So is my peet kind die naweek met sy groot liefde na 2 jaar se aan en af met die covid toe getroud Arno se bruid was regtig mooi famielies het mekkar vrydag wat verby is beter leer ken waar ons n lekke lam oppie spit gehad het en waar drank ook verniet was so vrydag aand hou ek die een ou dop hoe meer hy drink hoe meer kom mok en -oes en en en uit sy mond hy is later gevra om rustig te raak wat op dowe ore geval het hy kry mos verniet n verversing so 22H00 het die meeste mense opgepak en huis waards gekeer so na die troue saterdag by onthaal was kroeg rekening oop gewees tot n bedrag en raai wat ou vriend van vrydag aand dra glase en glase aan na sy tafel ja taal gebruik later weer van so aard dat eienaar van venue hom gevra het gedra jou of gaan die ou het stiller geraak maar hom steeds gedra soos n box nou wonder ek hoekom kry jy die tipe mens by n onthaal wat hom so gedra is dit maar n kultuur by sekere mense kry jy iets verniet dan gaan jy groot of jy gaan huis toe
It takes all kind of people…
It takes all kind of people to make a world go around, sulke mense is ongelukkig oral in die samelewing Shaun. Veral waar drank gratis is!
Een van die baie redes waarom ek drank met 'n passie haat.
Ons het een jaar by Warmbad gekamp, so 4 plekke van ons af was 'n paartjie wat so gesuip en faait het, die "dame" het die volgende oggend buite die karavaan bebloed wakker geword. Almal het die res van die dag spottend na hulle verwys.
Dronk bruidegom
Salomien het verlede jaar ‘n troue afgeneem waarop die bruidegom so getrek geraak het dat hy sy vrou se ouers gevloek het tydens sy toespraak. Toe sy skoonpa hom buite toe vat om hom te kalmeer pluk hy sy skoonpa rond. Die bruid vertrek toe saam met haar ouers. Die volgende oggend toe hulle die saal gaan opruim kry die eienaars hom nog daar, wakker en in sy trouklere. Die huwelik is nie geregistreer nie en hulle is nie meer saam nie.
Absoluut.....
..................tragies - ek het gelukkig nog nooit soiets op 'n troue teëgekom nie en nie eens geweet dis iets wat redelik gereeld voorkom nie.
Dan wonder 'n mens oor ons ou nasie.
Net so 'n groot irritasie is…
Net so 'n groot irritasie is die mense wat sakke vol kos en veral drank wegdra tydens en direk na die onthaal. En dan glo hulle dat niemand hulle sien nie.
Nee ek was nog nie by so 'n…
Nee ek was nog nie by so 'n troue gewees waar daar een persoon is wat so uitstaan nie, en my eie troue het baie eerbaarlike gaste gehad - ek dink ek en Lolla het die meeste uitgehaak by ons troue ![]()

drank wegdra ...
Baie lank terug (was nog op skool) toe my suster Amanda getrou het in Rodepoort by my oudste suster se huis waar die onthaal was het ek agtergekom die ouens wat die onthaal gehou het die toe bottels weg gedra het toe begin ek dit terug dra kombuis toewant dit was jy betaal per bottel.
Het self een bottel shampané of iets wat se seël af was onder die Simca se sitplek vir my en die koshuis ouens weggesteek. Dit het my aan die gat gebyt want oppad terug laeveld toe in die warm kar trap my Pa op 'n stadium rem en die prop het afgesiet en als loop na hom, hy vra toe of ek in my broek gepee het. My verskoning was dat dit seker een van die bottels wat die ouens uit gedra het. 🤫😂





Hulle is op hierdie arde
Ons het ook so n' ou by my dogter se troue ge had. Dit was nou aan die einde van Frebruarie. Ons het voor die troue sy ouers gebel en gevra dat hulle hom kom haal want hy was nie meer welkom by die troue nie. Hy was teen 10 uur storm dronk en uiters onaangenaam en gefloek en val rond.
Jy kry hulle.