie lede het ook versoek dat die volgende kamp meer suid is en sentraal Gauteng.
WESKAAP Lede - hoe lyk dit met 'n saamtrek daardie kant? Wie gaan die leiding neem?
3 Kampe 'n jaar...
3 Kampe 'n jaar klink lekker ![]()
volgende kamp meer suid is en sentraal Gauteng
Ons sal kyk na dit
Nou pra julle?…
Nou pra julle?
Afhangend van die afstand, is ons in.
Ons 2de Saamtrek
Enige ander voorstelle ?
Kom nou ons wil gaan kamp !!!
Ek stel voor die naweek…
Ek stel voor die naweek rondom 26 - 27 Mei, by Dube in Brits. So bietjie warmer as Gauteng vir daardie tyd van die jaar, maar ook nie te vêr nie?
26 tot 27 Mei Dube Brits
Sal die pad waens daar kan…
Sal die pad waens daar kan ry, dan sal ons dit heel moontlik kan maak.
Ek stel voor die naweek rondom 26 - 27 Mei, by Dube in Brits. So bietjie warmer as Gauteng vir daardie tyd van die jaar, maar ook nie te vêr nie?
Johann, dit is 'n kort…
Johann, dit is 'n kort stukkie grondpad tot by die hek, bietjie sinkplaat, maar nie te ernstig nie. Vannaf die hoofhek weer bietjie kronkel grondpak, ry net rustig. Ek het dit al baie met klonkie gesleep, baie soorte karavane en motohomes ens. al daar gesien.
Dit teerpad gedeelte tot by die grondpad afdraai het op paar plekke erg pothols, mens moet maar net mooi en versigtig ry - niks waaraan ons suid afrikaners nie aan gewoond is nie.
Dankie Anton, dit klink…
Dankie Anton, dit klink doenbaar, as alles so verloop, sit ons op die lys asb.
Ek gaan regtig
Willem ek gaan regtig hard prober om saam te kamp
Ons 2de saamtrek
Wat van Bloemfontein of Parys gedurende September Oktober
Bloemfontein ... Tuf-top
Parys..... Deo Volente
Verder noord word dit te ver om te ry vir my.
Bloemfontein of Parys…
Bloemfontein of Parys gedurende September Oktober
Môre Oom, daai klink vir amper soos Saamtrek nr 3?
Ons 2de Saamtrek
Johan (Oom Jeep)
Daar is te min in Bloemfontein se area en dit sal beteken ons almal moet van hier ry. Kom ons hoop daar is meer ouens wat wil saamtrek dan kan ons plan maak.
Soos Voortrekker sê dit kan dalk werk vir die 3de saamtrek oor die Oktober skool vakansie ?
Daar is te min in…
Daar is te min in Bloemfontein se area en dit sal beteken ons almal moet van hier ry
Ek stem saam Willem. Dit lyk wel of ons suid moet beweeg. Einde van die jaar kan ons dalk net net oor die grens klim Vrystaat toe? Hoelykit JohannL? Daar is mos lekker kampplekke net so oor die rivier se kant?
Eerste saamtrek was in Limpopo, 2de een kan in Noord Wes wees? Dan een in Vrystaat, en dan kan ons kyk na Mpumalanga, Natal ? ![]()
Julle weet julle sal moet…
Julle weet julle sal moet paspoorte en visums kry om Vrystaat toe te gaan?
Casa Cara Lodge, Guesthouse, Vaaldam
Ek sien die ouens in die Maart Weg Ry & Sleep. Kan nie volgens hulle ko-ordinate sien waar is die karavaan park nie.
Casa Cara: http://casacara.co.za/
Lodge: GPS: -26.859973, 27.498678
Guesthouse: GPS: -26.895660, 27.468094
Vaal Dam: GPS: -26.90615,28.16573
Die 13 staanplekke is nuut en teenaan die rivier.
Dalk kan JohannL ons beter inlig ?
Ken nie die omgewing se…
Ken nie die omgewing se oorde so goed nie, ek sal bietjie eendag gaan kyk en hier terugvoering gee, met fotos.
Ek ken net Klipdraai (Deon se pet hate oord?) in Meyetton, Koppisol, Soetdoring, Bloekompoort by Vereeniging, was baie lank terug laas by Smilin Through tussen Parys en Fochville, dan is daar ook Deo Velente naby Parys.
Parys het 'n paar oorde, oa Eastco en Weltervrede.
Ek sal maar wag vir die…
Ek sal maar wag vir die volgende saamtrek noord van die N4![]()
![]()
Dube klink vir my reg vir…
Dube klink vir my reg vir Mei. Moet net seker maak oor die datums by Hel1. (Dink dit is hulle jaar einde dan gaan dit rof gaan en of sy dan sal kan afkry is moeilik om te seg)





Oom Willem....
Oom Willem, ons is in vir die September lang naweek of Oktober skool vakansie en Weesgerus.
Ons wil nog die jaar Weesgerus besoek.