Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -1 hour ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -4 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -4 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -4 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -5 hours ago

Ertjie Sop! - Hester Kruis

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

Dankie Hester vir hierdie heerlike ertjiesop resep!

"Ons het gisteraand die lekkerste Ertjiesop geeet. Ek gaan die resep met julle deel weet nou nie of ek mag nie maar die winter is op pad."

Ertjiesop
500 g droë ertjies, oornag geweek en gedreineer
2 liter water
2 hoender- of beesvleis- aftrekselblokkies, gekrummel
1 groot ui, gekap
2 groot wortels, gerasper
2 middelslag-aartappels, geskil en
gerasper
Sout, peper, worcestersous en vars suurlemoensap na smaak
500 g gesnipperde spekvleis,
bros gebraai
15 ml botter
Room en croutons, om af te rond

Verhit die ertjies, water, aftrekselblokkies, ui, wortels en aartappels saam in ’n groot pot tot kookpunt. Prut tot alles sag is. (As die sop te dik is, voeg nog water of aftreksel by.) Geur na smaak met sout, peper, worcestersous en vars suurlemoensap
en kook deur. Voeg die brosgebraaide spek by en prut vir ’n paar minute oor lae hitte. Voeg die botter by en roer tot gesmelt. Dien op in warm sopbakkies met ’n titseltjie room en croutons.Genoeg vir ses mense.

 

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Tue, 03/08/2021 - 13:12

Ek stem saam met jou op daai een maar ek moes net die sop probeer, daar word so gegons oor dit en niemand wil dit maak en se hoe dit proe nie, dan moet ek maar inspring en die ding agter die blad kry. Sal my seker nie dood maak om so 1 keer n week of dalk maand groente te eet nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 21/10/2026 - 19:45

So 'n jaar gelede het ons in Botswana (Elephant Sands, vir diė wat op pad is) die allerheerlikste sop as voorgereg gekry. Die chef het dit groentesop genoem, en die hoofbestanddeel was ertjies. Dit het nie die spekvleis in gehad nie - terwille van herbivore. Myself belowe dat ek dit ook nog gaan regkry. Tyd vir probeerslag No.3.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 21/10/2026 - 20:30

Rona, ons geniet ook vleislose disse en n lekker sop is my gunsteling saam n suurdeeg broodjie. So as jy die resep wil deel, sal ek dit waardeer. Ertjiesop met n gerookte varkskenkel in is ook puik.

Ons het klompie jare gelede n Veg curry in Zanzibar gehad. Mensig was dit heerlik. Ek maak nou, na menigte probeerskae  ń weergawe van daai Veg Kerrie wat skougehalte is.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/10/2026 - 20:43

... het vroeër vanaand 'n foto van haar boontjiesop wat hulle vanaand vir aandete het. Ek noem toe dat ek die aanname maak dit is koud in die Kaap. My broer, wat tans by Ebb & Flow by Wildernes kuier, sê dit is vrekkoud daar. Hier, by Augrabies, sit ons kortbroek, T-hemp en plakkies aan buite.

Maar ek kan in 'n wip gevang word met 'n bord lekker sop - enige tyd van die jaar. Groentesop, ertjiesop, boontjiesop - aag, noem maar op.

0
Pretoria

Geert

Wed, 21/10/2026 - 21:11

In Hollands noem hulle ertjiesop, snert. Hulle maak dit vrek lekker met rookwors in. Ek is mal daaroor....ek kan eet tot my maag pyn. Daar is n Hollandse groep wat jaarliks n snert dag hou....die hoof doel is net ertjiesop voor te sit, maar hulle maak dit n hele pretdag met volleybal en bier en musiek. 

Maar ek is mal oor basies enige sop. Ons Kerk hou jaarliks in die winter n sop en sjerrie dag. Die tannies maak dan almal verskillemde soppe.....afgelope winter was daar 12x soppe gewees.....die een lekkerder as die ander. Die een wat ek laas vir die eerste keer ge-eet het was n aartappel sop....nooit gedink dit kan so vrek lekker wees nie.

Ons het juis vanaand van daai hollandse rookwors ge-eet, maar nie in snert nie.....saam met mash potatoes en gravy

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 22/10/2026 - 00:19

maar net vir ertjiesop en niks anders nie - lekker ertjiesop. Ek het al in my lewe twee pogings aangewend (albei die afgelope jaar) wat eetbaar was, maar definitief nie dieselfde as by Elephant Sands nie. Daarom dat ek die resep hierbo gaan probeer - met goeie geloof. Jammer Neef Herman, ek het nie 'n resep om te deel nie (nog nie) maar is nou weer van voor af entoesiasties om dit aan te pak.

Ek wonder waar die opvatting ontstaan het dat sop 'n gereg vir die winter is. Gelukkig steur ek my nie daaraan nie en beaam net wat van ons voorste kokke al gesě het.

Miskien het ek al genoem dat ek 'n baie basiese kennis van kosmaak het. As ons van sop praat, hoef ek darem nie skaam te wees vir die boontjiesop, groentesop en (vir Geert) 'n aartappelsop nie. Sal probeer onthou om lg. se resep te deel - kan koud of warm bedien word.

Geert moet kennis maak met die Hollandse dames. Net miskien is hulle nie suinig met daardie Snert resep nie. Lekker gelag nadat ek eers verder as die opskrif gelees het.

Nou is dit skuins na 12. Kan nie hierdie tyd begin sop kook nie en gaan honger slaap - alles julle skuld😹

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus