Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -3 hours ago

Swak ekonomie

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Vertel my vriend my vanoggend dat hy nou erg swaar begin trek finasieel!!

Hulle moes laasmaand een van sy pragtige vroutjie se niere op die swartmark verkoop om te kan oorleef!!

Hy reken as dinge nie vinnig begin verbeter met sy finansies hy dalk maar baie ernstig moet begin dink om sy DSTV te kanseleer!!

Ja kyk die ekonomie druk hard!

Môre vriende

Arie se hartroerende verhaal ruk aan my hartsnare. Dis so jammer dat die mense so trots kan wees deur hulle swaarkry, want;

1]daar is mos ander maniere hoe pragtige vroutjies die inkomste kan aanvul

2] waarom inwendige organe verkoop, as daar uitwendige ledemate is? Om hulle penarie weg te steek.

Julle ken mos die storie van die dominee wat huisbesoek doen op 'n plaas. Daar waggel 'n spekvet vark op 3 pote rond. Vra die predikant die boer uit daarna. Seg die boer, die vark het sy seuntjie se lewe gered toe dit sy seuntjie van verdrinking uit die plaasdam gered het. Nou kry hulle dit nie oor hulle hart om die vark te dood en te slag nie. Hulle sal dit eerder met verdrag doen. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/12/2021 - 08:34

Arie of sy vriend kyk teveel 7de Laan op DStv  -  volgens my annerhelfte is dit ook 'n kwessie op dié program dat 'n nier vir iemand op die swartmak gekoop is.

Maar ja, finansies lol maar oral  -  selfs die ANC kan al vir maande nie hul werknemers (uitgesonderd natuurlik die hoë kripvreters) se salarisse betaal nie.  Ons maak maar almal planne om te oorleef, byvoorbeeld ek bied gereeld aan om ons huishoudelike goedjies te gaan koop eerder as om vroulief in die winkels los te laat.  Byvoorbeeld, sy het aartappels nodig en kom dan by die huis aan met elke beskikbare groentesoort wat Food Lovers Market aanbied (want dit was mos op "special").  Dis baie goedkoper om maar gou vir haar 'n klompie aartappels te gaan koop en net dit huis toe te bring.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus