Môre vriende
Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.
Prado pryse
Dit wil my voorkom of Prado's hulle pryse redelik goed hou. Plaaslik word 'n 2024 TX model adverteer vir kR1169, en nuut is riglynprys kR1369. Dan kan mens netsowel die verkoopsman se arm draai tot sy oge traan, en eerder die nuwe koop.
Net jammer ek het so baie kampgoete, en 'n Prado so min pakplek![]()
Triton -Honda- Nissan
Ek sien in voertuig rubrieke dat die nuwe Navara op 'n Triton gebou gaan word.
Vandag sien ek dat Honda ook die Triton as trokkie gaan bemark, onder hulle naam.
Ek wonder of in beide gevalle die prys laer gaan wees, as vir die ware Jakob. Dan wonder ek of Honda veel meer handelaars en groter netwerk in SA het.
Wat se voordeel hou sulke ooreenkomste vir Triton in. Dieselfde produk onder 3 name???





Moenie so lui wees nie…
Moenie so lui wees nie Wessel. Al jou vrae word geredelik en in detail deur Antie Google, tesame met 'n klomp Youtube videos, beantwoord