Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -16 minutes ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -1 hour ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -2 hours ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -3 hours ago

Brandstof verbruik

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums

Ek blaai gister so biki deur vleisboek en was verstom oor al die gevegte wat woed oor voertuie se brandstof verbruik, meer spesifiek bakkies en 4x4's. Die een se trokkie gebruik 11l/100km, daai een baklei met hom en beweer hy stoot die trokkie en so gaan dit aan.....en aan.

Nou wonder ek so by myself, as jy die dag daar by die dealership instap en so om n blink nuwe double cab 4x4 stap en hom so wielskoppend deurkyk weet jy mos die outjie is dorserig en gaan jou nie die brandstof verbruik gee van n bv n Polo TDI nie.

n Baie goeie syfer vir n diesel bakkie is om en by 10 kilos op n liter en vir n petrol outjie so tussen 5 en 6 kilos op n liter.

10 kilos op n liter is volgens my n poks, n bargain soos die Ingilsman sal se en as jy sleep is enige iets bo 6 kilos op n liter n lekker koue bier werd.

Ek kry die idee dat manne met R500 wil afsleep Kaap toe...

As jy nou gepot wil word om n braaivleis vuur by n ram paartie dan moet jy nou beweer Koos se Land Cruser is swaar op sous.., of jou Isuzu gee jou 12 kilos op n liter met n Penta op sy gat.

Check maar n paar manne saam, nou nou is die onderwerp van brandstof verbruik om die tafel.

Gelukkig debater die manne nie meer oor die beste, sterkste en mees betroubare bakkie nie.............want die Hilux het mos al daai titels ingepalm........met lof!

 

Jou inset is so te se n brandpunt in ons alledaagse lewens, so, heel vanpas!yes

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 30/05/2017 - 19:28

Ek vra gewoonlik vir so "brag" gat om vir my die laaste 3 volmaak km te gee met die hoeveelheid brandstof anders kan ek nie saam praat nie.  Ek hou ook nog altyd 'n logboek van my voertuig se kostes.  Die Ford was ligter toe ek nog gewerk het maar nou word hy 99% gebruik uitsluitlik vir sleep.  Steed goedkoper  as daai nuwe een se premie.

5.72   Gemiddelde Brandstof Verbruik in km / L 386.04   Lopende Koste c / km   17.47   Gemiddelde Brandstof Verbruik in L/100km
0

Môre Willem,

Ek dink nog steeds daai syfers van jou is uitstekend vir jou kombinasie en dis een van die beste kombinasies wat betref wringkrag/gewig/verbruik. 

Mens kan nie my syfers met die Amarok en die Surfertjie daarmee vergelyk nie -- dis net nie dieselfde ding nie.

Dis die rede dat ek sommige van hierdie manne wat 10km per liter claim terwyl hy 'n karavaan sleep ERNSTIG bevraagteken.

Skep bietjie vir ons 'n terugvoerdraad oor jou 3B projek. Ek is diep nuuskierig wat daar gaan gebeur. 

Groete

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 31/05/2017 - 09:58

André, gooi 'n bietjie daardie Amarok met die Surfer op sy stert se brandstof verbruik syfers  -  nuuskierig om te weet wat hy doen (let wel nie "sy" nie maar wel "hy").

0
Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Wed, 31/05/2017 - 13:53

In reply to by Len Loader

Hi Len,

Stem saam dis 'n "hy"want daai tippertjie het koeële nie sliprings nie.

Die naaste wat ek aan"betroubare" (vir my) sleepsyfers vir my kombinasie kan kom was ons afgelope Kaaptrip van 4962 km. Ons het 613 liter diesel gebruik. Gee dus 8,09km/l.

Van dit was egter sonder die wa - 1233km. 

Dit gee vir my slegs 'n beplannings syfer vir trips vorentoe want mens gaan meestal 'n mengsel van sleep en "leeg"ry hê.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 31/05/2017 - 21:08

As daar nou twee onderwerpe is waar jy mense hoor lieg,  is dit brandstof verbruik en vis vang.

My skoonseun stuur my eendag 'n foto van 'n karp wat hy gevang het,  so kyk ek die foto en dink,  dit moet seker die grootste vis in die omgewing wees. Later kom vertel hy my dat as jy die vis op 'n sekere manier vas hou, en die kamera ook reg hanteer, dan lyk daai vis sommer reusagtig teen die waarheid?

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 31/05/2017 - 21:38

Tot op hede het ek 83,000 km afgelê in 11 jaar.

Beste was 13km/L af na Durban met baie 80km/h spoed grense en slegste was 10,03 km/L met sleepwa. Alles gemeet by die pomp.

Ek moet erken speedo is uit met 10% en dit moet nog in berekening gebring word.

Sy gemiddelde verbruik werk uit op 11,4 km/L oor die 83,000 km. Spreadsheet.

Hy is ook net 4x2

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 12/08/2017 - 08:56

  1. Ek het met laaste sleep Natalia toe met  7 voet challenger trailer so 15.8km/L gekry met n wa sal hy verseker afkom ek glo met diesel kom jy verder  
0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 29/07/2021 - 19:13

Ek vra gewoonlik vir so "brag" gat om vir my die laaste 3 volmaak km te gee met die hoeveelheid brandstof anders kan ek nie saam praat nie.  Ek hou ook nog altyd 'n logboek van my voertuig se kostes.  Die Ford was ligter toe ek nog gewerk het maar nou word hy 99% gebruik uitsluitlik vir sleep.  Steed goedkoper  as daai nuwe een se premie.

5.72   Gemiddelde Brandstof Verbruik in km / L 386.04   Lopende Koste c / km   17.47   Gemiddelde Brandstof Verbruik in L/100km

Sal môre die huidige opgedateerde verbruik plaas.

Die boonste inligting was van 2017 gewees. 

Daar is egter nog 'n brandstof draad, skakel.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/08/2021 - 11:41

maar 'n Hilux. Ek is maar 'n stadige ryer, of ek sleep of nie. Sonder om te sleep is my algemene spoed 100 kpu en wanneer ek sleep 90 kpu - beide GPS spoed.

Met my vorige 2.8 GD-6 het ek 'n totaal van 113678.6 km gery. Oor daardie afstand het ek 9897.88 liter diesel ingegooi. M.a.w. my gemiddelde brandstofverbruik (dit sluit sleep in) was 8.71 liter/100km - of anders gestel 11.49 km/liter.

My huidige 2.8 GD-6 het tot die laaste vul van die tenk 14091 km afgelê. Ek het oor daardie afstand 1279.5 liter diesel ingegooi. M.a.w. my gemiddelde brandstofverbruik tot dusver is 9.08 liter/100 km - of anders gestel 11,01 km/liter.

En dit is nie "gekookte" syfers nie. Spoed het 'n moerske impak op brandstofverbruik. En om 20 kpu vinniger te ry het weinig impak op die tyd wat jy "score" tot by jou volgende bestemming. Ek ry op die langpad (tussen die Boland en die Laeveld) gemiddeld tussen 400 en 500 km per dag en dit neem my (met stoppe ingereken) tussen 7 tot 8 uur se ry per dag. As jy dus 8 ure per dag ry, "score" jy dalk 160 km (se verder ry) op 'n dag as jy @ 110 sleep versus 90 kpu. Maar jy sal jou verstom wat jy bespaar op brandstofkoste.

Jammer om die Ford-draad te kaap Willem.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 01/08/2021 - 12:54

😂

Chris, dit is nie 'n Ford draad nie maar wel Brandstof verbruik.

Ek het net weer hierdie draad gebruik om nie die ander drade te kaap nie.

😉

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 01/08/2021 - 16:18

.... uit na die tyd wanneer ek in die turbo diesel liga is. Soos onlangs genoem, my 2.7 petrol Hilux is maar dors. Die koplampe kom los, soos dit pompe soek.

As ek rustig platpad sleep, soos tussen Brits en Pilansberg, kry ek so 7km/l. Bergpaaie soos van Nelspruit af terug tot by Mily's, so 6km/l, dalk selfs effe minder.

Spoed speel 'n groot rol, en daarmee saam 'n wind van voor.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/08/2021 - 18:48

... ek's maar soms 'n bietjie blond, maar nou't jy my heeltemal verloor. Ek snap nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 02/08/2021 - 07:56

Môre Chris

Al wat Grootwind sê is, 'n Territory is swaar op petrol, dat geen ander voertuig sy swak verbruik kan klop nie.

Daarvan kan ek ook getuig.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 02/08/2021 - 08:16

Dankie vir die opklaar Wessel. Die grysstof tussen hierdie gryskop se ore snap nie altyd so lekker nie.

Klink my dan moet 'n mens maar ligloop vir 'n Territory. Sou dit van toepassing wees op 'n Ranger ook?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 02/08/2021 - 08:19

…. is die Territoty's van die mark af, die fabriek het ook toegemaak. Daar is wel nog 'n paar in omloop, sommige woonwaslepers klou met redes, anders as petrolverbruik, aan hulle.

Ek dink Rangers met turbo diesels is veel ligter op brandstof.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus